SAL stel waarnemende hoof aan

Argieffoto

Argieffoto

Nico Bezuidenhout is as die waarnemende uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) aangestel, het die lugredery Saterdag gesê.

Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad, het gesê Bezuidenhout se aanstelling kom nadat Monwabisi Kalawe uit die pos geskors is.

Bezuidenhout, uitvoerende hoof van Mango, het voorheen in die pos waargeneem voor Kalawe in April verlede jaar aangestel is.

Die Mail&Guardian het Vrydag berig dat Myeni blykbaar nie gehoor gegee het aan Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, se beroep dat Kalawe se skorsing teruggetrek word nie.

Brown het aan die koerant gesê dat sy antwoorde van die SAL-raad geëis het oor hoekom hulle nie vir haar luister nie en het Myeni versoek om haar skriftelik te antwoord. Myeni het glo ʼn noue verhouding met president Jacob Zuma.

Volgens die berig het Myeni haar verhouding met Zuma as ʼn vriendskap beskryf en het sy ontken dat dit ʼn botsing van belange in haar rol tot gevolg het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

alet ·

Almal wat n verhouding het met Zuma is n mislukking in die lewe wie gaan teenskop daar teen

Ludwig ·

Net n vriendin van Zuma? Mmmmm. Interessant. Laat mens dink

JdeW ·

Ai Nico maak vir SAL weer winsgewend ek dink Dudu het n geld nodig om ‘n karavaan en ‘n swart merc met blou ligte te koop om te Dudu met zumu.

ekke ·

Ai ai ai. Die witman is soms ook maar toe! Lees mooi. Die selle broer – het waar geneem – en toe kry hy die trekpas sodat die, die pos kon vul. Toe moet hy sy tassie pak en toer! NOU dat daar hulp nodig is, is hy weer goed genoeg. Nee werklik.!! Los dat hulle,hulle eie heil uitwerk…want welliswaar – daai blanke man gaan net soos daai heil ook uitgewerk word om net weer plek vir NOG ‘n onbevoegde te maak. Zum het haar seker gesê – hier word dit warm. Ek dubbel jou pay, bedank dan trou jy met my en jy is gesort. Nog een vrou by sal nie skade doen nie. En jy het al die voordele. Nou ja toe toer sy…en case closed. Zum wen die een ook.

neels ·

Die SAL het baie meer nodig as n waarnemende CEO. Dit moet geprivatiseer word, en vinnig ook. Die raad se oog is politiek en nie op die bal nie, jy kan dit nie in lugvaart bekostig nie. Dit gaan uitloop op n vlugramp.

Marlene ·

SAL het meer as n waarnemende CEO nodig. Hulle moet privatiseer en gou ook. Al die goeie manne gaan oor 5 jaar op pensioen en ek wonder wie gaan dan die vliegtuie diens, want die ander het nie kwalifikasies nie en as hul eksamen skryf druip hulle. Ons vliegtuie gaan soos vliee val.

Leeutjie ·

Hoekom kry ek die gevoel dat hierdie net weer ‘n tydelike aanstelling kan wees en dat daar ‘n bietjie op Nico Bezuidenhout se rug gery gaan word vir sy kundigheid met die aanstelling?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.