SAL-vlieënier in hof oor lisensie

William Chandler. Foto: Facebook

Die voormalige vlieënier van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat glo nie die vereiste lisensie gehad het nie, het Maandag in die landdroshof in Kempton Park verskyn.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het bevestig William Chandler het hom Maandagoggend in die teenwoordigheid van sy regsverteenwoordiger aan die polisie by die OR Tambo-lughawe oorgegee.

Chandler het hierna op aanklag van bedrog in die hof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Hy moet weer op 15 Mei in die hof verskyn.

Chandler het bedank nadat hy glo voorgegee het dat hy ʼn lugdiensvervoer-vlieglisensie (ATPL) het, terwyl hy net oor ʼn kommersiële vlieglisensie beskik het. Hy het meer as 20 jaar lank vliegtuie gevlieg.

SAL het vroeër gesê die kwessie het onder sy aandag gekom ná ʼn ondersoek na ʼn voorval op 6 November toe vlug SA260 na Frankfurt, Duitsland, atmosferiese versteurings teëgekom het terwyl dit oor die Switserse Alpe gevlieg het.

Dit het daartoe gelei dat die vliegtuig se enjin vinniger gedraai het en ʼn regstellende maneuver is uitgevoer om stabiele vliegtoestande te herstel. Die vliegtuig het veilig in Frankfurt geland en ʼn ondersoek is na die voorval begin.

Die ondersoek het bevind die vliegtuig was lugwaardig, dat sy lading aan gewig- en balansperke voldoen het en dat alle onderhoudskontrole op datum was.

Die bemanning wat betrokke was by die voorval is aan ʼn deeglike beoordeling en herevaluasie onderwerp.

“Tydens die ondersoek na die voorval het die SAL agtergekom dat een van sy vlieëniers, ʼn senior eerste offisier wat in beheer van die vlug was, valslik beweer het dat hy ʼn ATPL het terwyl hy net oor ʼn kommersiële vlieglisensie beskik het,” het Tlali Tlali, woordvoerder van SAL, gesê.

Die SAL vereis dat al sy vlieëniers binne vyf jaar nadat hulle vir die lugdiens begin werk het ʼn ATPL moet bekom.

Volgens Tlali is die vlieënier teen ʼn hoër salarisskaal bevorder en vergoed weens die wanvoorstelling en daarom het die lugredery ʼn strafregtelike klag teen hom aanhangig gemaak.

Die Burgerlike Lugvaartowerheid ondersoek ook die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

leser ·

hyt niemand seergemaak of vliegtuig beskadig nie, was 20 jaar lank ‘n suksesvolle vlieenier wat geen kanse met die vliegtuie gevat het nie, waarom moet hy nou opdok
reg gee hom ‘n boete, maar dis nie nodig om al sy salarisse en oortyd te vat nie
wees hom genadig, hy het net hom en sy familie aan die lewe gehou
kyk na sy diensrekort, ek glo julle gaan min kry om hom so skuldig te bevind

kyk gerus na al die vlieeniers en 2de in bevel se vlieg geskiedenis, voor julle hom wil seermaak, daars baie wat vliegtuie skade aan gedoen het

Philippus Janse van Rensburg ·

Maar hy kan ‘n vliegtuig vlieg? En nie een van sy vorige/huidige base kom ooit in die hof oor korrupte gedrag nie?

jakes ·

Ag kom nou, nogal SAL wat hom aanvat. Hoekom word daar niks aan gedoen dat SAL met meer as 50% oorbevolk is met werkers nie? Of dat hulle miljarde rande van ons belasting geld gebruik om die lugdiens aan die lewe te hou nie? Vervang hom met n swart loods asb en dan kyk ons of SAL beter funksioneer?

wraggies ·

Hy het ‘n lisensie en gebruik nie ‘n Louis Vuitton handsak vir omkoopgeld nie, soos ‘n sekere oud voorsitter van sy lugredary nie. Wanneer gaan die vorige voorsitter in die hof verskyn vir dié asook ander misdrywe?

honourable member ·

Hoe is hy aangestel sonder die nodige kwalifisies en nou na 20 jaar het hulle n probleem. As ons aanstelling by die werk doen word alle kwalifikasies deur SAQA bevestig so enige vervalse kwalifikasie sal baie gou uitgewys word, nou hoe is daar so opgeslip met syne. Iewers moes dit bevestig word. Nee wat hierdie ou sal maklik sy saak op n tegniese punt wen. Ek wonder net soos altyd as dit nou n nie-blanke vlieenier was of daar nog so ophef gemaak sou word.

