SAL-vlieënier kry borgtog ná ‘padwoede-moord’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vlieënier van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) wat daarvan beskuldig word dat hy Louis Janse van Rensburg (53) tydens ʼn vermeende padwoede-voorval doodgeskiet het, is op borgtog vrygelaat.

Jaque Etienne van Tonder (44), wat voorheen ook in die Suid-Afrikaanse Lugmag gedien het, is op borgtog van R10 000 vrygelaat. Van Tonder is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy Janse van Rensburg glo tydens ʼn vermeende padwoede-voorval in Bonaero Park aan die Oos-Rand doodgeskiet het.

Van Tonder, ’n pa van twee, is Donderdag deur sy vrou en nog twee mans in die hof ondersteun. Piet du Plessis, Van Tonder se regsverteenwoordiger, het namens sy kliënt ʼn beëdigde verklaring aan die hof voorgelees. Van Tonder voer in die verklaring aan dat hy sy twee kinders, 10 en 14 jaar oud, Woensdagoggend skool toe geneem het.

Volgens Van Tonder was hy nog naby aan sy huis toe hy ʼn man in ʼn Isuzu-bakkie opgemerk het wat glo handgebare gemaak het. Van Tonder het gesê hy het gedink die man het hom vir iemand anders misgis.

Van Tonder voer aan hy het stilgehou waarna Janse van Rensburg ook stilgehou en na hom toe geloop het. Janse van Rensburg het hom glo op ʼn onbeskofte en aggressiewe wyse aangespreek en ʼn idioot genoem. Volgens Van Tonder was daar niks fout met die manier waarop hy bestuur het nie en Janse van Rensburg het hom glo aan die hare getrek en in die gesig geslaan. Van Tonder het gesê sy kinders was histeries.

Van Tonder het gesê hy kon daarin slaag om hom uit Janse van Rensburg se greep te bevry en het gesien laasgenoemde probeer glo sy deur oopmaak. Van Tonder se geregistreerde vuurwapen was naby die deur. Volgens hom het hy altyd sy vuurwapen by hom wanneer hy saam met sy gesin reis aangesien hulle al misdaadslagoffers was.

Volgens Van Tonder het hy sy vuurwapen uitgehaal aangesien hy bang was Janse van Rensburg sien dit en gebruik dit dalk op hom. “Toe hy die vuurwapen in my hand sien, het hy dit probeer gryp.” ’n Skoot het “skielik” afgegaan en Janse van Rensburg is noodlottig gewond.

Volgens Van Tonder het hy die polisie na die toneel ontbied. Hy is van voorneme om onskuldig te pleit op aanklag van moord. “Ek is bitter spyt oor die afsterwe van die oorledene, maar het nie die bedoeling gehad om hom dood te maak nie.”

Van Tonder, wat verklaar het hy verdien R60 000 per maand, is op borgtog vrygelaat op voorwaarde dat hy maandeliks by ʼn plaaslike polisiestasie aanmeld en sy vlugskedules aan die polisie beskikbaar stel. Die saak is tot 22 Mei uitgestel.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

pop ·

Mnr Van Tonder, sterkte. Dis vreeslik om so aangeval te word en dit nog voor jou kinders ook. Mnr Van Rensburgh moes homself in toom gehou het en aanhou ry het. Maar toe kies hy konfrontasie. En nou is 2 gesinne se lewens verwoes.

Ek dink ·

Pop – wie het EINTLIK vir wie konfronteer hier? Ongelukkig kan die dooie man nou nie SY kant sê nie. Mens rig nooit ‘n pistool op ‘n ander nie – dis ook teen die wet. Net soos ry oor ‘n stopstraat.

Nina ·

As MY KINDERS by is, voel ek vere wat JY dink. Ek sal skiet, spoeg, klap, skop, slaan, oor jou ry, solank my kinders VEILIG is. Wees tog realisties. O, en DINK.

Nandi ·

Wow!! Sommer so aanvaar sy m nr v T onder sê verklaring.
N dooie mens kan nie praat nie..skote kan nie net skielik afgaan nie.as jy n pistool besit Sal jy WEET die “safety ” moes eers afgehaal word.

Mitsie ·

Ek het die voorreg gehad om persoonlik vir Mnr Janse van Rensburg te ken vir meer as die helfde van my lewe. Hy was n wonderlike pa, man, seun en vriend. Almal wat slegte kommentaar wil gee dink gou hieraan. Hoeveel keer het u self nie al kwaad geraak as jy sien hoe onverskullig mense ry in spits verkeer en dit nog met kinders in die motor nie. Ek myself het al n paar keer met ma’s geraas by die volgende stopstraat as hulle kinders in die motor staan of nie vas gegordel is nie. Wat maak die saak anders. Geen een het die reg om n vuurwapen op iemand te rig nie veral nie oor n klap teen die kop nie, n vuurwapen is daar vir self verdediging wanneer jou lewe in gevaar is. Oom Louis sal beslis deur sy gesin, familie, vriende die gemeenskap en gemeente gemis word.

