SAL onttrek op die nippertjie uit Skoor-vergadering

SAL-SAA-Airbus-A330-243

Drie van SAL se Airbus A330-243 vliegtuie staan by Heathrow-lughawe in Engeland in 2012. Foto: Alex Beltyukov/RuSpotters Team/Commons.wikimedia.org

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Woensdag versuim om voor die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) te verskyn om te verduidelik en rekenskap te gee waarom die lugdiens die afgelope twee finansiële jare nie finansiële verslae ingedien het nie.

Alf Lees, DA-lid van Skoor, het gesê SAL het Woensdagoggend ʼn e-pos aan die voorsitter van die komitee gestuur as kennisgewing dat die lugdiens nie voor Skoor sal verskyn nie.

“Die DA veroordeel die SAL se doelbewuste gebrek aan samewerking met die parlement. Dit sal nou die derde jaar wees wat die SAL nie finansiële verslae indien nie. Die SAL se arrogansie is ongelooflik, veral gegewe die feit dat dié staatsonderneming die belastingbetaler al R57 miljard se verliese gekos het en steeds teen ʼn geweldige verlies bedryf word met geen voordeel aan armes nie.”

Lees het gesê dit is geen geheim dat die SAL tans in ʼn insolvente finansiële toestand is nie en die nasionale fiskus dreineer met herhaaldelike skenkings. “Dit is vererger deur stakende werkers en vlugte wat gekanselleer moes word. Na raming het dit verliese van meer as R50 miljoen per dag beteken.”

Volgens hom is die SAL bankrot en beslis nie in ʼn posisie om sy skuld te delg nie, gegewe dat die raad van die SAL publiek bekend gemaak het dat hy moontlik nie voldoende geld gaan hê om salarisse en lone vir November 2019 te betaal nie.

“Ondanks die onvermoë om sy skuld te delg, laat die SAL-direkteure toe dat SAL steeds handel dryf. Dit kom neer op roekelose handel. Die direkteure van SAL oortree gevolglik artikel 22 van die Maatskappyewet wat ʼn maatskappy verhoed om handel te dryf indien die maatskappy nie in staat is om sy skuld te delg wanneer dit betaalbaar is nie.”

Lees het gesê die DA benadruk weereens die krisis waarin die SAL homself bevind en dat die SAL onder ondernemingsredding geplaas moet word en dat geen verdere finansiële skenkings aan die lugdiens oorbetaal moet word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Stel ·

Dis maar baie donker by SAL. Dis lagwekkend en tragies! Kan een van die dae nie in of uit die pragtige tog arrogante, onbevoegde land nie.

thelsa ·

Eindaanspreeklikheid bly maar ‘n probleem vir die cANCer.

George in Bloem. ·

Dis belaglik dat geen finansiele verslae deur hierdie korrupte onbevoegde bankrot instansie vir TWEE JAAR lank nie ingedien is nie en nie eers EEN enkele person is aanspreeklik gehou nie? Pateties en tipies ANC.

irma vd Berg ·

En ook dat die parkeering by lughawens so belaglki duur is.R400.vir n uur..

koos ·

SAA must fall.
Geen respek vir die regering nie, en my belasting geld moet hulle elke jaar red!
Ek wens ek kon my belasting weer hou.

Phil ·

Dit is presies hoekom die SAL in die moeilikheid sal bly. “You can’t manage if you do jot measure”. Ek is oortuig dat hul finansiële bestuur iets wegsteek…..

Johanna Botha ·

Al SO MOEG vir die saa storie ….sloop en verkoop die gemors …dis n meulsteen !

johan II ·

Iets wat my nou byval is hoe moeg ek is vir die sin “…met geen voordeel vir die armes nie.” Arm is relatief en belasting geld is almal sn, hoekom moet n regering net goed wees vir die armes, wat van die ander mense wat die meeste van daai geld moet opdok.

Oupahen ·

Betaal iemand ń miljard of twee om SAL oor te neem dan spaar dit belastingbetalers uiteindelik biljoene.

Bart ·

As hulle nie geld het vir salarisse nie het hulle ook nie geld vir vliegtuig onderhoud nie.
Jammer om te sê n Boeing moet eers val voordat daar ingetree sal word.
It is the African way, “Run to failure”

charmaine ·

Hulle arrogansie ken geen perke om voor die belangrikste paneeel te verskyn en jy daag nie op nie?? Dis omdat hulle so baie goed wegsteek ek weet dis nie moontlik nie maar kan daai top bestuur nie net die deur gewys word nie veral in die lig dat hulle nie eers opdaag vir n vergadering nie? En die feit dat vir 3jaar geen state indien nie dit is alreeds n audit finding en teen die wet.

Neels ·

Verstaan nie hoekom het Skoor nie al na die eerste finansiele jaar gevra waar is die verslae nie . Klink amper of iemand by Skoor ook nie hulle werk doen nie .

barend v d westhuizen ·

sal weet hulle kan maak wat hulle wil die regering het klaar gese dit sal ne toe gemaak word nie en dis hulle kan maak wat hulle wil en die regering sal net nog geld in dit steek wand dit is mos nie hulle geld nie

Leon ·

Die SAL is die ANC se persoonlike vervoer. Hulle sal nie hulle persoonlike vervoer opgee nie.
Wat die parkering by die lughawe aanbetref. Dit is ACSA wat absoluut geen verbintenis met SAL het nie. Hulle is ‘n maatskappy op hulle eie.

Kelner ·

Staak julle, staak! die hoofde van die SAL het soos res van alle groot maatskappye DIE land leeggetap. Nou moet die werkers daaronder ly. Ek geniet dit.

piper ·

die anc wil nie die lugdiens toemaak nie want dit is mos hulle vliegklub waar almal en hulle families gratis lewenslank kan vlieg.

Henry ·

Want nie een van hulle het ‘n idee wat hulle doen nie en geld vir die res van SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.