SAL se goue handdrukke meer as R22 miljoen

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het die afgelope paar jaar meer as R22 miljoen in goue handdrukke aan uitvoerende hoofde en finansiële hoofbeamptes betaal.

Pravin Gordhan, minister van finansies, het, in antwoord op ʼn parlementêre vraag, bekend gemaak
R22,76 miljoen is aan skeidingspakkette betaal. Die SAL het sedert 2009 reeds agt uitvoerende hoofde en ses finansiële hoofbeamptes gehad.

Khaya Ngqula, destydse uitvoerende hoof, het die grootste goue handdruk gekry, naamlik R9,35 miljoen in 2009. Monwabisi Kalawe, wat verlede jaar as uitvoerende hoof bedank het, het ʼn skeidingspakket van R2,2 miljoen gekry. Musa Zwane, wat tans as uitvoerende groephoof waarneem, se jaarlikse salaris is R3,8 miljoen.

“Indien gekyk word na hoeveel uitvoerende hoofde en finansiële hoofbeamptes die SAL sedert 2009 gehad het, is dit geen wonder die SAL kan nie die mas opkom nie en dit het die belastingbetaler duur te staan gekom,” het dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor openbare ondernemings, gesê.

Volgens Groenewald verwag die minister van finansies belastingbetalers moet die gordel stywer trek, maar belastinggeld word by die SAL vermors. “Die VF Plus eis daarom daadwerklike optrede om dadelik bevoegde mense permanent aan te stel. Om vanaf Desember 2015 steeds R322 620 per maand te betaal aan die maatskappy Sizwe Ntsalaba Gobodo om ʼn tussentydse finansiële hoofbeampte beskikbaar te stel, is onaanvaarbaar en die VF Plus wil van die minister weet waarom ʼn permanente aanstelling nog nie gemaak is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Adam ·

Wag maar tot die koei wat so roekeloos gemelk word opdroog dan sal ons sports sien

Bullseye ·

Ja of as die ander, by wie daar so lekker geleen word, die skroef.begin aandraai…..

Lance ·

Hoeveel kanse nog ! Dis n groot joke …ek weier om saa te vlieg ! Kan hulle nog onderhoud bekostig

Bullseye ·

Sulke belaglike pakkette!?! En dit vir n bankrot mpy? Geen besigheid sense…

SommerNetEk ·

Dis omdat daar elke keer ombevoegde individue aangestel word en hulle dan “gefire” moet word en whalah – pay me da money ! So sorg hulle vir mekaar ten koste van ons nasionale lugdiens. Dié SAA moet geprivatiseer word, oorgeneem word deur iemand soos Virgin, BA ( of Kulula – ha ha ha ) en hulle sal almal ‘n beter job kan doen. Ek mis die “orange tail” – goeie ou dae toe SAA not SAL was :)

neelsie ·

Vlieg lankal nie meer SAL nie ,vir verskeie redes, o. a. die boikot teen jong blankes vir opleiding as vlieeniers en die openlike korrupsie.

Moet vlieg ·

Ongelukkig moet ons SAA vlieg as jy direk Perth toe wil vlieg. Sou ander verkies. Maar dis direk

A.G ·

Die lekker ou soustrein, hulle dwing jou elke jaar om jou belasting opgawes in te dien sodat hulle meer geld het om te mors en vriende te nooi om saam op die soustrein te klim.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.