SAL skuld vermoedelik miljarde in lenings

Argieffoto

Berigte Sondag dat Standard Chartered Bank geweier het om sy leningsfasiliteit met die SAL te hernu en dat die terugbetaling van dié lenings geëis word, is moontlik net die oortjies van die seekoei en die regering sal moontlik moet pa staan vir die rekening, het die DA gesê.

“Volgens ʼn terugbetalingskedule, het SAL aangedui R8,887 miljard is terugbetaalbaar in 2017/18, maar van die datums het reeds verval,” het DA-woordvoerder Alf Lees Sondag gesê.

Sleuteldatums wat reeds verval het, sluit die volgende in:
R300 miljoen verskuldig aan Standard Bank op 30 Desember 2016;
R1 miljard verskuldig aan Standard Bank op 30 Desember 2016;
R1 miljard verskuldig aan Standard Chartered op 27 Januarie 2017;
R1 miljard verskuldig aan ABSA op 8 Desember 2016;
R1 miljard verskuldig aan Standard Chartered op 22 Desember 2016;
R2,25 miljard verskuldig aan Various Phoenix op 28 April 2017; en
R800 miljoen aan Various GBF op 28 April 2017.

Lees het gesê hy sal Malusi Gigaba, minister van finansies, versoek om dringend twee belangrike vrae te beantwoord: eerstens, of die ander agterstallige lenings reeds terugbetaal is of die vervaldatum uitgestel is, en tweedens hoe naby die SAL aan wanbetaling is wat daartoe sal lei dat die regering waarborge sal moet uitreik.

“Al SAL se lenings word deur regeringswaarborge ondersteun wat nou R19,1 miljard beloop. Indien die SAL versuim om sommige van hierdie lenings terug te betaal, kan dit ander krediteure dwing om hul lenings terug te trek, en die regering sal dan moet inspring en betaal. Die geld sal uiteindelik uit die publiek se beursie verhaal word en kan ernstige gevolge inhou vir die algehele kredietgraderingstatus van Suid-Afrika,” het hy gesê.

“Die enigste manier uit dié gemors vir die SAL is om aansoek te doen vir besigheidsredding waar erge kosteverminderings geïmplementeer kan word.

“ʼn Suksesvolle besigheidsredding en die voorkoming van regeringswaarborge wat versoek word, kan lei tot ʼn volle, of ten minste ʼn meerderheid privatisering van SAL om seker te maak dat die SAL in die lang termyn oorleef en nog meer belangrik, om seker te maak dat die Suid-Afrikaanse belastingbetaler nie die R19,1 miljard in regeringswaarborge hoef terug te betaal nie,” het Lees bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Hansie slim ·

Dis die enigste uitweg. Privatiseer SAL en raak van die parasiete ontslae!

Gatvol ·

Is die miljarde Rande wat in afrika gebere is al teruggekry? Miskien moet maloesie ons inlig.

Marcus maximus ·

Ek hoop nie iemand vlieg nog SAA nie!N Goeie outydse boikot sal hulle dwing om n nuwe raad en ordentlike besigheidsbestuur toe te pas.

Ander Annie ·

Pravin wou sake beredder, maar hy is gekeer. Wat ‘n skreiende skande dat ons lugredery in so ‘n finansiële chaotiese toestand is. SAL behoort ons trots te wees. Wanneer gaan die wanbestuur en vermorsing van fondse ophou? Hoekom betaal ons nog belasting?

Cherokee ·

Dit is ‘n skreiende skande dat jy Pravin, wat ‘n gewese aanhanger van Umkhontho we Siswe was, wil ophemel.

MissDemeanor ·

Ek stem saam Annie. Of hy nou MK was of nie, maak nie saak nie. Ek meen hy wou veg vir demokrasie en vryheid. En tot onkangs het hy geveg teen korupsie.

Ander Annie ·

Pravin was ‘n uitstekende Minister van Finansies. Nee wat, los maar die skreiende skande vir die ander.

Alida ·

Mens wil hulle ondersteun, bespreek jou plek en betaal jou kaartjie net om ontnugter te word die dag met jou vertrek HULLE STAAK! Nee dankie!

Johannes van Staden ·

Vlieg nie SAA nie want hoe diens mens n vliegtuig as jy nie geld het nie …en ons weet by nou hoe hoog onderhoud of maintenance op die agenda is !

Joe ·

Ek stem, het nog nooit SAL gevlieg nie en sal ook nie. Dis net ‘n wonderwerk dat daar nog nie ‘n ramp was nie.

Alida ·

Hoekom wil jy so graag direk vlieg? Wees avontuurlustig en sien die wêreld! Vandat ons die eerste keer met Emirates gevlieg het, het ons nog nooit weer met ‘n ander lugredery gevlieg nie. Beste kos, beste diens, beste entertainment. Daar is wel ‘n paar stoppe en oorklimme na Perth, maar ons probeer altyd 2 of 3 dae iewers oorbly en so verbreed ons ons horisonne.

