SAL: ‘Rassistiese’ DG se skorsing geëis

(Argieffoto: ANA)

Die DA eis die onmiddellike skorsing van die direkteur-generaal (DG) van die departement van openbare ondernemings oor ʼn “rassistiese verklaring” wat op die departement se Twitter-blad gedeel is.

In die verklaring sê Kgathatso Tlhakudi wit vlieëniers by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wil ʼn “selfverrykende arbeidsooreenkoms wat ʼn oorblyfsel van apartheid is” probeer handhaaf.

Tlhakudi sê lede van die Vlieëniersvereniging van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (Saapa) wil “net hê” en dat hulle die begunstigdes is van ʼn ooreenkoms met die SAL wat in 1988 aangegaan is, “die hoogtepunt van apartheid” en wat nooit verstryk nie.

In die verklaring sê Tlhakudi voorts Saapa het voorgestel dat ʼn benadering van laaste-in-eerste-uit gevolg word, “welwetende dat diegene wat geraak gaan word swart vlieëniers is wat in senior posisies begin vorder”.

‘n Gedeelte van die verklaring wat op Twitter gedeel is.

Ghaleb Cachalia, die DA se woordvoerder oor openbare ondernemings, sê dit lyk of die verklaring wit vlieëniers teiken wat aan Saapa behoort.

“Saapa is ʼn gesamentlike arbeidsvereniging wat bestaan uit die redery se uiteenlopende vlieënierskorps. Nadat hy versuim het om die SAL behoorlik te bestuur, het Pravin Gordhan se departement nou op rasgronde van verdeel en oorwin teruggeval om sy eie mislukkings te verbloem.

“Die departement moet hierdie verdelende verklaring, wat geen plek in ʼn demokratiese Suid-Afrika het nie, terugtrek en ʼn verskoning aan alle SAL-werkers gee wat gevoel het dat hulle op grond van ras geteiken word.”

Cachalia sê Tlhakudi kan nie aan die stuur van ʼn departement wees as hy “rassespanning” aanblaas in instellings wat onder sy departement val nie.

“Pravin Gordhan gaan aandadig aan die skending van die grondwetlike beginsel van nie-rassigheid wees as hy versuim om teen die DG op te tree.”

Saapa het in reaksie op die verklaring gesê apartheid was ʼn wrede en onmenslike stelsel en enige bewering dat vlieëniers van die SAL enige voordeel uit die voortsetting daarvan wil trek, word met minagting verwerp, het News24 berig.

Saapa sê die DG moet ook enige gedeelte van die ooreenkoms bekend maak wat enige voordeel op grond van ras of geslag uitstippel.

Die woordvoerder van die departement van openbare ondernemings het nie dadelik op ʼn versoek om kommentaar gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Androclus ·

Skorsings word oral geëis ,maar skorsings vind net nie plaas nie,

Bolander ·

Skorsings vind plaas met volle betaling en dan neem dit blykbaar jare om die ondersoek af te handel in staats departemente. In die privaat sektor moes ons altyd ‘n ondersoek binne ‘n maand afhandel as ‘n persoon geskors is, maar dit is ook seker apartheid se skuld. Dit kom voor of enige logiese stap in SA nie gevolg kan word nie as dit 26 jaar terug normale bestuur beginsels was nie.

Stefan ·

Ek weet nie wat gaat met my aan nie, maar ek stem eintlik met Kgathatso Tlhakudi saam.
‘N bankrot lugdiens kan eenvoudig nie al hierdie buitesporige byvoordele betaal nie, nogal uit die belasting betaler se sak.

Sobymykoolkop ·

Die DG nie gekla toe toe miljarde vir wanbestuur van SAL van die belastingbetalers gevat is nie

Deon ·

Ek stem in n mate saam met jou, bankrot plekke kan nie betaal nie…. My vraag is, waarom dan die plek aan die gang probeer hou, as jy dit aan die gang wil hou, dan moet jy jou verpligtinge nakom, as hulle nie nou geld het om werkers te betaal nie, hoe word al die ander goed soos onderhoud en dies meer gedoen….Dit klink ook na n ou ooreenkoms, wat hulle nou nie meer kan nakom nie, dus, toe hulle lekker duk geld maak, het hulle die mense meer betaal daarvoor om nou te kan se ons het nou n probleem? Die mense kan nie meer geld vra as die plek nie meer bestaan nie. Weg met die anc, weg met die sal weg met alle staats instansies wat besig is om ons land tot bankrotskap te bloei.

