SAL se vlieëniers staak die eerste keer ooit

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se afwaartse spiraal het hierdie week ‘n belangrike nuwe laagtepunt bereik toe die lede van die SAL-vlieëniersvereniging vir die eerste keer in dié vakbond se bestaan van vyftig jaar begin staak het.

Hoewel stakings in Suid-Afrika en wêreldwyd niks buitengewoon is nie, laat die eise van die stakers in hierdie geval die wenkbroue lig, want dis uiters ongewoon en tensy iets drasties verander wys dit dat die SAL basies reeds ten gronde is en baie moeilik weer ‘n omvattende, behoorlik funksionerende lugredery gaan kan word.

Want anders as gewoonlik, wanneer stakers daarop aandring om hul werk te behou of hul diensvoorwaardes te verbeter, dring die SAL-vlieëniersvereniging daarop aan dat sy lede afgedank word. Hulle wil nie meer daar werk nie. Hulle wil teen 15 April niks meer met die SAL te doen hê nie en eis dat elke fyn opgeleide vlieënier wat lid is van die vereniging, van dan af geen verpligtinge hoegenaamd jeens die lugdiens moet hê nie.

Met sowat 90% van die SAL se vlieëniers wat lid is van die vakbond, gaan dit beteken die staat as aandeelhouer gaan sit met ‘n lugdiens wat letterlik nie juis sal kan vlieg nie.

Boonop gaan dit moeilik wees om die duur verworwe vaardighede te behou of opnuut te werf wat oor die jare opgebou is.

Daardie opleidingsvaardighede het daartoe gelei het dat die SAL tot nog toe net drie keer noodlottige ongelukke op passasiersvlugte gehad het in sy bestaan van 87 jaar sedert sy stigting in1934 – die Rietbok-vlugramp met 25 sterftes op 13 Maart 1967 naby Oos-Londen, die Windhoek-vliegramp met 123 sterftes op 20 April 1968 by die destydse J.G. Strijdom-lughawe buite Windhoek, en die Helderberg-vliegramp met 159 sterftes op 28 November 1987 naby Mauritius.

Maar nou is diegene wat die vereiste simulasie-opleiding moet en kan doen juis onder diegene wat daarop aandring om afgedank te word en wat niks meer met die SAL te doen wil hê nie.

Hierdie simulasie-opleiding moet gereeld en voortdurend plaasvind, ook om dienende vlieëniers se vaardighede vars en skerp te hou. Maar omdat die vlieëniers wat daardie opleiding moet en kan behartig, lede is van die stakende SAL-vlieëniersvereniging, en die SAL in elk geval reeds in Desember ‘n uitsluitingsbevel bekom het wat dié vakbond se lede verbied om die werkplek te betree, het die simulasie-opleiding maande lank al doodgeloop.

Sedertdien was een van die min vlugte wat die SAL onderneem het ‘n retoervlug van Johannesburg na Brussel en terug om entstof te gaan haal. Omdat die vlieëniers die massa van die vlug met sowat 90 ton verkeerd bereken het, het die vliegtuig probleme ontwikkel met die opstyging, maar ‘n ramp is verhoed in ‘n groot mate omdat die vliegtuig se outomatiese stelsels oorgeneem het, hoewel die bemanning ook moes ingryp.

Hoeveel dit te make het met die staking van simulasie-opleiding is tans ‘n bron van meningsverskil. Net een van die vier vlieëniers op die vlug is ‘n lid van die SAL-vlieëniersvereniging (die persoon was op die vlug ten spyte van die arbeidsdispuut en dus strydig met sowel die hofbevel as vakbondlidmaatskap) en die ander drie vlieëniers is onder die 10% SAL-vlieëniers wat nie lid van die SAL-vlieëniersvereniging is nie.

Na wat Maroela Media verneem het simulasie-opleiding onlangs op beperkte skaal hervat want daar is een vlieënier (‘n lid van die SAL-vlieëniersvereniging) wat gekwalifiseer is om simulasie-opleiding te verskaf en wat agteraf by die werk aangemeld het (scabbing) ten spyte van vakbondlidmaatskap en die staking, wat deur 98,7% van die lede van die SAL-vlieëniersvereniging gesteun is in ‘n formele stemming soos deur arbeidswetgewing vereis.

