SAL se benarde finansiële uitslae bekendgemaak

Argieffoto

Die nasionale tesourie het Woensdag ná ʼn inligtingsessie deur SAL aan die parlementêre komitee oor finansies gekanselleer is, wel SAL se vierdekwartaalresultate bekend gemaak.

Maroela Media het vroeër berig die sessie is gekanselleer nadat ANC- en DA-LP’s koppe gestamp het oor of die vergadering vir die publiek geslote moet wees of nie.

Thandi Tobias, waarnemende voorsitter van die komitee oor finansies, het SAL-hoofde verhoed om die lugredery se uitslae voor te lê en gesê ʼn besluit is tydens die vorige vergadering van die komitee geneem dat die sessie geslote sal wees. Die DA meen egter só ʼn besluit is nooit geneem nie.

Daar was ook sprake oor of dit nie ʼn risiko is dat die maatskappy se strategieë moontlik aan sy mededingers bekend gemaak gaan word nie.

Daar is toe besluit om eers die vorige vergadering se rekords na te gaan.

Die tesourie het toe later Woensdag in ʼn verklaring gesê hulle het besluit om wel die uitslae aan die publiek bekend te maak. Die besluit is geneem ná ʼn omvattende hersiening van die kwessie en met inagneming van die noodsaaklikheid om SAL se kommersieel sensitiewe strategieë te beskerm, maar steeds binne regeringsvoorskrifte te handel.

Die DA meen die vergadering moes nooit geslote gewees het vir die publiek nie.

Die syfers wat die tesourie bekend gemaak het, het dit aan die lig gebring dat SAL sowat R1,2 miljard meer as die verwagte R610 miljoen oor dié tydperk verloor het.

SAL het die verlies van R1,84 miljard op onder meer wisselkoersveranderinge blameer wat die maatskappy glo R656 miljoen gekos het. Volgens die tesourie was die verwagte wisselkoersverliese R508 miljoen. Die lugredery het ook laer passasiersgetalle getoon as wat daar verwag is.

SAL het verder gesê internasionale verkope het met 11% gedaal en binnelandse verkope met 21%.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Mrs H ·

Julle kan maar Nog minder passasiers getalle verwag met Nog minder groei. Hierdie land se groei gaan nerens nie. Maak toe en sluit permanent. Daar is een hoop..die ashoop.

bgj van der westhuizen ·

alles net verskonings daar is t veel mense en swak bestuur te veel wat groot pay kry en doen niks verkoop dit mors van belastin geld

Aap ·

Die bestuur kan net nie SAL op ‘n lewens vatbare bestuur nie.
Raak ontsla van albei en RSA sal baie baat vind en nie die belastingbarlers so melk, melk en melk nie.

GM ·

Bahaha, hulle is bang om hul strategieë aan hul mededingers bekend te maak! Dalk moet hul ‘n boek skryf. ‘Hoe om suksesvol, ‘n verlies te ly – vir dommies’. Die boek sal dalk meer geld maak as hul lugredery…

Judge Dredd ·

So SAL lewer swak diens en dan blameer hulle die passasiers wat nie meer SAL wil vlieg nie – “only in Africa”.
Hehehe, miskien kan die Kamerade “demand” dat meer mense SAL vlieg.

Grassie ·

Dit is nou maar eenmaal ‘n onbetwisbare kenmerk van die ANC-kaders – hulle maak geen foute nie, dit is nooit hulle skuld nie. Onbevoegde persone in senior poste, swak diens, swak beplanning, korrupsie – nee glad nie. Al die ellende is iemand anders se skuld. Dit is die vervlakste rand wat gaan staan en swakker word en die passasiers wat liewers van ander lugrederye gebruik maak.
‘n Mens sien op TV hoe ander lugrederye se netjiese waardinne etebestellings by passasiers neem en dit word dan op smaakvolle wyse aan hulle bedien. Laas toe ek SAL gevlieg het, het een ou ‘n trollie in die gangetjie afgesleep en uitgeroep “Fiesh or môtton!” Jy moet dan vinig terugskree of hy is verby. Ek was gelukkig nie honger nie.

Johann ·

En dit als tydens DUDU (GROOOOOOT ZUMAIKIE) op die job was?

En dis die verliese waarvan “rekenskap” gegee word! Wat van al die selfhelp en jnskep schemes tydens Dudu se rule?

Ongelooflik hoe. die beginsel van BANKROT nie in SA van toepassing is nie. ANC LEGACY.

MILJARDE agter, oor, verlies, en en en.,,,,maar ins dinges voort want dis hie Afrika boekhouding werk.

Tokkie ·

Die langnaweek vlieg ons SAL – die rye is so lank dat ek dink ons gaan ons vlug verpas – die rye by comair is ook lank – die persoon wat ons help is so ongeskik ek kan nie glo SAL het sulke swak werknemers met die benarde omstandighede waarin hulle hulle bevind nie – nou wonder ek net hoe maak comair n wins maar SAL nie ? Swak bestuur Swak diens Onbevoegde en Ongeksikte werknemers – only in africa

thinus ·

jA Tokkie, die hele land en regering is vol sulke lui, oorgewig en ongeskikte personeel /amptenare. Die verliese en tekorte staan kop hoogte wit in die blom maar alles is mos ‘wonderlik’ in hierdie reenboogland en al sy ‘wonderlike’ mense. Net jammer ons belasting betalers voer hulle nog die heel pad en sterk hul in die kwaad!

Alida 2 ·

Die wisselkoers is dan te blameer vir 35% van die verlies.
Wat van die ander 65%?
Te veel oorbetaalde onderbenutte bestuur?
Te veel goue handdrukke?
Buitensporige pryse vir kontrakte? Wonder wat betaal hulle vir die bordjie kos wat jy ontvang teenoor die werklike waarde?
Te min passasiers—want SAL is duurder as ander lugrederye en die publiek soek waarde vir hulle swaar verdiende na belaste geld.
Ek wonder of die personeel wat met die finansies werk ooit ‘n idee het van hoeveel geld daar gepraat word?
Dink daaraan —– miljard sekondes is amper 32 jaar. Die bedrag wat ‘n verlies is, is dan omtrent 58jaar se sekondes.

Joshua ·

Julle lieg, SAA, die waarheid is dat jul ANC korrup en onbevoeg is om die SAA n sukses te maak, dieselfde met Eskom, Transnet, Denel en vele ander staats instansies.

jakes ·

Maak SAL toe en gooi die sleutels weg. Daar werk meer mense by SAL as by meeste groot rederye ter wereld. Geen wonder hulle is reeds by die afgrond af. Ek sal 2 keer dink voor ek met hulle vlieg. Niemand ssl dit eers oorweeg om die redery te koop nie want hul skudlas is horibaal groot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.