SAL-vlieënier lieg glo oor lisensie

William Chandler. Foto: Facebook

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het ʼn strafregtelike klag ingedien teen een van sy voormalige vlieëniers wat glo nie die vereiste lisensie gehad het nie.

Die Mail & Guardian het Vrydag berig William Chandler het bedank nadat hy voorgegee het dat hy ’n lugdiensvervoer-vlieglisensie (ATPL) het, terwyl hy net oor ’n kommersiële vlieglisensie beskik het. Hy het meer as 20 jaar lank vliegtuie gevlieg.

SAL het intussen na aanleiding van die berig ʼn verklaring uitgereik en gesê die kwessie het onder sy aandag gekom ná ʼn ondersoek na ʼn voorval op 6 November toe vlug SA260 na Frankfurt, Duitsland, atmosferiese versteurings teëgekom het terwyl dit oor die Switserse Alpe gevlieg het.

Dit het daartoe gelei dat die vliegtuig se enjin vinniger gedraai het en ʼn regstellende maneuver is uitgevoer om stabiele vliegtoestande te herstel. Die vliegtuig het veilig in Frankfurt geland en ʼn ondersoek is na die voorval begin.

Die ondersoek het bevind die vliegtuig was lugwaardig, dat sy lading aan gewig- en balanslimiete voldoen het en dat alle onderhoudskontrole op datum was.

Volgens Tlali Tlali, woordvoerder van SAL, word die bemanning wat betrokke is by ʼn voorval onderwerp aan ʼn deeglike beoordeling en herevaluasie.

Foto: SAL/Facebook

“Tydens die ondersoek na die voorval het die SAL agtergekom dat een van sy vlieëniers, ʼn senior eerste offisier wat in beheer van die vlug was, valslik beweer het dat hy ʼn ATPL het terwyl hy net oor ʼn kommersiële vlieglisensie beskik het.”

Die SAL vereis dat al sy vlieëniers binne vyf jaar nadat hulle vir die lugdiens begin werk het ʼn ATPL moet bekom.

“Dit het egter in geen stadium ʼn veiligheidsrisiko vir SAL se bedrywighede ingehou nie aangesien die betrokke vlieënier wel in besit was van ʼn geldige kommersiële vlieglisensie en nie vlugkaptein was nie.

“Die vlieënier het al die vereiste veiligheidsopleiding suksesvol voltooi. Ons vind dit egter ontstellend dat daar wanvoorstellings gemaak is oor die soort lisensie waaroor die vlieënier volgens hom beskik.”

Volgens Tlali is die vlieënier wel teen ʼn hoër salarisskaal bevorder en vergoed weens die wanvoorstelling.

“Die SAL het ʼn strafregtelike saak van bedrog teen die vlieënier aanhangig gemaak. Die noodsaaklike stappe sal gedoen word om die geld wat onbehoorlik aan hom betaal is, te verhaal. Dit sluit in salaris, oortyd en toelaes,” het Tlali gesê.

Die Burgerlike Lugvaartowerheid ondersoek ook die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

SAner ·

Regtig? Dis sekerlik die SAL se verantwoordelikheid om die kwalifikasies van mense wat hulle aanstel en betaal na te gaan, soos enige ander organisasie.

Mariette Hammann ·

Stem saam. SAL is die een wat vervolg moet word.

Henk Stander ·

Presies! Dis reg, kla die man aan en dan ook SAL omdat hulle nie hulle mense se lisensies na gaan nie!

GM ·

Hy vlieg al 20 jaar en hul kom dit nou eers agter? Wow!
Hoe snaaks dat SAL die een na die ander ‘reddingsboot’ ontvang juis vanweë wanbestuur en bedrog, en nou wil hul iemand anders aankla van bedrog. Voltooi standerd 3 (?) en jy word president, kry ‘n vlieglisensie, vlieg vir 20 jaar, en dan kla hul jou aan oor jy nie binne 5 jaar ‘n sekere ander kwalifikasie verkry het nie. SAL moes opgevolg het na 5 jaar, dan nie?

