SAL onttrek hom aan Mango

Mango kan dalk binnekort ook in sakeredding geplaas word. (Foto: Mango/Facebook)

Solidariteit het vandag sy misnoeë uitgespreek oor die Mango-lugredery se sakereddingsplan wat eers vandag aanvaar is. Volgens dié plan sal die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) hom aan Mango onttrek en 100% van sy aandele verkoop.

Solidariteit voer aan dat staatsinmenging en die implementering van swak sakebesluite van Mango nog ʼn slagoffer in die lang lys mislukte staatsinstellings gemaak het. Hy voer verder aan dat die situasie heelwat anders sou gelyk het indien Mango se vorige bestuurshoof, Nico Bezuidenhout, toegelaat was om die lugredery te herstruktureer en sonder enige inmenging te bestuur.

“Werknemers by die lugredery byt nou die spit af vir die destydse swak besluite van die regering,” sê Derek Mans, sektorkoördineerder van verdediging en lugvaart by Solidariteit. “Ons is weer in ʼn situasie waar ideologie en sentralisering voorkeur geniet in plaas van gesonde sakepraktyke en gesonde ekonomiese besluite. Die uiteinde hiervan is dat duisende mense nou sonder werk sit terwyl so ʼn situasie heel moontlik voorkom kon word.”
Volgens Mans was Mango reeds in ʼn swak posisie voor die aanvang van die Covid-19-pandemie, en was daar toe reeds ʼn versoek van die vorige Mango-hoof aan die aandeelhouer om Mango in sakeredding te plaas. Hy is van mening dat ʼn destydse suksesvolle aansoek ʼn heel ander prentjie vandag tot gevolg sou kon hê en moontlik talle werknemers in hulle posisies sou kon hou.

“Dit is belangrik dat ons besef dat die probleem by Mango nie deur die Covid-19-pandemie veroorsaak is nie, maar deur die staat se beheptheid met sy ideologie en sentralisering. Indien hy destyds in die beste belang van Mango en sy werknemers opgetree het, kon Mango in ʼn baie beter posisie gewees het, wat hom moontlik in staat sou kon stel om die uitdagings van die pandemie te absorbeer.”

Mans sê Solidariteit verwelkom verder enige formele ondersoek asook dat die skuldiges aanspreeklik gehou word indien onreëlmatighede ontbloot word. “Ons stel verder voor dat die regering van sy ras-ideologie afstand doen wanneer ʼn nuwe aandeelhouer gevind word sodat vaardighede en ervaring eerder die bepalende faktore sal wees sodat die voortbestaan van die lugredery verseker kan word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarel ·

Nog ‘n Riller in die SAA sage
Regering voel nie veel vir die werkloses
Ek dink iemand moet ‘n Boek xkryf oor fie Sage

christo ·

Hierdie ding kom ‘n lang pad. Die gevaarligte het lank gelede al begin flikker. Lugvaart kenners het toe al gewaarsku dat die sakemodel nie volhoubaar is nie. Daar was meer kajuit personeel op ‘n Mango vlug as op ‘n Kulula of FlySafair vlug. Dis tyd dat korrupte direksies tronkstraf kry.

annie ·

Wag bietjie… Hier kom nog… Aan wie gaan Mango verkoop word? Dit klink soos vooraf bedagte rade. Die Guptas was hoeka betrokke by die vliegkuns. Wie nog?

Vrijburger ·

BEE kandidate met lenings wat deur belastingbetalers se geld gefinansier is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.