SAL sou vliegtuie ‘vóór sakereddingsplan’ al verkoop

(Foto: Suid-Afrikaanse Lugdiens)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se sakereddingspraktisyns, Les Matuson en Siviwe Dongwana, sê die besluit oor die nege vliegtuie wat die sukkelende lugdiens nou te koop aanbied, is geneem vóór die rederye in sakeredding geplaas is.

Maroela Media het vroeër berig volgens ʼn advertensie op die nasionale tesourie se webblad het voornemende kopers tot 30 Januarie om aan te dui dat hulle in die vier Airbus A340-600-vliegtuie en vyf Airbus A340-300-vliegtuie van die SAL belangstel. Vyftien enjins, vier bystandkrageenhede en onderdele is ook te koop.

Die sakeredders sê die besluit vorm deel van die redery se deurlopende vlootbestuursplan om ontslae te raak van ouer vliegtuie en enjins.

“Die SAL se tenderproses vir die verkoop [van die vliegtuie] is weens verskeie redes vertraag, maar wel bespoedig nadat die SAL in sakeredding geplaas is,” het Matuson en Dongwana gesê.

Die meeste SAL-vliegtuie word steeds gebruik om op internasionale roetes te vlieg.

“In ooreenstemming met internasionale lugvaartneigings verkies rederye om vliegtuie te huur eerder as te besit – ʼn neiging wat die SAL ook gevolg het.”

Die opbrengs van die verkoop van die vliegtuie vorm nie deel van die R2 miljard-reddingsboei wat die redery al weer van die regering vra nie, het die praktisyns gesê.

Die DA het vroeër gesê dié eindelose bakhandstanery van die SAL kan nie onbepaald voortduur nie. Die SAL op eie stoom moet slaag, of sy deure sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

johan ·

Die skip sink nou met spoed en steeds het die anc regering en hulle president nie die insig om die saa te privatiseer nie,ek kan dit nie verstaan nie duidelik n bewys van hulle onbevoegdheid.

Christo ·

Onthou net een ding: Die ANC regering is MEESTERS van ontkenning…….hulle sal nooit erken dat alles waaraan hulle die afgelope 25 jaar geraak het, totaal misluk het nie………..
Net so sal hulle ook nooit hulle eie onbevoegdheid erken nie.

Frik ·

Iemand in die regering het op ‘n tyd gesê SAL is van nasionale belang en sal nie ontbind word nie.
Toe besef ek, natuurlik is dit. Hoe dan anders smokkel SA diplomate geld en diere parte oorsee, en hoe kom die Louis Vuitton sakke vol geld terug in die land in?

Strandloper ·

Wonder soms of die publiek ook kan inskryf vir die “lekker lieg kompetiesie”. Dit is baie onregverdig as net staats instellings mag deelneem. Die pryse is baie aanloklik.

aj ·

Die ANC diktators kan nie die internasionale lugvaartbedryf BEHEER nie.

Boelie maar die boere met grondonteiening totdat die KOS opraak …

Boelie maar die myne en industrië totdat hulle sluit en die miljoene werkloos word ….

DÁN eers sal die uitgehongerde werklose massas wraak neem op die ANC regime!

Realis ·

Hulle sal nie wraakneem op die ANC nie. Hulle gaan vertel word dis Jan en die ander blankes se skuld. Dan kom die wraak ons kant toe. Slaap wakker.

Christo ·

Ons is vasgevang in die web van kommunisme. Privatisering is uit. Nasionalisering is in. Afbreek van alles is deel van hul ideologie en net die elite leef in die vettigheid van die land. Kyk deur hierdie bril, dan sal jy meer verstaan wat in ons land aangaan.

Jimmy ·

Die ANC kaders gaan die vliegtuie spotgoedkoop koop en dan teen ‘n stewige wins verkoop of weer verhuur aan die SAA.

Koos B ·

Ek het presies dieselfde gedink.Of dit of die korruptes gaan miljoene op een of ander manier in hul sake sit.

thelsa ·

Net om miskien perspektief daarop te plaas….
Die gesamentlike batewaarde van die A340-vloot – (as hulle ‘n gewillige koper vind) is 160 miljoen Amerikaanse dollar – wat neerkom op ongeveer 2,4 miljard rand.

Dit is minder as die helfte van die jaarlikse verlies van die SAL
Hulle het nou 2 biljoen rand nodig net om aan te hou vlieg – sonder in agneming van hul huidige probleme … …

Siener van Melbourne ·

Die SAL moet nóu duikbote koop dis net die regte voertuig om die diepte waarin hulle verkeer te hanteer.

Swerwer ·

Kyk nou mooi. Minder vliegtuie en enjins,dus minder onderhoud personeel en ander poste nodig. SAL sal nie mense afdank nie,dit is deel van die probleem…TE VEEL MENSE WAT DAAR WERK of sal ek se wat nie werk nie en n salaris kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.