Ou vlerke ·

Ja.nee kyk!! Nog ‘n geval waar ‘n duidelik kundige verlore raak vir die saak! Dit weens die belaglike tekort aan ‘n stuk papier! Die berig meld tog duidelik dat die betrokke indiwidu AL die nodige VEILIGHEIDS kwalifikasies deurloop, EN GESLAAG het?
Dit is nog ‘n tipiese voorbeeld van hoedat sake dikwels, veral deesdae, eenvoudig dood BESTUUR/GEREGULEER word.
Vanselfsprekend is dit nodig dat vereistes gestel word, maar, ‘n stuk papier, of gebrek daaraan, hou nie die vliegtuig in die lug, of laat dit val nie!
Praat gerus met enige gelisensieerde vlieënier in Suid-Afrika vandag, en hoor sy/haar opinie oor die BLO, (Burgerlike Lugvaart Owerheid) :-(:-(

Cherokee ·

Ek stem heeltemal saam met wat jy sê, Ou Vlerke. Maar kommentare word gelewer sonder om die berig behoorlik te lees. Sommige dink hy moes oor ‘n ATPL beskik het toe hy vir die lugdiens begin werk het terwyl ander dink hy vlieg al 20 jaar vir die SAL.
Én ek ondersteun jou afsluit sin oor die BLO.

Naja Nivea ·

Dit is my plig as werkgewer om afleweringspersoneel aan te stel met geldige lisensies. Ek moet seker maak dat my personeel geldige lisensies en openbare bestuurspermite het, dus gooi ek die blaam voor die SAL se deur. Die vliëenier se werk is om die vliegtuig veilig in die lug te hou, wat hy wel gedoen het. Sy werkgewer behoort die dokumentasie op datum te hou. Hulle het 20 jaar tyd gehad daarvoor.

Mickey ·

As hulle dan die hoër salaris betaal het sonder om die sertifikate te sien lê die fout nie maar eintlik aan hulle kant nie. Nou wil hulle geld terug hê maar was hy dit dan nie vir hulle werd in die eerste plek nie…. wonder maar net.

Asseblief ·

Hy is vas vir bedrog. Kry dit in jul koppe. Kriminele het geen kleur ouderdom of wat ook al nie

LD ·

Na 20jaar?? Ja nee, net in SA!!! En natuurlik val dit in die tydperk van die nuwe demokratiese land, niks word opgevolg of instand gehou of enige iets nie, die lys gaan aan en aan!! Die arme oom gaan bitter baie en baie lank ook terug betaal aan die salaris en oortyd ens wat hy nie moes kry nie….. Sterkte oom!

Dries du Toit ·

En nou is sy kleur ook nog verkeerd. Hulle sal nou hard op hom neerkom. Hy klink vir my absoluut bevoeg vir sy job. Dit is dalk die probleem. Bevoegdes is n probleem in SA

Sandy ·

Ek stem saam. Hy het heel bevoeg opgetree, nooit ‘n ongeluk gehad nie, en nou wil hulle hom laat prosedeer en die geld terugvra. Ek se los die ou uit. Hy was tenminste nie voor op die wa om hulle hom te laat aanstel as ‘n kaptein nie. Maar SAL het mos nou die geld nodig, so hulle gaan alles terugeis.

Ronel ·

Hoeveel leuens word daar nie vertel nie??? En dit word maar onder die tapyt ingevee

vonnie ·

en wat van al die ander in posisies wat sekere kwalifikasies nodig het, maar hulle het nie eens matriek nie? ag nee wat, hy het niemand se dood veroorsaak nie. hoekom moet hy die geld terugbetaal? wat van al die ander wat voertuie bestuur sonder die nodige lisensies? (dit sluit nou voertuig en bestuurder in)

Siener ·

Na 20 jaar sal ek enige tyd saam hom vlieg. Wat my bekommerd maak is die nuwe SAL vlieeniers wat geldige lisensie het wat sukkel om te vlieg. Hoeveel lede van die publiek het al geweier om SAL te vlieg oor hulle vlieeniers se bekwaamheid. Ek is een. Deesdae ry ek eerder as om te vlieg met die nuwe SAL.

