SAL: Sakeredders sit regering op sy plek

solidariteit-teen-discovery-veldtog-dirk-hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Sakeredders van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Sondag sy besluit verdedig om feitlik al die redery se binnelandse vlugte tydelik op te skort, maar gesê hy is oop vir ander belanghebbendes se insette in die finale sakereddingsplan.

Maroela Media het Saterdag berig dat vakbonde dreig met regstappe nadat die sakepraktisyns ʼn rits binnelandse vlugte gekanselleer het. Die regering het daarop gereageer deur te onderneem om met die sakepraktisyns in gesprek te tree met die oog daarop om hulle hul besluit te laat hersien.

Les Matuson en Siviwe Dongwana het Sondag gesê hulle is bewus van opmerkings deur vakbonde en regeringsdepartemente, maar dat hul besluite in die beste belang van die sukkelende lugredery is. “Die besluite wat ons geneem het, moet die lugredery weer kommersieel en operasioneel volhoubaar maak, sonder regeringsbefondsing wanneer die herstrukturering gefinaliseer is.”

Die twee sê hulle besef daar bestaan kommer oor die afskaffing van plaaslike vlugroetes, maar dat hulle sal voortgaan om belanghebbendes se insette te oorweeg in die opstel van die finale sakeplan wat waarskynlik teen die einde van die maand gepubliseer sal word.

Die vakbond Solidariteit, wat die hof verlede jaar gevra het om die SAL in sakeredding te plaas, sê die onvanpaste inmenging van die regering in die sakereddingsproses gaan tot die mislukking van die proses lei.

“Die regering, as aandeelhouer, is die direkte oorsaak van die krisis en dit is totaal onvanpas om nou in te meng. Die regering is nie in ʼn posisie om instruksies vir die sakeredders te gee nie,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Solidariteit het die sakeredders ook gevra om die sakereddingsplan dringend te publiseer. “Die feit dat daar nog nie ʼn plan gepubliseer is nie, skep onsekerheid. Die onsekerheid wat onder alle werkers en krediteure geskep word, gaan die agteruitgang van die SAL versnel.”

Hermann sê vrywillige prosesse en natuurlike personeelomset sal voldoende wees vir enige vorm van herstrukturering. “Vir ʼn suksesvolle reddingsplan is positiewe werkers en nie-inmenging van die regering twee noodsaaklike vaardighede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

SomeOne ·

met die sal onder sakeredding sien die anc die geldkraantjie word toegedraai – yipppeeeee

floors ·

As die unies en die regering daaruit bly sal SAL weer kan opstaan. Laat die unies en regering vatplek kry en SAL is totaal ten gronde.

Chris ·

Die hele gespuis, lieplapperbende en elke bende besigheid moet onder sakeredding geplaas word. Die eerste stap van redding is om van die leeglêers ontslae te raak en met kundiges/toerekeningsvatbare persone vervang word. Dan sal die ligte weer aankom en bly. Die belangrikste besluit sal wees om die kindertoelae en leeglêer toelaes toet en taal stop.

Anoniem ·

Die land word nie regeer deur die ANC nie. Hulle is maar net die Marionette poppe wie se toutjies getrek word deur die swart unies en dit is hoekom alles agteruit gaan. Cosatu se so dan maak Ramaphosa so, dan se Num so so dan maak Ramaphosa so dan se n ander een weer nee so dan spring hy en maak so. Die arme ou is soos n verkleurmannetjie in n smartie boks hy weet self nie meer op watter dans vloer hy is nie.

Helizna ·

En die swart unies se toutjies word uit ((Engeland)) getrek.

Leon ·

Die regering en vakbonde besef nie wat beteken Sakeredding nie. Dit is die laaste kans voordat die deure toegemaak word. Ek dink iemand moet met hulle sit em dit aan hulle verduidelik soos jy dit aan ‘n 3-jarige sal verduidelik. Die enigste amnier wat hulle sal verstaan.

Grassie ·

Een van die redes waarom senior regeringsleiers nie wil toelaat dat SAL gelikwideer of verkoop word nie is die gratis vlugte waarop hulle en hul gesinne “geregtig” is. Dikwels is die gesin ‘n hele gevolg en hulle ry daar voor in die vliegtuig waar die sjampanje gratis uitgedeel word. Hulle sal dus baie ontevrede wees as selfs binnelandse vlugte gestaak word. Dit is aiies deel van die soustrein.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.