SAL: Repatriasie , vragvlugte duur voort

(Foto: Unsplash)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Vrydag die versekering gegee dat hy steeds repatriasie- en vragvlugte ná vandag sal onderneem.

Die SAL sê hy het geen planne om sy bedrywighede vandag op te skort nie. Die lugdiens sal al sy bestaande verpligtinge nakom om lugvervoerdienste aan sy klante – en enige ander versoek wat hy ontvang – te verskaf.

Die redery is in Desember verlede jaar in sakeredding geplaas en die sakereddingspraktisyns het aangedui dat bedrywighede by die lugdiens teen vandag afgehandel moet word.

Volgens die SAL is verskeie versoeke vir repatriasievlugte ontvang uit Noord-, Wes- en Oos-Afrika, Engeland, die Midde-Ooste, Suid- en Noord-Amerika, asook die Verre-Ooste wat die redery in dié stadium nog oorweeg.

Talle Suid-Afrikaners is nog in die buiteland gestrand ná verskeie lande hul grense weens die Covid-19-pandemie gesluit en lugvervoer grootliks tot stilstand gekom het.

“Ons voer samesprekings met die departement van openbare ondernemings en die departement van samewerkende regering oor ander bestemmings waar Suid-Afrikaners moontlik gestrand is,” het Thandeka Mgoduso, die SAL se tussentydse voorsitter, Vrydag gesê.

“Die redery werk ook proaktief in die geval waar daar ʼn behoefte aan noodsaaklike humanitêre vrag vir Suid-Afrika of sy buurlande is,” het sy gesê.

Die SAL kry steeds versoeke van verskeie ander regerings – en gee gehoor aan dié versoeke – oor buitelanders wat ook steeds in Suid-Afrika gestrand is.

Die redery sê hy het sedert 3 April meer as 9 100 passasiers na ses vastelande gevlieg en meer as 870 ton vrag vir in- en uitvoer vervoer. Dit het humanitêre vrag ingesluit.

“Solank as die SAL versoeke ontvang, sal ons ons bes doen om daaraan te voldoen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Boortor ·

En daar trek pravin n hasie uit die hoed uit!! N uniehasie! Wat n grap!

Piet ·

Dit is nie vir my duidelik hom Pravin en die regering (ANC) so aangaan met die SAL nie. Is hulle dalk aandeelhouers? Uit wie se sak (GEPF) kom die R5.5 miljaard vir die afgelope 5 maande????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.