SAL staak vlugte na Mauritius

Mauritius (Foto: Unsplash)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Maandag sy vlugte tussen Johannesburg en Mauritius gekanselleer weens gure weer wat verband hou met die tropiese sikloon Calvinia in die omgewing van Mauritius.

SAL het in ’n verklaring gesê vlug A190/MK950 vanaf Johannesburg na Mauritius en vlug SA191/MK949 vanaf Mauritius na Johannesburg is vandag gestaak.

Luidens die verklaring word daar verwag dat vlugte tussen die twee bestemmings teen Dinsdag hervat sal word.

Die lugredery het ook besluit om ekstra vlugte Dinsdag by te voeg om soveel moontlik passasiers te kan vervoer wat deur vandag se kansellasie geraak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.