SAL se sakeredding afgehandel, maar ‘werk nog nie klaar’

Airchefs, SAAT en Mango kan egter steeds in die slag bly. (Foto: Facebook)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se sakereddingspraktisyns het Vrydag aangekondig dat die lugredery nie meer in sakeredding is nie; ʼn stap wat die departement van openbare ondernemings verwelkom het.

Die lugdiens is in Desember 2019 in sakeredding geplaas na jare van wanbestuur en finansiële probleme.

“Die sakereddingsproses het die herstrukturering van die SAL moontlik gemaak, die kostebasis verlaag, finansiële laste verminder en ʼn volhoubare grondslag vir die toekoms geskep,” lui ʼn verklaring van die departement.

“Die sakeredders oorhandig ʼn solvente onderneming aan die SAL se tussentydse raad.

“Dit beteken egter nie die werk is klaar nie. Die raad en bestuur gaan ʼn tussentydse sakeplan ontwikkel en in werking stel om die bedrywighede vol te hou terwyl ʼn strategiese ekwiteitsvennootskap afgehandel word.”

Die departement sê die regering is in die laaste fase van onderhandelings met ʼn voorkeurvennoot en ʼn ooreenkoms behoort binne die volgende paar weke afgehandel te word. Dit gaan beteken dat kapitaal en broodnodige tegniese en kommersiële kundigheid aan boord gebring word om te verseker ʼn mededingende rederye kom na vore.

Ingevolge die sakereddingsplan is daar steeds laste wat oor die volgende drie jaar betaal moet word. Dit sluit in die betaling van krediteure en aanspreeklikheid vir kaartjies wat nie gebruik kon word nie. Die sakeredders en krediteure het op ʼn skikking ooreengekom wat beteken die verantwoordelikheid daarvoor berus nie by die SAL nie.

Volgens die departement is die tussentydse SAL-raad verantwoordelik vir die strategiese, finansiële en operasionele bestuur van die SAL-filiale, naamlik sy tegniese afdeling, oftewel SAAT, Airchefs en Mango – en moet die raad dié filiale se kommersiële volhoubaarheid verseker.

“Die filiale moet herstruktureer word en in sommige gevalle moet hul voortbestaan oorweeg word.”

Thomas Kgokolo is vroeër vandeesmaand as die uitvoerende hoof van die SAL aangewys.

Die SAL was sonder ʼn uitvoerende hoof sedert Zuks Ramasia sowat ʼn jaar gelede as waarnemende hoof die tuig neergelê het. Voor haar in dié pos was Vuyani Jarana. Hy het in Junie 2019 bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Realis Thailand

Geen mens met verstand gaan met saa vlieg nie
Ek het 21 jaar gelede met die lugdiens gevlieg en na n swak vlug na die buiteland nog nooit weer nie
Ek hoop die mesne kry hulle kaartjie geld terug en vergeet dan van hulle
Daar is vele ander lugdienste binne en buitalands om mee te vlieg
Hulle het reeds baie duidelik gese hulle gaan net BEE loodse aanstel.

casper

Jy moet ‘n spesiale soort van dom persoon wees om op een van hulle vliegtuie te klim in die toekoms.
Dieselfde geld vir Mango.

gehasie

Dis nou ‘n kwessie van die een se dood is die ander se brood. Maak Mango toe sodat SAA 2V kan opstyg. Jarana (voormalige CEA SAA) het bedank omdat hy nie met die ANC betrokkenheid by SAA kon saamleef nie. SAA 2V het nog dieselfde onbevoegde bestuur tesame met die arogansie van SEB (BEE) wat tot gevolg sal hê dat die belastingbetaler vir dié gelag gaan betaal. SAA 2V bly die soustrein vir kriminaliteit!

Johan

Ek kan aanbeveel òf Swiss Air,òf LuftHansa,òf KLM….nog nooit ń enkele hic-up nie.

Nico

Ek het klaar die stof van my voete af gevee, sal nooit weer met SAL vlieg nie, Ons sal Lufthansa gebruik wanneer ons vir ons seun in Duitsland gaan kuier. Verlede jaar toe die vlugte na die buiteland gestop is het Lufthansa elke sent van ons vlieg kaartjies wat R23000 beloop het terug betaal.