Nie Verbaas ·

As dit nie vir die ANC was nie was SAL nie bankrot nie. Laat Cyril maar betaal. Ek meen die Vrystaat hou partytjie terwyl daar nie geld is nie so staat moet maar betaal wat die mense toekom.

Anoniem ·

Ek ry liewers in my voertuig voordat ek met ANC.COM se vliëeniers vlieg dankie.

Sobymykoolkop ·

Anders as die sogenaamde DG en sy mede trogvreters het daai vlieëniers die bankrot SAL gebring tot waar die maatskappy een van die bestes ter wêreld was voordat bee ingegryp en als tot as gereduseer het, en glo my, die kaders is TROTS daarop

Hennie J ·

Die onlangse vlug om entstof te haal is sprekend van wat ons van die nuwe sal kan verwag. Sodra julle weer n vliegtuig met versoolde bande, n lemoen in die aerial, n lugwaardin wat per hyser opgelaai word en bulderende musiek op die aanloopbaan gewaar, weet gerus wie in charge is.

Nie Verbaas ·

Wil net he? Lyk my na nog n oningeligte kader wat seker glo dat korrupte ANC nie verantwoordelik is vir SAA se ondergang nie. As ANC nie SAA verwoes het nie was die onderhandelinge nie nou nodig nie. Niemand wat vir homself kan dink sal in elk geval in die toekoms met BEE airways vlieg nie. Onlangse Brussels vlug het “kundigheid” oopgevlek. Narre

Pieter ·

Once a racist, always a racist. Gaan brand af eff of is dit oor dit teen wit is wat niks gebeur in die land nie. – Vra ek nog. :)

David ·

Ek vlieg veel eerder saam met ‘n ervare vlieënier (ras nie ter sake nie), wat sy vrag reg kan uitwerk, as met iemand wat op ras bevorder word en dan die raskaart speel wanneer sy fout uitgewys word deur die elektroniese stelsels.

Jakes ·

Al wat nou nog moet gebeur met SAL is dakrakke wat op die vliegtuig se dak gemonteer moet word om die plastiese sakke vol klere en hoenders saam te vervoer. Die SAL wat sedert 1994 honderde mense indiens geneem het sonder enige posbeskrywing is die rede hoekom SAL in hierdie gemors is. BBBEE is ook nou van toepassing op SAL maar laat hulle maar begaan want sekerlk sal ek nooit maar nooit met hulle vlieg nie.

Deon ·

Om nie te praat van die “driving skills” nie. Indrukkery en mense aanrand wat verkeerde vlug of privaat vlugte neem. Ai tog ai tog ai ai tog

gatgogga ·

As hulle by enige redenasie die woord “apartheid” kan invoer, dan dink hulle nou het hulle hulle saak gemaak.
Ons moet begin on die huidige regering die “korrup” regering te noem, of miskien die “kriminele” regering – dalk sal hulle dan hulle bekke hou.

Deon ·

Dit klink na n plan!!! Ek verstaan jou idee, soos die virus variante wat nie na hul lande vernoem mag word nie….. Ek is ook redelik tot my ore toe dik vir hierdie KRIMINELE regering

Snowball ·

Gatgogga, ek het ook ‘n woord wat voor ‘Regering’ pas, maar dit pas nie op MM nie.

pieter ·

Dis Al Wat sy kan doen
Apartheid , rassisme , wit mense . En en en .

Charl ·

Dis om van te kots. Alles wat ons wittes kwansuis verkeerd doen word aan die deur van appartheid gehang maar die idiote wat so stof opskop doen dit om hul eie onbevoegdheid om ‘n lugredery suksesvol te bestuur en onderhou, te verbloem. Dank die rassis af en kry klaar !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.