Marlene Vorster ·

Maak eers baie seker van julle feite,meer as net een mens se lewe en toekoms is hier op die spel.Indien hy skuldig is, dan kan jy sulke goed se.

EMK ·

Marlene, die feit is Van Tonder het ‘n geweer op iemand gerig en nauurlik sou die persoon die wapen probeer afneem – hy het mso nie geweet wat gaan gebeur nie! As hy eerstens GESTOP het en die wet na gekom het, het dit nie gebeur nie. As hy tweedens kalm gebly het en erken het hy het oortree en liefs die polisie of iemand gebel het het dit ook nie gebeur nie. As hy nie weer cowboy gedrag openbaar het deur ‘n vuurwapen uit te ruk het dit nie gebeur nie. DIT is die feite. Iemand is dood deur onbesonne optrede. Iemand wat nou nie homself kan verdedig of kan vertel wat gebeur het nie – ons hoor nou net een persoon se storie.

Leatitia ·

Ek stem volkome saam – die ander persoon se stem is nou stil – en soos ek hom geken het sou hy nie die ander bestuurder geklap het nie – definitief ‘n woordewisseling gehad het want die jetta bestuurder het amper ‘n ongeluk veroorsaak – ons sal nooit weet wat gebeur het…. als so onnodig

Juanita ·

ai nina dalk is jy familie van die vlieenier wat wild en wakker in die strate skiet. Dit is duidelik nie vir jou n probleem as mense onnodig sterf nie (n pa, broer, seun, oom). Jou standaarde laat veel te wense oor!

Juanita ·

ai nina dalk is jy familie van die vlieenier wat wild en wakker in die strate skiet. Dit is duidelik nie vir jou n probleem as mense onnodig sterf nie (n pa, broer, seun, oom). Jou standaarde laat veel te wense oor!

Nina ·

Sjoe, was jy daar? Is dit bewys hy het ‘n stopstraat gemis? Liewe hemel! Praat van onbesonne!

Mede-gelowige ·

Theo … jy klink of jy ‘n gelowige mens kan wees … leef dit volkome uit en moenie veroordeel as jy nie weet wat daar gebeur het nie

Peet Schabort ·

‘n Moeilike insident maar ook ek reken dit was ‘n verhoedbare ongeluk. Toe die man aggressief raak moes hy net doodeenvoudig aangery het. Dit natuurlik is makliker gesê as gedaan. Dit is ook heel beter om die vuurwapen aan jou persoon te dra sou jy iewers moet uitklim dan is die wapen nog steeds by jou soos ook deur die wet vereis en nie so ooglopend soos blyk die geval hier te gewees het.
Dit word al meer en meer van belang om met ‘n aanboord-kamera (my vertaling vir “dash cam”) jou op ons paaie te begewe. Sterkte aan beide families in hierdie hartseer sage.
Mag ons ander iets positiefs leer hieruit.

Neptunus ·

Sover mens die stories kan glo het die oorledene die beskuldigde agterna gesit – hy was dus die aggressor. Daar was geen regverdiging daarvoor nie. Volgens meer volledige berigte elders het die beskuldigde sy enjin afgeskakel, so hy kon nie bloot aanry toe die man hom takel nie. Sy vuurwapen was steeds by hom, dis immers hoekom hy dit so effektief kon gebruik. ‘n Mens kan sterf of permanente skade opdoen selfs al is jou aanvaller ongewapen, so dis nie verbasend selfs al het Van Tonder hom doelbewus geskiet het nie. Of die skoot “skielik” afgegaan het sal maar later besleg moet word, maar sy vinger was seker op die sneller?

Van Rensburg het egter die noodlot getart deur iemand vir ‘n verkeersoortreding agterna te sit en op hom af te storm. Hy het sekerlik nie Van Tonder vir koekies en tee genooi nie. Laasgenoemde moes natuurlik nie stilgehou het nie, maar die beginsel is dat reg nie voor onreg hoef te wyk nie. Van Tonder was al voorheen glo gekaap, en sy adrenalienvlakke was seker hemelhoog teen die tyd toe die skoot klap.

Ek voorspel hoogstens’n bevinding van strafbare manslag, indien Van Tonder enigsins skuldig bevind of vervolg word. Onthou die voorval so ruk terug op Malibongwe toe ‘n swart motoris ‘n blanke motorfietsryer doodgeskiet het? Net soos hierdie sou dit nie gebeur het as die een nie die ander afgetrek het nie.

Maak nie saak hoe groot jou spiere is nie, onthou maar: “God made all men, but Sam Colt made them equal”

Peet Schabort ·

Neptunus, die beskuldigde het seker nie sy enjin afgeskakel maar seker sy voertuig se enjin, of hoe?

RIAAN ·

Kan nie glo mense kan soveel nonsens praat nie, wat maak dit saak in watter beroep jy is, die man het hom self verdedig,so met ander woorde as jy in n bank werk en so iets gebeur met jou dan gaan ek my rekening toe maak.