Jack Sadie ·

Ons kla altyd dat die politici rassisties is. Nou sê sommige , ” as hy swart was…” Bog. Die man het bedrog gepleeg om meer geld te maak. Hy moet nou sy pak vat.

Chrisjan ·

Diegene wat in gebreke gebly het om sy dokumentasie te verifieer moet sekerlik tog ook “ondersoek” word?

alida ·

Net sy ervaring is genoeg om hom te los. Hoeveel by SAL het 20 jaar ervaring en is nie korrup nie.

Sonja ·

En die wat hom aangesel het en sy kwalifikasie moes nagaan? Wat gaan van die persoon word? Wys jou net hoe dit nagegaan word. Nou lees ek laas week almal na kwalifikasies word nou nagegaan. Hoe in die 1ste plek het hy daar gekom, aangestel deur wie? Voel ook hy het niemand skade gedoen nie! Daar is n groot leemte dit moet dalk vervolg word of nog n ondersoek taak span moet aangestel word!!

GELUK ·

Ag weet jy 10 uit 10 vir jou .. dit is net omdat jy wit is dat jy vervolg word .. jy was fantasties in wat jy gedoen het en het duisende mense veilig by hulle gestemming gebring oor baie jare .. As die lugvaartowerhede dit nie opgevolg het in TWINTIG jaar nie is dit nie jou skuld nie . jy kon die werk doen .. so moenie slegvoel nie . eergister het amper 200 mense in ‘n vliegtuigongeluk gesterf waar die vlieenier AL SY PAPIERE het . so good for you ~!~ ONTHOU NET DIE STRAFREGTELIKE KLAG TEEN HLAUDI EN AL DIE ANDER SKELMS WAT HOE SALARISSE GEKRY HET EN BEWEER HET HULLE IS GEKWALIFISEERD .. ASB .. ONS SOEK HULLE KOPPE OOK OP DIE BLOK.

lh ·

Die man verdien om vereer te word met ‘n medalje!!!
Sterkte William Chandler!

alida ·

Los die man uit dat hy sy werk doen. Julle spul by SAL is almal onder verdenking.

Ellisras ·

Moordverdagte in Polokwane kry R1000 borg. Hierdie man wat ‘n vaste adres het, eiendom besit moet R5000 betaal.
Iets klop nie.

Blommie ·

Ek kry hom jammer, hy is WIT en hulle gaan nou weer probeer o voorbeeld maak van de wit man, HOEVEEL amptenare was kamstig afgedank oor hulle nie die nodige kwalifikasies het toe Malema bohaai maak daaroor nie. Hoeveel van hulle was aangekla en vasgevat, nee hulle was dooooodeenvoudig na ander departemente gestuur.
Dis net weer eens aanslag op die wit man.

Jepetto ·

Maroela leesers hou die storie dop SAL het al jare lank geweet hier van dis nog net die oortjies van die seekoei wat ons weet

Nella ·

Hoe word iemand bevorder na ‘n hoër salarisskaal maar kwalifikasies word nooit nagegaan nie? Tog is SAL ook skuldig hier. “Wanvoorstelling” – regtig??? Hoekom gaan niemand hierdie goed na voor salarisse verhoog word nie? So maklik om net een persoon die skuld te gee – ja ek verstaan dit was ook sy verantwoordelikheid maar deels ook SAL sin.

Jean ·

Stem saam …dit het nie lank gevat om hom voor n hof te kry vir bedrog nie…en die ander fat cats wat die land bankrot gemaak het sit rustig en gaan aan business as usual…
Nee wat 2 stelle wette wat hier in werking is..een vir ons en een vir hulle.
Ekt iewers gehoor daar is glad nie n groot verskil tussen die tipe lisensie nie..eintlik net papierwerk…maar nou ja

Michael ·

Dudu en haar trawante het SAL verwoes tot dat daar nie meer n lugdiens oor was nie. Miljarde rande gemors en. geplunder hulle loop skot vry rond lewe in weelde en die ou is sommer gou in n hof. N mens met 20 jaar ondervingding en geen foute gemaak nie Nou vra ek wat se ondervingding het Dudu gehad om aan stuur van. sake te wees van so n groot instansie ? Ek weet nie meer nie .

alida ·

Hy het sy werk gedoen SAL het hom betaal en bevorder hoekom sou hy dan nou ‘n slapende hond wakker maak. As dit pap reen moet jy skep. Hoop hy behou sy werk.

George ·

Wat van die duisende in die staatsdiens en ander plekke wat ook bevorder is sonder ENIGE kwalifikasies ? Weet selfs van ‘n staatspresident! Dan is daar ook nog doktore, generals ens. ens ….

