SAL se tussentydse raad aangekondig

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die departement van openbare ondernemings het ses nie-uitvoerende lede vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se tussentydse raad aangestel.

Die departement het Woensdag in ’n verklaring gesê Peter Tshisevhe, June Crawford, Bembe Zwane, prof. Edna van Harte en Nick Fadugba sal onder die voorsitterskap van Geoffrey Qhena op die raad dien.

Qhena is ʼn geoktrooieerde rekenmeester, ervare finansiële bestuurder en voormalige uitvoerende hoof van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, ʼn pos wat hy 13 jaar lank beklee het.

Van die ander aanstellings sluit in ’n prokureur, ’n akademikus en verskeie lugvaartkenners.

Geoffrey Qhena. Foto: IDC

Luidens die verklaring is die raad aangestel om behoorlike bestuur en oorsig by SAL te herstel terwyl die lugdiens se sakereddingsplan in werking gestel word.

“Die departement is namens die regering as aandeelhouer verheug dat hierdie ervare beroepslui ingestem het om by die raad aan te sluit. Hul kombinasie van akademiese, finansiële, regs- en lugvaartervaring en kennis oor internasionale lugvaart- en vervoerneigings, sal ʼn nuwe perspektief bied namate SAL hom voorberei om volgende jaar weer in bedryf gestel te word.”

Die sukkelende nasionale lugredery is in Desember verlede jaar in sakeredding geplaas.

Daar is egter besluit dat SAL nié gelikwideer gaan word nie en die regering gaan die geld beskikbaar stel om die herstrukturering van die lugredery af te handel.

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het in Oktober vanjaar R10,5 miljard in sy mediumtermynbegroting vir SAL se sakereddingsplan bewillig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Andrew ·

Nog n klomp narre wat n geldjie gaan kry vir hulle struggles. Net een groot pot vol goud wat se bodem uitgeroes is.

JohanR ·

En elke raadslid sal R25miljoen ‘n jaar verdien. Kan dat ‘n kader arm wees nie! Geoffrey Qhena sal in 2022 van ietsie by die SAA aangekla word. Dit is nou al 26 jaar….ons weet hoe die storie werk!

Pieter ·

Julle bly een groot grap pravin is die wolf met skaap klere aan.

Anel ·

As iets stukkend is kan dit nie altyd reggemaak word nie. Slegs as hy kenner gebruik. SAL sal nog steeds donker put bly waarin ons pensioengeld in verdwyn. Soos die engelse sê “count your losses” en maak die besigheid toe.

Mudguard ·

Daar start die soustrein alweer. Net gou gestop om weer vol sous gemaak te word.

Hennie ·

Vlieg reg… Bly weg. Dasr is ander, beter lugrederye soos SAFAIR!

Sarel ·

Wat is hulle rekord rondom Finansiële Bestuur en onafhanklikheid van die ANC se korrupte Politiek.
Waar is die vermorsde geld en hoekom wird nienand vervolg nie.
Personeel gaan glo soegs BEE wees

Jakes ·

N mislukking nog voordat dit begin het. Asb, moet nie ons intelligensie onderskat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.