SAL-terugvoer gekanselleer toe ANC en DA koppe stamp

Argieffoto

ʼn Inligtingsessie deur SAL aan die parlementêre komitee oor finansies is Woensdag gekanselleer nadat ANC- en DA-LP’s koppe gestamp het oor of die vergadering vir die publiek geslote moet wees of nie.

Thandi Tobias, waarnemende voorsitter van die komitee oor finansies, het SAL-hoofde verhoed om die lugredery se uitslae vir die vierde kwartaal voor te lê en gesê ʼn besluit is tydens die vorige vergadering van die komitee geneem dat die sessie geslote sal wees. Die DA meen egter só ʼn besluit is nooit geneem nie.

Tobias het gesê die komitee se sekretariaat moet eers die klankopnames van die vorige vergadering verkry en die besluite verifieer wat tydens die vergadering geneem is. Intussen moet die SAL-bestuurslui terugvlieg Johannesburg toe.

“Sodra daardie inligting geverifieer is, kan die vergadering voortgaan. As daar enige dokumente is wat reeds hier voorgelê is, moet dit onmiddellik teruggetrek word,” het Tobias gesê.

DA-LP Alf Lees het geweier om sy geskrewe voorlegging van SAL terug te gee waarna Tobias die parlement se veiligheidsdienste ontbied het om die dokumente te kom terugeis.

Lees en sy mede-DA-LP, David Maynier, het egter vertrek voordat die sekuriteitsbeamptes opgedaag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sp ·

Ek hoop nie die belastingbetaler moet opdok vir hierdie mislukte poging nie. Sou die onkoste uit ANC lede se persoonlike beursies verhaal word, sou hul vinnig voortgegaan het!

Leon ·

Regtig??
“Juffrou, Jannnie het my boek gevat” daai optrede hoort by kleuter skool kinders, NIE by volwassenes wat PROBEER om ‘n land te wil regeer nie!!!!

zoom zoom ·

Watter lekker vinnige uitstappie en dit op belastingbetallers se onkostes. Seker ook net die beste sitplekke en kos met lekker wyn daarby gekry

Mrs H ·

Aai die chippie op die skouer darm. En die dringendheid van die saak dra geen prioriteit nie… Dis alles so tevergeefs te laat, want die sondes is te groot om nog langer agter geslote deure te bespreek, en die skandes en skaamte maak dit net erger en verduidelik die optrede. Wie se korrupte naam gaan nou weer uit kom as hierdie saak openlik bespreek word? Vlieg maar eerder terug en speel met tyd en nog n bietjie belasting geldjies, want iemand sal WEL mos weer gee as daar niks meer is nie ne. Maak SAL van kant. Maak toe en sluit permanent asb?!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.