Matie ·

Ag asseblief! Ten minste het die man vir sy salaris gewerk! Het nie 20 jaar by die huis gesit en net salaris ontvang nie.

Kan-net-lag! ·

Ná 20 ongeluk-vrye jare kan die man seker al aanspraak maak dat hy gekwalifiseerd is! Dis mos hoofsaaklik praktiese opleiding!! En dan moet hy kamtig sy salaris terugbetaal! Hy het mos vir daai geld gewerk, het hy nie? Dis nie sonder meer uit die staatskas “geneem” nie? En dis meer as wat ‘n mens van ‘n hele klomp anc-lede kan sê!!

Buurman ·

Gee die vlieenier sy lisensie dan. Hy het hom self bewys en vergeet dan die 20 jaar en die nonsens wat moet volg.

aj ·

Die ‘vlieënier’ van ‘vliegtuig SA’ (die land) het Standerd 3 ? op skool geslaag.

Tog het hy kans gesien vir die ‘job’!

En na 10 jaar die vliegtuig ‘gecrash’ met 55 miljoen mense aan boord!

…heh … heh … heh …

So leer ons!

Landvaneensydigheid ·

Voer ‘n regstellende maneuver uit om die vlug te red en veilig te land. Dan kla hulle hom aan vir iets wat geen impak het op sy vlieg vermoë nie. Die rede is heel waarskynlik omdat hy wit is en die rasistiese SAL soek ‘n rede om van hom ontslae te raak maar hulle verwag hulle bedrog en leuens aan die regering en land moet vergeet en vergewe word.

HD ·

Ek ken hom persoonlik, wat ‘n wondelike mens. Ja nee hulle ruk sommer die hele dam onder die eend uit.

Chris Ws ·

HD ja dis ‘n Druppel in die emmer gemeet teen waarmee die anc regering skotvry van af kom.
Die man HET ‘n geldige komersieele vlieg lisensie wat baie se.Hulle hammer nou op ‘n tegniese punt.

Bertie ·

Die eintlike probleem lê by “bestuur” en personeelafdeling. Seker weer n geval waar die sogenaamde base, geen idee het wat die klase se werk behels nie. Sien dit al hoe meer in SA, veral waar professionele beroeprigtings van toepassing is. Die baas of personeelbeamptes is blygemaakte klerke, wat mense moet aanstel met beroepsgerigte kwalifikasies.

Gerrit ·

Stem saam!! By munisipaliteite stel ‘n voormalige slootgrawer (nou afdelingshoof!!), ‘n ingenieur aan, met die ondersteuning van ‘n St.10 klerk (o.b.a. personeelbeampte).

Siener ·

Na 20 jaar se ongeluksvrye vliegjare kan SAL hom eerder ‘n bonus van R1m betaal want hy verdien dit. Kyk wat het gebeur met Zim se helikopters? Binne dae het hulle geval en dit met vlieeniers wat lisensies het.

se maar net ·

Ek wonder uit ‘n regsoogpunt of SAL die mag het om die man te dwing om sy salaris oor die jare terug te betaal aangesien die diens mos reeds gelewer was.

Tanya ·

As hy nog nooit iemand se lewe geneem het nie deur n vlieg ongeluk nie. Waarom hom vervolg. Die persone wat hom indiens geneem het moet vervolg word.

piper ·

as hy 20 jaar terug sy ALTP lisensie gekry het hy al lankal terug vergeet wat hy moes geleer het. dis net n klomp teorie waarvan baie min in die praktyk gebruik word. wat baie meer saak maak is die gereelde vliegtoetse wat geslaag moet word wat hy wel gedoen het. ondervindig is meer werd as daai ALTP lisenssie en daardie ondervinding het hy beslis na al daai jare.

