SAL verdedig uitkontraktering van lyfwagte vir R35 m

SAL-SAA-Airbus-A330-243

Drie van SAL se Airbus A330-243 vliegtuie staan by Heathrow-lughawe in Engeland in 2012. Foto: Alex Beltyukov/RuSpotters Team/Commons.wikimedia.org

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Dinsdag die uitkontraktering van lyfwagte vir talle SAL-hoofde, wat glo R35 miljoen gekos het, verdedig.

Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van SAL, het tydens ʼn inligtingsessie gesê die uitkontraktering van die lyfwagte is gedoen ná SAL-hoofde, wat onregmatighede binne die lugredery ondersoek, dreigemente ontvang het.

“Sommige van die hoofde ontvang sedert Desember verlede jaar, sedert die ondersoek begin het, dreigemente,” het hy gesê. “Die dreigemente is by die polisie aangemeld. Ek het die raad genader en vir hulle gesê daar is ʼn moontlike gevaar [dat SAL-hoofde geteiken word]. Ek het in ag geneem wat die vlakke van vertroue in daardie stadium by die lugredery was, en was van mening dat die dreigemente ʼn kwessie is wat deur die raad hanteer moet word.”

Hy sê die raad het toe die besluit geneem om lyfwagte vir die SAL-hoofde uit te kontrakteer.

Jarana het gesê die 35 miljoen wat glo oor ʼn tydperk van twee jaar aan dié veiligheid spandeer sou word, is “hipoteties”. Hy het gesê hy kan nie gedetailleerde inligting oor die kontak met die veiligheidsmaatskappy, geïdentifiseer as Control Risks, bekend maak nie, aangesien sommige van die SAL-hoofde dan geteiken mag word.

Hy het ontken dat die kontrak tussen SAL en die veiligheidsmaatskappy enige onregmatighede bevat en dat dit ten koste was van personeel wat deur afleggings in die gesig gestaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Linda ·

SAL het ernstige finansieele probleme soos almal weet. Uitkontraktering asook privatiseering is NIE die regte antwoord hier nie. n Hele transformasie moet plaasvind, daar is nie die regte en genoegsame personeel vir so n groot stap nie !!!! Jammer om ons land se luredery so te sien onder gaan, terwyl almal op die gravy boat ry !!!!

ferdi ·

Lyfwagte asblief dis om van naar te word iemand skep weer soos gewoonlik

Manie ·

In die nuwe SA is die meerderheid ewe skielik vreeslik bang vir hulle eie meerderheid.

Veens ·

Hoeveel Rand per persoon wat beskerm word op staatskoste effektief? Wat hoeveel boere beter sou kon beskerm, wat per capita elkeen seker tien keer meer bydra tot die Republiek van Suid-Afrika se ekonomie.

snoefie ·

as hulle nie soveel aanjaag nie, sal hulle nie hulle eie skaduwees vrees nie. as hoë’s of lae’s lyfwagte moet hê of hulle munisipale hoë’s, sal, denel of da hoë’s is, moet hulle self daarvoor betaal

Gerhard Bezuidenhou ·

Maak die bankrot besigheid asb. vir ewig toe . Dit is onredelik en krimineel om te verwag dat die belastingbetalers hierdie redery vir so lank teen n enorme koste kunsmatig moet onderhou . Enige ander privaat besigheid sou lankal reeds sy deure gesluit het .

anti verrotting ·

Jy het net ‘n lyfwag indien jy skuldig voel? Bang jy word uitgevang en uitgehaal?

Mrs H ·

SAL sal beter af wees sonder “die hoë’s” wat die plek rot en kaal tot in die grond gedryf het. Waarvoor verdien Só ou beskerming?

Allan ·

Ek as blanke word ook bedreig, ek soek ook lywagte, wat van 28 soos Zuma

Casper Labuschagne ·

Lyfwagte vir die hoofde van die SAL? Duidelik weet die topbestuur meer van die negatiewe ervaringe van SAL se passasiers rakende diens as wat die SAL se blink reklameveldtogte weergee, gevolglik is hul lyfwagte nou noodsaaklik.

Gert ·

Donker omgewing word gekenmerk deur wisselwerking. Uitkontraktering na konsultasiedienste [gebrek aan kundigheid, metings en projekbestuur], iinstanhouding [moelik opvolgbaar, swak kwaliteit en projekbestuur] en sekuriteitsdienste [noodsaaklik en nie meetbaar nie] verhoog bedryfsuitgawes wat negatiewe geldbestuur verder in die hand werk. Uiters kommerwekkende situasie vir etlike jare reeds. Menere, gebruik dinamiese kundiges wat regtig gemotiveerd is. Regstellende aksie het bewys dat kwaliteit agter gebly het. Mentorskap beslis nodig.

MAAK TOE ·

Hoe verdomp belaglik, hulle het nie geld nie maar hulle HUUR LYFWAGTE?? AG nee wat . vir my part kan die SAL ondergaan . elke keer as ek na kwotasies kyk is SAL die DUURSTE .. dit terwyl sy diens die SWAKSTE is .. en die diskriminasie en houding van die staff die meeste van alle lugdienste .. so ek wens die vrot plek wil toemaak en klaarkry .. HOU OP GELD MORS!

HPV ·

Hoe gouer die SAL ondergaan hoe beter vir die belastingbetaler, dit sal in elk geval gou deur ‘n privaat lugredery vervang word. Dan is ons ten minste ontslae van een van die grootste geldverkwisters in die land. Die volgende is Eskom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.