Jeremia ·

Kolskoot! Dis hierdie gebrek aan kundigheid wat land in sy peetjie het.
En dit ou sous sleep ons ná 20 jaar net nog dieper in die gemors.
Al gierigheid en gulsigheid is nou gemik op allerlaaste bates: pensioenfondse, Reserwebank, grond ens. ens.

Herman ·

Hierdie man het ‘n vlieglisensie en 20 jaar plus ondervinding. Watter beter vlieënier wil jy hê? Wat gaan ‘n enkele papiertjie nou enigsins verskil maak? Dit sou ook maar net bevestig het dat hy weet wat hy weet. Op die ou einde is ondervinding die ding wat tel. Ek vlieg veel eerder saam met hom as met enige BBBEEEEEE loods op welke vlugte ek al menigmale doodbekommerd was dat ons wel ons bestemming veilig sou bereik. Die SAL behoort tog sekerlik ‘n stelsel in plek te hê om vlieëniers deurlopend te toets en aan taakwaarnemings te onderwerp ten einde te verseker dat hulle skerp bly. Sou hierdie ou enige gedeelte van sy inkomste moes terugbetaal, buiten ‘n geringe tikkie op die vingers of ‘n geringe boete, kan daar sekerlik van die totale bestuurskader van die SAL sedert 1994 verwag word om in gelyke verhouding terug te betaal omdat hulle die SAL so in sy maai in bestuur het. Wys my waar kan enige bestuursraad waarvan die raadslede oor die regte kwalifikasies beskik en die beste kandidate is met die beste ondervinding ‘n organisasie so herhaaldelik ten gronde laat gaan sonder dat daar GROOT wanpraktyke by betrokke is. Wys my eers waar het hulle terugbetaal voordat daar ‘n vinger gewys word na iemand wat niemand enige skade aangedoen het nie.

Andre ·

Nota aan : SAA/SAL People only respect
what you inspect.
Was sy toesighouer te besig met ander
“sake” die afgelope 20 jaar ?

George van Bloem ·

Die skokkende dubbele standaarde ook in die geval ,nes soveel ander maak ‘n grap van hierdie vervolging. Maar nou ja,dis mos hoe dit maar deesdae is met die twee stelle reels wat heers in hierdie rasbehepte piesangrepubliekwaar die narre die septer swaai.

Alida ·

Eintlik moet ons n fonds stig sodat hy die beste Adv in SA kan kry en die spul op hulle plek sit. Gatvol vir die klomp skelms.

Koos ·

As jy wit is en jy sien hoe die wind waai met regstellende aksie, Wat ANDERS kan jy doen as om kreatief te wees wanneer jy werk soek? Mense wat dié man veroordeel, weet NIKS van by die huis sit en sit en sit en daars GEEN sukses met werk soek nie, NET omdat jy wit is.

Cherokee ·

Ek roep nou in geheue terug van mense wat in hoë posisies aan die spits van die land was en deur die media as dr. aangespreek was totdat dit bewys is dat hul kwalifikasies vervalsings was. Het nooit gelees dat ‘n persentasie van hul inkomstes terug geneem is omdat hulle gelieg het, nie. As die munt omgedraai word, moet erken word dat Jakop Zuma se grade darem eerlik verwerf is; graad een en graad twee.

Arrie ·

Wie is die pop wat hom aangestel het…wie is sy baas?? Hierdie onbevoegtes verdien n gatskop. Ek is seker nie een van die spul het al ooit n kite gevlieg nie.

Burger ·

Sy base het seker nou eers basiese leesvaardighede bemeester. Die dat hul nou eers iets raakgelees het…na 20 jaar.

Koos ·

Ek het ook met ‘n skenterslag werk gekry: behalwe vir my wit velkleur, het ek gedurig gehoor my 2 universiteitsgrade maak my oorgekwalifiseerd of dat dit irrelevant vir die huidige arbeidsmark is. Ek het dus my CV gedokter: 1 jaar militêre diensplig het ek verander na 2 jaar en 4 jaar op universiteit het verander na “spent 3 years at university”. NIEMAND het my ooit daaroor uitgevra nie en uiteindelik het ek wel ordentlike werk gekry.
So mens kry nie net werk deur kwalifikasies by te lieg nie: kwalifikasies weglieg help ook.
Kortom, as jy wit is in SA en jy kan nie emigreer vir beter werk nie, MOET jy eenvoudig “buite die boks” dink om maniere te kry om hier te oorleef.

Gideon ·

Dit is nou regtig nie so erg nie! Die man het sy lisensie net nie die een wat die SAL mens laat vlieg vir 5 jaar en dan moet jy hom wys nie!,
So is dit nou regtig so erg!
Ek dink ons moet begin om SAL te boikot soos Spur!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.