Frank ·

Het hy dit wat van hom verwag is goed gedoen of nie? Tik hom oor die vingers (glo nie hy het mense se lewens in gevaar gestel met sy kommers lisensie nie), stuur hom vir die ATPL kwalifikasie sodat hy sy papierwerk in orde kan kry en basta!! Seker dat hy in elk geval beter as meeste van sy kollegas is al het hy nie die papier nie. Het sy kundigheid sekerlik al bewys.

Ja swaer ·

Dis duidelik ‘n heksejag. Gegrond op die erkende beginsel van RPL (recognition of prior learning) het mnr Chandler al oor en oor en oor voldoen aan daardie lisensie voorwaardes. So gee hom een op grond daarvan. Die ander sy vd saak is ongelukkig dat kapteins en senior personeel vd SAL oorbetaald is en een vd oorsake is vd lugdiens se benarde posisie. Hulle behoort vir 3 tot 5 jaar geen verhogings te kry nie; dit kom in elke geval direk uit die belastingbetaler se sak

$ ·

Ek verstom my aan die kommentaar.
Dikwels vra MM-kommentators: en as die kleur andersom was?
Nou vra ek: en as die kleur andersom was? Sou julle almal wat die feit dat hy voorgegee het om ´n lisensie te hê wat hy nie het nie, afmaak as ´n nietigheid, dieselfde reageer het as die persoon nie wit was nie? Ek wil my verstout om te sê dat, uit ondervinding van MM-kommentare, ek nie so dink nie.

Feit is: hierdie man het voorgegee om ´n lisensie te hê wat hy nie het nie. Dis bedrog.

En dan word dit nog deur ´n internasionale ondersoek aan die lig gebring: ´n klad op SA se naam.

Besluite is geneem op grond van die wanvoorstelling wat hy gemaak het. ´Wanvoorstelling maak/voorgee ´ is net sagter woorde as ´lieg’.

@piper: baie taxi-bestuurders en selfs gewone motoriste wat sonder bestuurslisensies rondry het ook jare (selfs 20+) se waardevolle ondervinding op ons paaie. Kanselleer dit die nodigheid van ´n bestuurslisensie uit?

MM-kommentators, herbesin oor julle kommentaar.

Wesley ·

Absoluut Dollar, stem saam met jou. Ongeag van die man se velkleur en sy bevoegtheid, daar is kwalifikasies benodig vir so pos. Anders is dit chaos. Ek is seker daar is internasionale standaarde wat bevoegtheid so klasifiseer, en sodoende moet SAL ook van die blaam dra teenoor die internasionale vlieg gemeenskap. Die man het elk geval oorsee gevlieg ook en sodoende hul wette ook so oorskry. Almal van hul – SAL en die “vlieenier” – moet hul koppe sak in skaamte en die prys betaal, of dit nou in finansiele of reputasie terme is.

Rerig waar, soms wonder ek oor die klomp op MM se kommentaar.

KP ·

Tipies van die NUWE SUID AFRIKA deesdae, al doen jy n uitstekende werk maar jy is wit word daar n rede gesoek om van jou ontslae te raak terwyl die die res met handskoentjies hanteer word.
As ek reg onthou was daar nie lank terug nie n groot storie van gemaak oor hoekom baie ander gekleurde vlieeniers nie hulle eksamens kan deurkom nie en is daar verwag dat hulle punte aangepas moet word en hulle deurgesit word.
Raai saam wie ek eerder sal wil vlieg????

Cherokee ·

KP, toe swart lewensredders aangestel is by ondermeer Durban se strande, is die standaarde verlaag bv afstand wat geswem moet word in spesifieke tyd ens.

