‘SAL sal nié geprivatiseer word’

Vuyani Jarana. Foto: ANA.

Vuyani Jarana, die Suid-Afrikaanse Lugredery (SAL) se uitvoerende hoof, het Woensdag benadruk dat SAL nié geprivatiseer sal word nie. Hy het weereens die moontlikheid weerlê dat SAL onder sakeredding geplaas sal word.

Jarana het op ʼn vraag by die Suid-Afrikaanse vervoerkonferensie in Pretoria geantwoord dat die tesourie tans die proses dryf om die maatskappy aantrekliker te laat lyk vir potensiële beleggers. “Ons glo nie sakeredding gaan enige ander resultate oplewer as dít waarmee ons nou besig is nie,” het Jarana gesê.

Jarana het gesê die lugredery moet die kommersiële gedeelte van sy bedrywighede herstel.

“Ons probeer die kommersiële logika terugbring. Ons taak is om kliënte veilig en gemaklik van een plek na ʼn ander te vervoer, maar ons moet dít ook winsgewend doen. Kommersiële logika is om die mark te verstaan, te weet waar om te vlieg, hoekom ons vlieg en hoe gereeld ons vlieg – alles terwyl ons kliënte se behoeftes en verwagtinge balanseer. Dit gaan oor hoe SAL bates koop en teen watter prys,” het Jarana in ʼn verklaring gesê.

Volgens hom is die lugredery besig met ʼn omvattende hersiening van die kern van die onderneming.

“Die goeie ding van SAL is dat die lugredery se bedrywighede stabiel is; dit is ʼn goeie lugredery wat ʼn uitdaging het met sy sakelogika. Ons moet moeilike besluite neem as maatskappy. Ons het gekyk na wat die markte vir ons sê – en dít is dat daar ʼn groter behoefte is aan ʼn laekoste-vlugverskaffer.”

Oor Solidariteit se stappe om SAL onder sakeredding te plaas het Jarana gesê SAL voer gesprekke met talle vakbonde, hoewel Solidariteit nie aanvanklik deel was van daardie proses nie. “Ons het hulle betrek om die konteks te begryp van dít wat hulle deur sakeredding probeer behaal. Ons het verduidelik dat daardie mikpunte reeds deur die regering gestel is. Daar is geen rede om die sakeredding deur te voer nie.”

Solidariteit het dit gestel dat hulle ʼn volhoubare nasionale lugredery wil hê wat nie personeel aflê nie, maar ook nie ʼn las op die fiskus is nie.

Maroela Media het vroeër berig Jarana het ʼn skriftelike onderneming aan Solidariteit gegee dat dié redery onmiddellik met ʼn proses gaan begin om ʼn strategiese vennoot te kry.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Dinsdag gesê dié onderneming is in skrille kontras met SAL se vorige houding dat die lugredery eers “omgekeer” moet word voordat ʼn strategiese vennoot verkry kan word.

“In die lig van SAL se skrywe waarin omvattende ondernemings gegee word, het Solidariteit besluit om sy aansoek om SAL onder sakeredding te plaas, voorlopig op te skort. Dit is moeilik om onmiddellik voort te gaan met litigasie as die teenparty op skrif aan die meeste van ons eise toegegee het,” het Hermann gesê.

Jarana het Woensdag toegegee dat die meeste van SAL se binnelandse roetes gebuk gaan onder negatiewe bruto winsmarges.

Hy het onder meer gesê SAL sal voorts slegs een vlug in plaas van twee na Londen onderneem aangesien nie een van die twee vlugte gereeld volbespreek was nie.

Hy het op 7 Junie aan die parlement se staande komitee van finansies bevestig dat die lugredery se algehele verlies in die vierde kwartaal R1,2 miljard meer was as waarvoor daar begroot is. Volgens hom is dit veroorsaak deur verskeie faktore, waaronder laer passasiersgetalle, laer tariewe en hoër bedryfskoste weens verhoogde brandstofpryse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

OBSESSIEF ·

JANEE want die STAAT het ‘n obsessie om alles te besit. Hulle wil alle parastatals BESIT, al is hulle almal onsuksesvol, hulle wil die SAL besit al hardloop dit teen ‘n ongelooflike verlies .. hulle wil die PLASE van blankes besit al staan 80% plase wat reeds oorhandig is aan opkomende boere leeg en onbewerk. Die OBSESSIE met MAG en die ARROGANSIE van hierdie mense is verstommend . hulle wil ALLES BESIT wat later NIKS MEER WERD gaan wees nie . tokkel maar so aan .. maar ONS gaan ons voet op ‘n stadium neersit want jule MORS ons belastingbetalers se geld om DOOIE PERDE mee te slaan. Ag niemand gaan julle vlugte London toe mis nie . ook nie gebruik nie . maar siende dat dit een van die besigste lughawens ter wereld is voorspel dit niks goeds vir SAL as die vlugte nie volbespreek is nie .. Julle moes die boodskap al gekry het, nie omdat mense nie London toe vlieg nie maar omdat julle USELESS is en niemand meer SAL wil vlieg nie .. ons vlieg op ander lederye . enigiets van British Air tot Lufthansa, selfs Iberia, Emirates, ETihad en QUatar om SAL te vermy . so FOETER VOORT!!!

