SAL-sakeredder moet parlement betrek

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die parlement moet ten nouste betrek word by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se pas aangestelde ondernemingsreddingspraktisyn, Les Matuson, se planne om die sukkelende redery op die wenpad te kry.

Die DA-LP Alf Lees sê Matuson het aangedui dat hy binne die volgende tien dae met alle betrokkenes gaan vergader. Lees meen dit is noodsaaklik dat die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) deel vorm van gesprekke.

Die DA sê hy het aan Mkhuleko Hlengwa, Skoor-voorsitter, geskryf en gevra dat hy by Matuson daarop aandring dat Skoor ingesluit word.

“Die konsultasieproses met alle SAL-belanghebbendes gaan deurslaggewend wees as Matuson enigsins ʼn kans kan hê om die bankrot SAL te red,” het Lees gesê.

“Die SAL behoort aan alle Suid-Afrikaners – die afgelope 25 jaar is belastingbetalers deur opeenvolgende ANC-regerings vir nagenoeg R57 miljard afgepers.”

Lees het gesê die SAL se raad het die afgelope twee jaar geweier om sy jaarverslag vry te stel en aan die parlement voor te lê, soos vereis ingevolge wetgewing. Dit maak dit bykans onmoontlik vir die parlement om sy oorsigrol doeltreffend uit te oefen oor die SAL wat nie net bankrot is nie, maar ook ʼn reuselas op belastingbetalers is.

Tekenend van die minagting waarmee die SAL-raad oënskynlik die parlement bejeën, het die SAL-raad die uitnodiging om ʼn Skoor-vergadering op 27 November by te woon van die hand gewys.

Skoor sou op 5 Desember na die SAL se hoofkantoor in Jet Park reis, waar daar dan met die raad vergader sou word in ʼn laaste poging om sy oorsigrol uit te oefen.

Die vergadering is uitgestel nadat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het dat die redery nou in ondernemingsredding geplaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

André-Chris ·

Ek glo dan is dit uiters noodsaaklik dat alle politieke partye wat in die parlement verteenwoordig word betrek word, proporsioneel na gelang die aantal setels seggenskap het oor die prosesse. Dan moet daar kwartaliks deur Matuson aan hulle terugvoer gegee word sodat hulle kan evalueer en aanpassings in die sakereddingplan kan maak soos benodig.

André-Chris ·

Ek het ‘n idee Solidariteit moes eerder voortgegaan het met hul aansoek dat die Hof die SAL in sakeredding plaas, ipv om toe te stem tot vrywillige sakeredding soos nou die geval is.

Griet ·

Liewe hemel, NEE!!! Geen politici moet HOEGENAAMD betrokke wees nie!!!!!!!!!

Naas ·

Die sakeredder moet slegs na die finansiële oorlewing van SAL kyk. Geen ANC, vakbonde of BEE moet enigsins deel van die proses wees nie. Hulle sal net alles opfoeter.

Attie ·

Sakeredding…dit woord van die oomblik. Eintlik net ‘n sinoniem vir BANKROT (met die opsie vir direkteure om te skep en sakke vol te prop en land-uit te gaan).

Neels ·

Nou hoekom moet oarlement en party betrrk word by die proses. Vir jare het hulle ander pad gekyk hoe die redery geplunder word en niks daaraan gedoen nie . Wil hulle nou weer die kaders beskerm .Los die praktisyn sodat hy sy werk vinnig en gou kan afhandek sodat Ethiopie air kan oorneem

Sarel ·

Dis politieke inmenging wat die SAL het waar dit vandag is. Parlement kan slegs kennis neem en geskool word hoe om ‘n besigheid te bedryf. GEEN besluite. Julle het bykans 25 jaar gehad. Dis nou verby.

Pieter ·

En ons dom belasting betalers finansier die korrupte ANC regering hoe dom kan n mens wees dit is hoekom hulle vir ons lag

Johann cb ·

Dit is nie ekonomies haalbaar om SAL te probeer red nie! Wanneer gaan die Staat dit besef?

M ·

Dan is die wet duidelik. As daar geen vooruitsig is nie dan is daar n regsplig op liquidateur om die hof te nader vir voorlopige / finale likwidasie.

Pampoen ·

Nou word daar eers ‘musical chairs’ gespeel. Elke Jan-rap en sy maat wil in posisie kom om sy persoonlike belange te bevorder. Die SAL is dood.

John ·

Too many cooks spoil the broth… Volgende jaar hierdie tyd gaan daar steeds geen plan van aksie wees nie.

M ·

SAL gaan gelikwideur word !!! Briljante skuif van Cyril Ramaposa. Ek die skuld sal nie voor die ANC se deur gele word nie …. Dit was op ou einde tog n regs proses ????

Ig ·

Die ANC/parlement was die oorsaak van die gemors, hoekom hulle betrek????

Martin ·

Hou die parlement en veral die unies daar uit if so nie gaan alles weer bet n klug wees en sal SAL net weer voortgaan soos die laaste 25 jaar.

Carel ·

Ek is ‘n pensionaris en kan nie eens met die SAL te vlieg nie a.g.v. van koste en lyk my deesdae ook swak onderhoud van vliegtuie, (vlieënde doodskiste) en stakende personeel, maar ek moet uit my swaar verdiende pensioen opdok vir die gemors wat ‘n ANC regering veroorsaak met sy besmeerde hande aan alles wat hy aanraak.

Andrea van Vuren ·

Die grootste remskoen in die regering is die vakbonde. Die dag wanneer die regering ontslae raak van hulle, sal daar weer iewers ‘n liggie van hoop op die horison deurbreek. Vakbonde maak geraas, hou mense wat wil werk uit die werk en stig anargie aan.

Susna ·

Stem 100% saam Andrea, solank as wat ons nie n Margaret Thatcher karakter het nie gaan die vakbonde die kitaar slaan en alles gaan ten gronde onder hulle eise.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.