VanAfrika ·

As ek die hof is weier ek om hierdie geld aan hulle terug te betaal, hulle het hom die verhogings en bevordering gegee op meriete en dit terwyl hulle sy leêr onder hulle neuse binne in hulle kaste gehad het. Hulle het nie hulle werk gedoen en hul manplan op datum gehou om te sien wat se verdere opleiding hy moes kry nie en dis verpligtend in enige besigheid. Hy het maar net gewerk op wat hulle hom geoffer het. As hulle nie die lisensies behoorlik nagaan is dit hulle probleem. Dis hoekom enige HR n opleidings departement het.

anton ·

Presies net so KP.
Dit is waarom ek 15 jaar gelede besluit het om nooit ooit weer met SAL te vlieg nie!!!
Al bied hulle my gratis kaartjies aan sal ek niks van S.A mee vlieg nie.
Ek sal hulle nie eers vertrou om my dooie liggaam te vervoer nie.
Maar daar is wel nog n paar maar min goeie loodse in hulle diens.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

ONDERSOEK ÉÉRDER DIE HELE KORRUPTE BANKROT…. SAL …SÉLF DAN DOEN JULLE IETS NUTTIGS!!
OF ONDERSOEK DIE HELE REGERING SE KWALIFIKASIES OORSPRONGE

Landi ·

So dis ok vir ‘n blanke om te kroek? Tipies. Net so wetteloos soos die res.

ChrisE ·

Die ou se vliegtuig het in die lug gebly. Ek weet van ander jafels se vlietuie wat nie eers kan opstyg nie en die wat reeds in die lug was het al neergemoer.

charmaine ·

20 Jaar jitte SAA vat ook maar lank om dit agter tekom en intussen vlieg hy veilig dalk moet hy n goeie bonus kry vir sy harde werk om n ten gronde vliegmaatskappy se skedonk in die lug te hou.

Pieter ·

Kan jy nou glo!-hulle wil n man wat 25 jaar se ondervinding het aankla en wegjaag!-en dit oor n stukkie interne papierwerk??Ken die man persoonlik en is hy n uitstekende vlieenier en mens.Ek ruik n rot!-wil net die aandag aftrek van hulle eie onbvoegdheid en hulle eie sinkende skip of moet ek eerder se:”vallende vliegtuig!!

Rooikop ·

Hekse jag !!!!! Ten minste het die ou gewerk vir sy salaris……

Wat van al die korrupsie wat by SAL aangaan ? Wanneer word dit aangespreek
en die skuldiges aangekla ???

Tersia ·

En wat van die vorige SAUK baas?? waar is sy miljoene wat hy onregverdig verdien het.

Geronimo ·

Maak nie saak wat hy voorgegee het nie – dit bly die plig van die werkgewer om te verseker dat hy nie toegelaat word om te vlieg sonder die nodige kwalifikasies nie. Na regte moet die verantwoordelike amptenaar van SAL ook aangekla word. Dit is growwe nalatigheid. Ek sou graag wou sien hoeveel staatsamptenare besit nie die vereiste kwalifikasies nie.

Katerina ·

Ek lees nou net ,van dié geweldige heksejag op hom…maar sien nié, soortgelyke hetic jagte+verhandellings van geld, bydi ‘ander’ mense nie…
STETKTE MY OOM…vlíég kán jý vlíeg

Dell ·

Die naweek met iemand in die bedryf gepraat. Volgens hom, moet vlieers hulle vorms jaarliks invul, maar hulle werkgewer moet dit vir hulle indien, hulle mag nie self nie, so wie moet nou eitlik hier die skuld kry?

Sarie ·

En hoe lank is die nuwe regering al aanbewind? Wonder maar net wie hom aangestel het.

Tammy ·

Kry vir jou die beste advokaat in die land en beveg SAL. Jy het gewerk vir jou salaris en bonusse en verhogings op meriete gekry. As hulle te sleg was om hulle papierwerk ordenlik op datum te hou is dit nie jou probleem nie. Dan moet SAL ondersoek word om te kyk watse grillerige goed nog by hulle gaan uitbroei, ek dink ons sal geskok wees?? En die staatskaping, wat daarvan????????

thelsa ·

A pilot is not paid for what he does. He is paid for what he can do.