Die aanloop van die vlieënierskrisis by die SAL het twee kante en ‘n oplossing lyk onmoontlik tensy een van die twee partye (die staat as aandeelhouer of die vlieëniers) omvattend inkalwe wat hul vereistes en standpunt betref.

Die SAL is oor baie jare skrikwekkend swak bestuur met die ANC-regering wat as enigste aandeelhouer oor baie jare gesorg het dat rampspoedige en onoordeelkundige besteding nie in toom gehou word nie en dikwels aktief aangemoedig is, dat raadslede en bestuurshoofde teen groot koste en met taamlike spoedige omset aangestel word sonder die nodige toepaslike bewese bestuursvernuf, dat baie van hierdie vernietigende aanstellings mense as wie se bande met ANC-ringkoppe baie duideliker was as hul kundigheid oor lugvaartbestuur, en dat miljarde rand aan reddingsboeie bestee is sonder dat die ongewilde maar noodsaaklike sakebesluite vir die oorlewing en lewensvatbaarheid van die lugdiens betyds geneem is.

Die SAL-vlieëniersvereniging dring nou aan op die afdanking van sy lede met uitbetaling van drie maande se salaris. Die vakbond wys uit dat sy lede ‘n jaar laas betaal is en sedert Desember nie by hul werkplek toegelaat word nie.

Van hul kant wys die regering uit dat dit juis die onvolhoubare aard en omvang van die salarisse van die vlieëniers, en die vakbond se beweerde onversetlikheid daaroor, is wat die huidige arbeidskrisis ontketen het.

Kragtens ‘n ooreenkoms wat jare gelede tussen die vlieëniersvakbond en die SAL gesluit is, is SAL-vlieëniers vrygeskeld van die normale regulasies en prosedures waarvolgens salarisse in die staatsdiens en staatsbeheerde ondernemings onderhandel word.

Vir SAL-vlieëniers geld ‘n ander, unieke stelsel. Die praktiese gevolg hiervan is dat SAL-vlieëniers luidens berigte tans gemiddeld salarisse van R2,9 miljoen per jaar per persoon betaal word, met sommige vlieëniers se salarisse soveel as R5 miljoen per persoon per jaar. Volgens die regering en die staat is dit oordadig en onvolhoubaar, en moet dit heronderhandel word, met ‘n salarisverlaging vir die vlieëniers.

Die hele situasie is op die spits gedryf deur die praktiese afloop van die huidige sakereddingsaksie wat vir SAL aan’t uitspeel is nadat sommige vakbonde dit deur ‘n hofbevel laat afdwing het.

Die sogenaamde sakereddingsaksie is in omstredenheid, onsekerheid en beweerde toesmeerdery gehul, met die twee sakereddingspraktisyns se terugvoer wanneer hulle deur die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge tot verantwoordbaarheid geroep word, wat dikwels gekenmerk word deur vertroebeling eerder as helderheid, en parlementslede wat die sakereddingspraktisyns openlik beskuldig van wangedrag, selfverryking, potensiële wanbesteding van honderde miljoene rand, toesmeerdery, onbekwaamheid, versaking van verantwoordelikheid deur byvoorbeeld nie op te daag om verantwoording te doen nie en wanneer hulle daar is, vrae met strydlustige teenvrae te beantwoord eerder as om inligting te verskaf.

Hierdie stellings van parlementslede word heftig deur die sakereddingspraktisyns ontken.

Die gevolge van hierdie gebrek aan feite is dat ‘n sluier oor die besonderhede van die sakereddingsproses hang, dat baie van die belastingbetalers wat vir die hele duur spulletjie opdok tans in ‘n groot mate in die duister voel, dat vraagtekens hang oor die proses se sukses en dat onraad en uiteindelike mislukking vermoed word, maar weens die aard en gebrekkige omvang van inligting nie tans bewys of met genoegsame sekerheid ontken kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Nie Verbaas ·

Ek hoop die wat op die Brussels vlug was wat entstof gaan haal het staak ook. Dit sal beter wees vir publiek as hulle nie aan n vliegtuieg raak nie. SAL vlieg met BEE pilots, nie in my lewe nie.

Realis Thailand ·

Hulle is nie lid vd vereniging behalwe die Indier wie ook op die vlug was . Die ander BEE vlieeniers selfs die dame wie amper die ongeluk veroorsaak het het nie een hulle oorspronklike toetse as vlieeniers geslaag na vyf probeerslae en is toe aangestel in opdrag van die anc(regering)

Nie Verbaas ·

En daar verduidelik jy alles. Aangestel sonder enige oorweging oor passasier veiligheid nie. Airbus se rekenaar het seker vir hulle gevra waarheen hulle gaan en toe self soontoe gevlieg.

