‘SAL oor vier jaar eers weer winsgewend’

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het ʼn verdere finansiële verlies gely in die laaste nege maande van 2017. Die redery se inkomste was R1 miljard minder as die voorspellings vir daardie tydperk.

Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van SAL, en JB Magwasa, voorsitter, en ander uitvoerende beamptes het Dinsdag dié syfers ter tafel gelê voor die parlement se staande komitee oor finansies.

Hulle het voorspel dat die lugdiens binne vier jaar weer winsgewend sal wees wanneer hul regrukstrategie begin vrugte afwerp.

Die maatskappy sal na verwagting in April, ná sy algemene jaarvergadering Donderdag, sy verlies van sowat R5 miljard vir die huidige finansiële jaar aankondig.

SAL se passasiersgetalle het begin afneem in die laaste nege maande van 2017 en die redery het gevolglik sy pryse laat val om kompeterend te bly. Bestuurskoste het egter oor dieselfde tydperk toegeneem as gevolg van onder meer duurder brandstofuitgawes.

SAL het sy laaste reddingsboei van die regering in September ontvang toe Malusi Gigaba, voormalige minister van finansies, R3 miljard uit die nasionale inkomstefonds beskikbaar gestel het om te verhoed dat SAL agterstallig raak met sy Citibank-skuldbetalings.

Gigaba het in Februarie, net voordat hy as minister van binnelandse sake aangestel is, gesê die regering is steeds van plan om SAL met R13 miljard te herkapitaliseer.

Jarana het Dinsdag die behoefte aan daardie beloofde herkapitalisering benadruk.

Alf Lees, DA LP, het gesê dit is duidelik dat alle planne om SAL te red nie geslaagd sal wees sonder daardie finansiële steun nie, maar bygevoeg hy weet nie waar die tesourie daardie geld in die hande gaan kry nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

BOOH ·

Nie oor 4 jaar nie en nie oor 6 jaar en nie oor 10 jaar nie .. DROOM VOORT hulle het al TWEE reddingsboeie gekry .. en steeds sukkel hulle . as hulle al die boere wegjaag gaan die SAL nog swaarder kry . .MOENIE droom en gesigte sien nie . hulle gaan NOOIT weer winsgewend wees nie …

HPV ·

Booh, nie eers in ‘n ewigheid nie, selfs ‘n wonderwerk sal dit nie vermag nie! Ons kan maar net lag vir sulke grappies.

Johanna Botha ·

Wat het van die 90 dae ”turn around plan ” …duidelik nie gewerk nie ..nou gaan dit na n verdere 4 jaar plan …av as jy dit in meer as 20 jaar nie kan rwgkry nie wat gaan skielik in 4 jaar gebeur …vlieg nie meer saa nie want hulle is n mors van geld en tyd …en net as jy dink iets kom reg dan is daar weer n staking

Flip Pretorius ·

Ag asb, die SAL was nog nooit onder die ANC regering winsgewend nie en sal ook nooit wees nie. Net soos al die ander bankrot staatsinstelling

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.