Tokkie ·

Alida, ek hou nie van vlieg. punt. Maar jy besef as jy jou kinders wil sien moet jy opoffer. Ek wil so gou moontlik van A tot B kom. Het al in die verlede stoppe gemaak. Nee wat.

Johann ·

Sal net graag wil weet wat was die SAL se finansiele posisie voor 1994 . En dit kan seker ook gevra word oor EVKOM. SAUK. TELKOM

MissDemeanor ·

Ek sal wed dat dit nie baie goed was nie. Soveel sanksies teen Suid Afrika. Suid Afrikaners se vermoe om te reis was ingeperk. Kom ons wees eerlik. Die apartheidsjare was eintlik nogals depressing en goor, selfs vir witmense veral as jy nie Broederbond was nie.

Jan ·

Enige idee hoe groot die gemors gaan wees post radikale ekonomiese transformasie??

Leendert ·

Dan raak die ANC witwarm hulle ‘n snuf in die neus kry dat iemand dalk terug na die verlede, pre-1994 en die goeie lekker sorgvrye dae, verlang. Kaalvoet in die reën, dit nou sommer ook in die aande sonder om in bewing te leef vir misdaad.

As jong man het ek sommer ‘n paar maal, na ons by die Lantern in Parow gaan fliek het, laataand huis toe, in Bellville, gestap. Per geleëntheid het ek en ‘n pel, in die Kaap gaan vlieg, die laataand sessie, toe ons die bus terug Bellville toe vat, het ons die laaste Bellville bus verpas, toe klim ons in Maitland af, anderkant die beraagplaas en stap die res van die pad Bellville toe, sorgvry, in die middel van die nag, en het ons die nie geniet nie, nou en dan voer ons sommer ‘n paar danspassies uit, te lekker.

Asmain ·

Raak ontslae van die witolifant…daar is genoeg ander lugrederye wat reg oor die wereld vlieg…die geld kan beter aangewend word!

Hennie ·

Hansie Slim se voorstel sal werk: raak van die parasiete ontslae❗

John ·

Wat op deeske aarde het hulle met al die geld gedoen? Waar is die geld inbetaal voor gebruik? In ‘n bodenlose put? Of in ‘n bank in Koebaai!

Jan ·

Die regering gaan betaal?? HaHa! Die belastingbetaler gaan betaal…

Poot ·

Daar is klaar sprake dat ons pensioen fonds gebruik gaan word om SAL te “red”.

popeye ·

‘n bevrydingsorganisasie kan nie regeer nie, allermins ekonomiese strategieë sinvol toepas nie. Hulle misluk gruwelik maar stem is gestem vir “freedom” geniet hierdie freedom in armoede. Hierdie freedom is gegee en nie afgedwing nie.

Johann Marx ·

Wie het aansoek gedoen vir hierdie lenings? En wat as sekuriteit aangebied? Is die SAL nie ook onderworpe aan die wetgewing wat vir ons almal geld nie, naamlik die krediet-wet? Het die instansies wat hierdie geld aan SAL geleen het, seker gemaak dat SAL dit sal kan terug betaal? En wie is “Various Phoenix”? Familielid van Nammawan?

Aitoggie ·

Nee, apartheid gaan die skuld kry. Hoor my lied! Hulle gaan sê dis skuld wat oorgeloop het van voor 1994. Daar sal wel verskonings wees.

Wanda ·

Cherokee, dankie dat jy dit so reguit stel, ek het al gewonder of ek die enigste een is, wat aan jou stelling grens. Jy praat waar.

Sus ·

Wys my asb één sukses van die ANC! Dis asof die spul mal raak as hulle geld sien.

Kay ·

Dis soos van julle gese het.Die geld is in iemand se sak soos in die geval van SAUK,ESKOM, SAW ; SPOORWEG, EN, EN
wanneer gaan dit stop.
WIe gaan dit keer ?

Stefaans ·

Gee dit vir die Guptas – dan kan ons almal op Waterkloof land, baie nader aan die huis.

jan van riebeeck ·

Hoe kan enigiemand in hulle “right mind” n persoon met die naam Dudu as hoof van SAL aanstel , asseblief man , julle kon mos verwag sy gaan dudu , meestal op die job

Uvonka ·

Jy moenie so pittig wees nie jan van riebeeck, onthou jy kry die skuld vir alles wat verkeerd gaan. LMGA!!!!