SNEL ·

Riaan, ek dink daar is n hengse verskil tussen n vlieënier en n bankier. n Vlieënier het duisende mense per jaar se lewens in sy hande en weereens, van so ou verwag mens n ander optrede, n bankier kan jou net bevoeter met jou geld, so nou ja, ek sal nogsteeds by die bank deel, maar my lewe is kosbaarder as geld. Punt bly, van n persoon in so beroep verwag jy dat hy dit beter sal hanteer. Hy het n verantwoordelike werk waar hy onder druk moet kan funksioneer, nou hoe is hy dan in sy beroep met mense se lewens in sy hand as hy in so situasie kop verloor.

sue ·

Hi julle wonder ook maar as ek in so n situasie beland hoe sal ek optree ons is ook maar net mens almal maak foute bid vir mekaar dra mekaar se laste. Hierdie is n baie hartseer saak vir alby families my hart gaan uit na julle. Jaque staan sterk praat net die waarheid en jy sal bo uitkom sterkte

Blikskim ·

Was daar enige ooggetuies gewees? Iemand se sekuriteits kameras? ‘n Motoris wat dalk iets gesien het? Hy het die reg gehad om hom self te verdedig, maar hy was ook onnosel om enigsins te stop. In ‘n padwoede voorval ry aan tot by die naaste Polisiestasie of motorhawe waar kameras is. Laat die ouer kind 112 of 911 op ‘n sel bel.

Karen ·

Ek lees die kommentaar en kan nie help om te voel dat mense is so vinnig om te oordeel en tot hul eie gevolgtrekkings te kom…..gebaseer op wat………feite? Was jy daar?
En die feit dat mense nou ewe skielik SAL wil vlieg nie (absoluut jou besluit), maar dis verregaande.
Liewe aarde bly kalm en hoor hoe die saak ontwikkel voor allerhande beskuldigings uitgedeel word.
Wat wel ‘n feit is, is dat dit baie tragies is wat gebeur het, en laat ons hoop geregtig seëvier in die geval.

Elfie ·

Klink of mense hier die vliëenier se gedrag ampers goedkeur! Hy moes gestop het by ‘n stopteken, hy het sy kidner sin sy kar gehad en met dit al klaar hulle en ander se lewens in gevaar gestel. Verder pluk mens nie sommer ‘n geweer uit en rig dit op ‘n ander nie, maak nie saak wat. Mense moet leer om kalm te bly. En wette en reëls is vir almal en te alle tye. Baie ongelukke gebeur omdat mense stopstrate verontagsaam.

HEVW ·

Waar lees julle in die berig dat die man die vuurwapen uitgepluk het en op die man gerig het? ( n sensasie stertjie) Hy was bang die vuurwapen kon dalk afgeneem word. Die ander man het daarna gegryp en die skoot het afgegaan. Hoe baie ongelukke het al so gebeur?

Peet Schabort ·

Uit voorgaande menings, wyshede, ens. sien ek in my geestesoog ‘n jurie saamgestel uit hierdie Maroela-lesers. Ek stel my voor ook hoe elkeen lyk: die enetjie met haar bolla, die ander met haar wipneusie, die skraletjie en die meer gewigtige. Dan is daar ook die bebaarde ou, die kaalkop man, die een met die magie, ou snorre (die weermagman), die een met die haakneus en die ou met die bril op die punt van sy neus. Daar is ook ander maar volgens Maroela Media mag ek nie té persoonlik raak anders sal ek ge’modder’reer word.
Dit sal enige regter groen maak van jaloesie om so ‘n formidabele span te kan hê . . .

Neptunus ·

Jou geestesoog kan maar ‘n blaaskans vat (nou nie soos hulle dit in die Oosrand by stoptekens doen nie), ons het nie ‘n juriestelsel in die RSA nie. Wees baie, baie bly daaroor. En nie alle sake word voor regters verhoor nie, daar is (sommige) landdroste wat die takie net so knap soos (sommige) regters kan afhandel.

Peet Schabort ·

“Padwoede-moord”? Is dit nie bietjie kras? Eerder “Padwoede-dood”? Die man is nog nie skuldig bevind aan moord?

Sollie ·

As mens met jou vuurwapen rondry sorg mens mos dat die veiligheidsknip op is – dan sal daar nie “skielik” ‘n skoot afgaan nie. Hierdie klink na ‘n ek-moet-my-bas-nou-red storie. Mnr Van Rensburg is mos nou nie hier om sy kant van die storie te stel nie. Maak nei saak wat Van Tonder NOU sê nie, hy kon al hierdie verhoed het deur kalm te bly en hulp te probeer kry het. Hy het dan twee kinders by hom gehad, sekerlik kon een van hulle ook gou hulp ontbied het? ALmal het altyd selfone byderhand so…Maar nee, mense is net altyd vinnig om te doen sonder dink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.