SAL-verliese nou R4,5 miljard

Argieffoto

Die verliese van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), wat reeds in ʼn finansiële verknorsing is, beloop nou R4,5 miljard, aldus dokumente wat by die parlementêre komitee oor finansies ingedien is.

“Die nuwe syfer van R4,5 miljard is beduidend hoër as die R3,5 miljard van 10 dae gelede en die R1,7 miljard van September 2016,” het ʼn lid van die komitee, DA-LP Alf Lees, Maandag gesê. “Dit is ʼn toename van R1 miljard binne 10 dae en R2,8 miljard binne ses maande.”

Lees het gesê hy verwag die verliese sal nog verder vermeerder, aangesien die 2016/17 finansiële jaar Vrydag, 31 Maart, tot ʼn einde kom.

Die SAL sal na verwagting Woensdag voor die staande komitee verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

lw ·

Die ANC probeer hul skandale toesmeer met Zille. Liewe hemel, geen staatsdepartement funksioneer meer sonder wanbestuur en geldverkwisting!

Daniel ·

Dit hou net aan en aan en aan, belastinggeld in ‘n bodemlose put #ANCFAIL

Kaspaas ·

Dis mos nie n probleem die 4 miljoen belasting betalers kan mos meer betaal om nog kaders in beheer te hou. Dis seker howkom Zuma vir Pravin terug geroep het om van hom ontslae te raak sodat hulle die staatskas kan plunder

tamboti ·

Ja! ” how high can you fly SAA?”
– Not even the sky is the limit!!”

Alida ·

Niks verbaas mens meer nie. Met n st 3 nar aan die stuur verwag jy soiets.

Marietjie ·

Die rede hoekom zuma net st3 het is nie omdat hy nie bevoorreg was om skool toe te
kon gaan nie, hy was reeds op 14jarige leeftyd in die tronk 1963, mense oor 55jr kan
nie werk kry nie, is kastig te oud, maar hy is 74jr oud en president van SA en ANC, dit
verbaas my dat die kerke swyg, niemand instaat is om hom van sy amp te onthef nie
en loop met honderde kriminele klagtes skotvry rond. JOKE !

Johanna Botha ·

So diep in die skuld ..genade die gemors raak net groter en groter wat het gebeur van die 90 dae omdraai plan hebe …..seker meer n 90 jaar plan …kan hulle nog die vliegtuie diens wonder mens net

Chris Ws ·

As die’ regime net hul oge wil oopmaak vir ‘n slag en SIEN die enigste redding vir die hopelose SAL is VERKOOP die drek.

Ramkat ·

Die SAL as n KONSEP is niks mee verkeerd nie. Daar.bestaan tientalle soortgelyke KONSEPTE wat bevredigende winste oplewer.
Die SAL kan op sigself niks op dees aarde doen nie. Ek vergelyk hier, ter illustrasie alleen, dat daar geen hand vuurwapen bestaan wat geheel onafhanklik en op sy eie iemand doodgeskiet het nie. Iemand moes.dit hanteer het sodat dit kan gebeur.
Die SAL is oor n hele aantal jare deur swakkelinge wat feitlik geen opleiding het “bestuur” van die wal in die sloot in.
Die klaarblyklike oplossing is dat n sterk persoonlikheid met deeglik opleiding en kennis, wat nie n kaders is of aan politieke inmenging blootgestel is, die geleentheid moet kry om n behoorlike uitvoerbare omkeer plan met haalbare tydskale, moet opstel en toegelaat moet word om dit te implimenteer al neem dit n jaar of wat.
Die enigste agenda wat mag bestaan is die om keer van die SAL. GEEN verpligte BEE en ander politieke gedrewe oorwegings moet ter sprake wees, slegs meriete en prestasies.

REAList ·

Dit blyk dat julle nie besef die SAL is maar net nog ‘n plek waar ANC kaders in diens gehou word.
Die plek is oorvol van hulle.
Dis al gesê hoeveel meer mense het hulle in diens per passassier as die res van die wêreld se lugrederye.
Nes ons staatsdiens, parlement, Zuma se lyfwagte ens. Almal is oorvol met mense.
Die ANC verstaan werkskepping se konsep gladnie.

Boela ·

Maar dit is mos presies wat gebeur wanneer ‘n spul gedekoloniseerdes die stuur van ‘n koloniale uitvinding soos ‘n vliegtuig neem!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.