Realis Thailand ·

Jy is 100% korrek
Gaan kyk gerus Sam Chui se video oor die vlug van LA na Doha en kyk hoe hou die loodse hulle hande weg van die stuurstang,selfs as hulle land

Adri ·

As die SAL onredbaar is, soos dit lyk, sal een of ander privaat inisiatief maar weer vir ons ‘n nasionale lugredery van die grond af moet oprig: hierdie keer moet daar net baie streng gekeur word wanneer dit by aanstellings kom.

Persheks Adri ·

Verkoop nou net hierdie verdomde SAL wat ‘n wit olifant is in elk geval! Al die miljarde rande aan reddingsboeie is geld wat in die lug gegooi word en ons moet betaal gggmmmfff.

ANC het dit klaar opgedonkie, want hulle vat mos aan als en alles is altyd ‘n gemors met die klomp pffft!

Termiet ·

Ongelukkig word die geld nie in die lug gegooi nie maar in hulle kaders se sakke.

Persheks Adri ·

Stem Termiet. Ek was eintlik sarkasties met daai woorde maater

JM ·

Die land is al net so moeg vir die lamlendige SAL, as wat hy vir Jacob Zuma is. Sal hulle nie maar net verdwyn nie?!!

koos10 ·

Staak beteken dat jy nie werk nie. SAA vlieg tans nie, so julle werk nie.
Ek dink dis die eerste keer in die wêreld geskiedenis dat mense staak om afgedank te word! Maar hulle besef ook dat die SAA finaal verby is, en as hulle afgedank word, is hulle geregtig op meer geld as wat hulle self bedank.

Nie Verbaas ·

Gelukkige sal die meeste van hulle nie werk kry by buiteland se rederye nie aangesien hulle nie die toetse sal slaag nie. Viva ANC!!!!

SomeOne ·

wie is dis sakeredding praktisyns, seker weer ‘n ondersoek se ondersoek se kaders
maak toe en kry klaar, sal werk op almal se spiere

jzjz05 ·

Het die handeling nie begin met die regering wat gesê het dat net swartvlieeniers in die nuwe SAA aangestel gaan word nie ?

Johan ·

Jou lewe is op die spel,bly weg,vlieg met wakker lnstansies soos Swiss Air,LuftHansa of KLM. Oud-vlieëniers,julle is die room,gaan oorsee of kry ń stokperdjie en geniet dit!

Pieter ·

Ons blankes moes lankal standpunt in geneem het. Die ANC sirkus dink hulle kan met ons blankes net maak wat hulle wil. Ons belasting geld is goed genoeg en dit is al.

Nico ·

Ek sal nooit weer met SAL vlieg nie en dit kan voor die deur van sogenaamde ANC regering geplaas word. SAL was die beste lugrederye in Suid Afrika. Stop die miljoene rand wat in gepomp word.

Cecilia ·

Ou Nico hul gaan nou weer d Apartheid beskuldig. As iets mos ten gronde gaan dan is dit appartheid se skuld. Stem stop d geld fontein en verkoop and China

Stof ·

Die Wright broers het lugvaart haalbaar gemaak.
Die SAL het hulle erfenis gefaal.
Dankie tog daar is Interkaap.
Kan ons dalk tender om die Jan Smuts-terrein oor te neem en ‘n sendingstasie daar te skep? Dan dien dit steeds ‘n waardige doel en verval nie in ‘n bouval nie.

Cecilia ·

Jy gaan nie d Tender kry nie Stof. Jy is wit en nie genoeg BBEEE nie.

Etienne ·

Noem hulle by name… dit sal ons ;n idee gee waaroor dit werklik gaan

Cecilia ·

Wat n GRAP.
1 vd wereldste grrootste lugrederye is tot niet!
Verkoop d SAL asb tog aan (vir al wat ek omgee Harry Potter/ n Genie) want mens sal veiliger op n vlieende besem/mat wees as met daai klomp onnosele pilots wat net d rang drae omdat hy All Black is.

Johann ·

Is ministers se hoge salarisse en rojale voordele bekostigbaar en volhoubaar? 7

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.