christa ·

Is daar ‘n department wat nog nie geldelike probleme gehad het nie?????? Kyk wie is in beheer van daardie maatskappye

Natuurlik nie ·

Natuurlik nie want hulle san maar net weer ons belastinggeld gebruik want ons is te sleg om op te staan daarteen.

Joshua ·

Want jy weet – onlangs bedrog, onbevoegdheid en korrupsie in die SAL- dat jy staat sal kan maak op die staatspensioenfonds (GEPF) en dit mag melk agv jul ‘verlore’ biljoene rande.

Theo ·

Wie kan nie die “ou” trotse Suid Afrikaanse Lugdiens met die oranje stert en vlieende Springbok onthou nie. Voor 1994 die mees suksesvolle lugreedery in Afrika. In al die jare van bestaan voor 94 was SAL nooit in enige finansieele of korupte bedrywighede aandadig nie. Die kajuut personeel was van die beste, netjies en professioneel en ai…. hoe lekker het my ou hart altyd met trots in my borskas geklop as jy in n Lughawe gebou in die buiteland die ORANJE stert sien wat jou terug vat SA toe. 24 jaar later en een groot vrot gemors. Vlieg lankal nie meer SAA nie.

Lynne ·

Stem saam met Obsessief & Theo! Suid Afrika is die sinkende Titanic en die SAL ‘n boeing wat binnekort gaan neer stort. Maak vas julle veiligheidsgordels. Geen noodlanding gaan daai boeing red nie!

John ·

Nee hy’s reg… Diepsinnige sake soos…. vlieg…. moet aandag kry…. die gemakste huisies vir passasiers en watter poeding die gewildste is. Laasgenoemde was eintlik nog altyd die groot probleem sedert 1994… watter poeding om te bestel… en te bestel…. en te bestel…

Chris Ws ·

Ons was nog net eenkeer oorsee.Gevlieg met Quantas -retoer.Ek het destyds geweier om SAL /SAA te ondersteun en sal ook nooit nie.Hulle kan hom toemaak vir al wat ek omgee – ons het SAA/SAL NIE nodig nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek weier om met SAA te vlieg. Die kajuitpersoneel is onprofessioneel en loop jou kos van jou skinkbord af met hul bree heupe. Ek het ook my bedenkinge oor hoe hul vliegtuie gediens word.

Jef ·

Ek wonder of daar nog enige gekwalifiseerde grondpersoneel en ingeneurs aanwesig is want almal weet dat vliegtuie vlieg op kerosine maar hulle gooi diesel in of die vliegtuig is nie goed ge-inspekteer nie en hulle het vergeet om die die gereviseerde straalmotor vas te maak en in die lug kom die pilot agter die motor le nog op die aanloopbaan.
Hoe weet jy dit is SAL want elke vliegtuig het n roofcarrier op die dak.

Plantasiegorilla ·

Nou hoekom het die kommersiële logika weggeraak in die eerste plek. Wonder maar net hardop.

Oom Jaco ·

Al doen hulle nou vlugte verniet en verdubbel die ander rederye se pryse, sal ek steeds nie SAA vlieg nie!

Stef PApendorf ·

Die vraag wat die ou mis is: waar gaan jy ‘n sakeman of besigheid kry wat die spul Wil koop?
Hulle besit nie eers meer die vliegtuie nie, als is op huurkoop. Hy mis punt een van sy eie stelling.

marous ·

Natuurlik nie , want dan word hulle almal afgedank. Hulle naam moet verander na Titanic Air …dis waarnatoe hulle op pad is.

André Kruger ·

Dis ‘n regering se funksie om sy burgers en hulle eiendom veilig te hou en om ordelike infrastruktuur te koōrdineer. Al’s anders is BAAAIE meer doeltreffend as dit deur private inisiatief gedryf word. En dit kan maklik bereik word met 5% BTW.

Jan ·

S.A.L is tog n besig heid . Dan maak jy mos geld . Wat maak hulle met al die geld wat hulle in kry . Sluit daai plek se deure of verkoop hom .Die wat daar werk kan mos dan vir die nuwe baas werk.

Jan ·

Verkoop .verkoop.dat hulle nuwe baas kry wat weet .Hoe n besigheid werk.

kas ·

Ja man Jef,ek wonder net hoeveel SAL vliegtuie het al sedert 1994 neergestort met diesel en al.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.