SAL sal uitspraak oor R1,16 miljard bestudeer

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Woensdag gesê sy regskenners sal die uitspraak van die Johannesburgse hooggeregshof, dat SAL ʼn bedrag R1,16 miljard aan Comair moet oorbetaal vir skadevergoeding, bestudeer.

Die hooggeregshof het bepaal dat SAL se aansporingskemas vir reisagente onmededingende gedrag was.

SAL het gesê sy regskenners sal die uitspraak bestudeer en dan advies gee oor verdere regstappe.

Comair het 14 jaar gelede SAL daarvan beskuldig dat hy ʼn aansporingskema vir reisagente ingestel het om die agente lojaal te hou teenoor die staatsbeheerde lugredery en mededingers is uitgesluit, ʼn oortreding van die Mededingingswet.

Kragtens die uitspraak moet SAL ʼn bedrag van R554 miljoen plus rente teen 15,5% aan Comair oorbetaal, ter waarde van ongeveer R1,16 miljard.

Tlali Tlali, woordvoerder van SAL, het gesê alhoewel hy nie die meriete van die saak in die media gaan debatteer nie, is dit ʼn saak wat spruit uit die periode tussen 1999 en 2005, wat deur die vorige bestuurspan ingestel is. Tlali het gesê al dié bestuurder het reeds intussen die lugredery verlaat en nuwe sakebestuurprosesse is ingestel om nakoming met alle relevante voorskrifte te verseker.

“Die huidige bestuurspan is daarop gefokus om die onderneming om te draai en te verseker dat SAL so gou as moontlik kommersieel lewensvatbaar sal wees, mededingend sal wees en finansieel onafhanklik.

Die Demokratiese Alliansie het intussen egter geëis dat SAL-voorsitter Dudu Myeni in die lig hiervan afgedank moet word. Alf Lees, woordvoerder van die DA, het gesê die R1,16 miljard is geld wat gespandeer kon word aan vaardigheidsontwikkeling vir die jeug. Hy het gesê die uitspraak is ʼn bevestiging van die DA se mening dat Myeni nie bekwaam is om die voorsitter van die SAL te wees nie, en dat haar heraanstelling as voorsitter totaal irrasioneel was.

“Die minister van finansies kan nie nou meer voete sleep nie. Dit is nou tyd dat hy Myeni uit haar amp verwyder. Minister Gordhan moet ook aankondig dat SAL geprivatiseer sal word,” het Lees bygevoeg.

SAL het reeds verliese van R4,7 miljard in 2014/2016 gely en ʼn verdere R1,8 miljard in die afgelope finansiële jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johanna Botha ·

Privatiseer ASB die gemors !! Hoe diens julle nog die vliegtuie met niks geld nie dis wat ek wil weet ?

Pieter ·

Stem saam, privatiseer of verkoop! Hou op om Mango, SA Express en SAAirlink te sponser. Alle personeel is sooo oorbetaal en dan word nog miljoene spandeer om ” nuwe vlieeniers” op te lei terwyl n oorvloed ervare SA vlieeniers in die buiteland moet werk soek. Siek man!

A ·

Hoe wil DA iemand nou uit ‘n pos verwyder vir iets wat voor die se term gebeur het???

Hewitt ·

Maklik A… Al het hierdie voor Dudu se tyd gebeur, het hulle steeds R 6.5 Miljard se verlies gehad van 2014 tot nou… Sy Dudu skynbaar op die job!

JoeV ·

Maak asb die geld put toe. Hoeveel beter af sal almal net nie wees met die geld wat hier in gestort word nie, en net ‘n baie klein groep seb vriende baat daarby.

AL ·

Met hierdie geweldige vermorsing van geld kon hul die arm gemeenskappe opgehef het – dan sal hul minder vatbaar wees en luister na Malema se stories.

GES ·

Die punt is, die regering wil selfs ʼn honderd jaar plus teruggaan in die verlede om sogenaamde ‘foute’ reg te stel maar as dit verkeerd draai vir hulle word daar ʼn groot kabaal opgeskop. Dit maak nie sin nie …

John ·

?.. Pa, ek het nou ‘n effe van ‘n probleem… kan Pa dalk… weer…? Of wat van die Gronwethof? Of wat dink Pa…? Pa, hoor Pa wat ek se, vra? Pa?

PJN ·

Ek is bekommerd oor die onderhoud wat gedoen word op SAL vliegtuie. Ek het verstaan baie onderdele wat vervang moet word op SAL vliegtuie word oorgesien aangesien daar nie genoeg fondse is nie. Slegs die noodsaaklikse word gedoen. Dis vreesaanjaend. Ek moet nou binnekort Windhoek toe vlieg vanaf OR Tambo. Ek sal maar Namib Air vlieg dis in elke geval goedkoper en die lugredery toon steeds winste al is hulle baie kleiner as SAL.

Jean ·

Hoeveel geld word altyd aan hierdie STUDIES bestee? Dit is altyd navorsingspanne, en ondersoekspanne en studie-groepe wat hierdie goed bestudeer .. en as hulle nou fout vind gebeur WAT? Zuma en sy trawante spandeer heerlik geld, hulle steur hulle nie aan die minderhede nie. Vir my part kan SAL maar TOEMAAK, hulle stoei om te oorleef en kort kort word ‘n nuwe CEO vir miljoene aangestel wat dan net ‘n klomp bates verkoop om hulle weer uit die rooi te kry. Maak toe en gee die roetes vir BA/Com Air, julle is in elk geval USELESS!~! Ek vlieg nerens met SAL nie.

Susan ·

“Maak SAL toe'” is jou woorde.
Wat van al die mense wat daar werk? Waar gaan hulle almal weer werk kry? Dink voor jy so iets se!

snoefie ·

die feit dat Zuma se seun al lank voor die tyd nuus aan ana deurgebel het, se papa het dit met hulle bespreek. ook sy 9 punt plan om dit te fnuik. been die tameletjie na ons slim prossie. hy het dalk n koper vir nkandla.

Christa ·

Dan het die ANC en sy trawante ‘n miskraam omdat Bankorp deur die vorige regime gehelp is. Absa is STEEDS op sy voete, maar SAL verloor al vir jarre aanmekaar miljarde en dit lyk nie of hulle ooit weer gaan regkom nie!! Daardie geld is dus “down the drain” (soos Nkandla)!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.