Daniel ·

Ek is jammer om dit te sê want ek is Blank en moet nederig en onderdanig wees maar kyk na die geskiedenis. Toe Noord en Suid Rhodesië verander na Zambië en Zimbabwe het hul ondergang begin. Angola, Mosambiek, Belgiese Kongo, Kenia en, en, en het drasties agteruitgegaan nadat die sogenaamde wittes uitgesluit is in die bestuur van die land. So ek glo nie dinge sal gou verander in die land nie, ons is nognie diep genoeg in ons mo.. in nie. Die SAL is al vir ‘n baie lang ruk in die moeilikheid en moes voorheen ook al uitgehelp word. As dit nie geld maak nie, maak dit toe. Is lekker om te sê SA het sy eie Lugdiens maar die arme belastingbetalers moet swaar leef asgevolg daarvan. Dit alles terwyl die aan die bestuur miljoene in hul sak steek en dan maar net skouertjies optrek en hoop die probleme sorteer hulself uit. Daar is 20 000 plase in die mark, baie verseker omdat die droogtehulp in andere se sake beland het maar hulle het genoeg verstand om dit te los as dit nie kan voorsien nie. Net ons Regering het nie genoeg verstand om Basiese Ekonomiese Beginsels nie te verstaan nie. Die SAL is ‘n bodemlose put waarin miljarde gestort word sonder dat daar enigiets positiefs daarvan kom, RAAK ONTSLAE DAARVAN.

Justice ·

Dit is `n klinkende voorbeeld van waarom “radikale transformasie” nooit sal werk nie.

Ouvrou ·

Stop hulle sakke vol op skuld. Daar is niks meer om te stroop nie nou leen hulle geld . Eks verstom dat die banke nog so dom kan wees. Ek sal nie my voete op een van daai vliegtuie sit nie want hulle val ook al seker by die tyd uitmekaar.

Eish ·

R3 300 000 000 wat geskuld word aan Standard bank alleen. Agterstallig. Dis waaragtig n gemors met die kornuite aan die bestuur van sake. Daar is darem seker uit die 40m huidig bevoordeeldes iewers die kundigheid beskikbaar? Uit die kornuite weet ons daar is eenvoudig nie.

charmaine ·

Gaan lees die berig op NEWS 24 dan behoort meeste vir julle sin te maak. Die SAA Chair Dudu Myeni is die nuwe vonkel in Zuma se oog. Hy beskerm haar want sy is ook op die JZ Foundation Board. En natuurlik is daar n Gupta vinger in die SAA “vlerk”. En waar is Dudu sy moet verantwoording doen en vat vir hierdie chaos. Die belastingbetaler kan nie vir nog n korrupte besigheid betaal nie, wanneer gaan ons dan ons geld terug kry?

Gatvol ·

Wat my verbaas van die banke en veral die “volksbank” van vroeër….wat nou ‘n baie kort naam dra. Jy is by hulle ‘n klient van die dag dat jou Ouma jou eerste spaarboekie oopmaak. Jy studeer later met ‘n lening wat jou Pa terugbetaal. Dan begin jy jou eie besigheid en open jou besigheidsrekening by hulle, koop jou voertuie deur hulle asook kommersiele en privaat eiendom. In hierdie tydperk – ongeveer 40 jaar pas jy jou rekening en kredietrekord by die bank soos goud op. Die afgelope 2 jaar het ‘n kultuur van laat betaal deur kliente ook in my besigheid die kontantvloei begin benadeel. 3 maande terug lewer ek fakture aan die bank om bewys te gee dat daar wel geld inbetaal gaan word op die 3de en 7de van maand en versoek dat die debietorders nie onteer word wat op die 31ste moet afgaan. Hulle terugvoer …….watter versekering kan ek bied dat hierdie fakture betaal gaan word al dan nie ???? Ek praat ook nie hier van miljoene nie. Dit gaan vir my oor ‘n beginselsaak.

Ben ·

Kom ons wees eerlik. Enige besigheid wat nie wins maak nie gaan tot stilstand kom. As SAL nie geprivatiseer word nie gaan hy tot nuut gaan – binnekort. Kan iemand so gaaf wees of hierdie Radikale Finansiel transformasie te defineer. Wat presies behels dit ????

zeno ·

So stort die eens pragtige land van ons stuk vir stuk in duie. ANC veroordeel apartheid,maar in daardie jare het ons nie die probleme en gemors gehad waarin die land verval het. Dit stop net nie, sal nooit SAL vlieg nie.

Tokkie ·

Hoeveel vliegtuie het al geval van SAL behalwe nou Helderberg. Dit was sabotasie. 0

Justice ·

My dogter het gisteraand met `n direkte vlug van SAL na New York vertrek. Nadat sy aan boord gegaan het is hulle meegedeel dat daar `n probleem met die vliegtuig is. Die vliegtuig kon eers 3 ure later vertrek en nodeloos om te se is al haar verbindingsvlugte nou verpas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.