SAL-staking: ‘Ons gaan nie lê nie’

Foto: ANA

Bedrywighede by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het na normaal teruggekeer, maar die South African Cabin Crew Association (SACCA) sê hy sal nie die stryd laat vaar nie.

Nagenoeg 50 van SAL se vlugte is Woensdag vertraag of gekanselleer nadat kajuitpersoneel gestaak en geëis het dat hul internasionale kostoelaag van $130 (R1 710) na $170 (R2 236) verhoog word.

Die SAL het egter ’n tussentydse bevel van die arbeidshof in Johannesburg verkry dat stakende lede hul werk moet hervat.

Saza Sibanyoni-Mugambi, president van SACCA, het gesê hul lede het teruggekeer werk toe om die wet te respekteer. “Ons regspan is egter besig om die hersiening op te stel. Ons is net nie seker wanneer dit reg sal wees nie,” het Sibanyoni-Mugambi, gesê.

Volgens die SAL se beëdigde verklaring was die staking onbeskermd. Die lugredery het gesê hy is bereid om verder met SACCA te onderhandel deur middel van ʼn gefasiliteerde proses oor die volgende twee maande.

“Ons hoop dat ons ʼn vriendskaplike ooreenkoms met die vakbond sal bereik wat kajuitpersoneel betref, terwyl ons die finansiële volhoubaarheid van die lugdiens beskerm,” het die SAL gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

Gaan maak vir DUDU wakker en vra vir haar waar die miljarde is wat sy die SAA aan verliese kos? Maar nou ja: hier kom klippe op.die aanloopbaan en vliegtuie aan die brand?

Hugo Diedericks ·

Geen wonder hulle is almal oorgewig nie, hoeveel moet jy eet om $170 n dag op te eet?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.