GM ·

$, ek sou dieselfde gevoel het, al was die man van ‘n ander ras. Ek voel SAL moes gekyk het of hy die nodige kwalifikasies verkry het na hy sy 5 jaar dienstydperk voltooi het. En om ‘n vlieënier met ‘n taxi te vergelyk?! Taxi’s ry soos hul wil, stop waar hul wil, steek verby waar hul wil, ry sommer teen die verkeer in as hul so voel. Mense gee vir hulle pad om ongelukke te vermy. Dit het boggerol met ondervinding te doen. Hulle is ook gereeld in ongelukke. Die vlieënier ken klaarblyklik sy storie. Hul kan hom help om sy kwalifikasie te kry, in plaas van om ‘n goeie vlieënier in die pad te steek en hom te vervang met ene wat 30% vir Wiskunde en Skeinat op skool moes behaal om te slaag.

Sophia ·

Wel ek hoop beslis dat hy ‘n AANWINS vir ‘n ander lugredery sal word, want hy KAN vlieg!! En ek sou voorstel dat hy ‘n teeneis insit teen die SAL wat hom dalk nooit die tyd gegun het om sy ATPL lisensie te bekom nie, want ek glo dié wat kan vlieg by die SAL is in die minderheid en moes hy seker instaan vir dié vlieëniers wat op die kantlyn sit (of by die huis) omdat hulle nie enigsins ‘n lisensie kon bekom nie, maar wel betaal word!!

Sê net ·

Klink vir ny SAL het geld dringend nodig, nou gaan hulle 20 jaar se salaris verhaal.

Jan Pierrewiet ·

Twak dagvaar die eienaar van die vliegtuig….

Hulle het hom seker gese om te vlieg jaare gelede toe ‘n ander loods nie opgedaag het vir werk!!

Gee ook nou maar vir die man die regte lisensie, hy kan vlieg.

Koos ·

Ek neem hierdie wit man nie kwalik nie. Dag na dag, maand na maand, soms jaar na jaar soek jy werk en kry NIKS. Net af en toe verduidelikings dat aansoeke afgekeur is want jy is wit. Ek suig dit nie uit my duim nie. Dit het al meermale met my gebeur. So wat maak mens uiteindelik? Dokter die CV. Wysig die werksondervinding en wysig die kwalifikasies. Of maak soos ek: VERWYDER nuttelose kwalifikasies. Vandag het ek darem ordentlike werk.

George in Bloem ·

Ai tog,as die man ‘n voorheenbenadeelde individu was het geen haan hierna gekraai nie maar hy’s ongelukkig vir hom….errrr…. wit.Nou ja,as hy verkeerd opgetree het moet hy die gevolge dra.Ek kry die gevoel daar is meer agter die storie maar nou is nog ‘n witte uit die SA{NC}L en nog ‘n goeie vlieenier vir die land 10 teen 1 verlore.As die edele Tlali en sy tjommies in die ANC met dieselfde ywer wou optree teen korrupsie,nepotisme ensomeer in die res van die ANC gedomineerde staatsinstellings kon dinge darem wraggies BAIE beter gegaan het met hierdie land van ons.Maar nou ja,die kerels is maar redelik selektief met die toepassing van wet en orde en morele waardes…..of hoe?

KAKtus ·

Die feit is hy het gelieg. Hy het voorgegee wat hy nie is nie. Laat die reg sy loop neem. Hoekom moet dit oor wit, pienk of wat ook al gaan. Reg is reg, verkeerd is verkeerd.

Boet Fasie ·

Wat as dit ‘ n regtellende aksie aanstelling was dan het hy gekwalifiseer met ‘n taxi lisensie en hy het daardie vliegtuig nog oorlaai ook , wat van die dakrak met hoenders ?

Adam ·

Dit word beweer Mnr Chandler het willens en wetens sy kwalifikasies wanvoorgestel en indien dit die geval sou wees, was die SAL was op die allerminste grof nalatig deur nie ‘n werknemer se kwalifikasies te verifieer wat reeds jare in hul diens was nie. Dit blyk dat Mnr Chandler 5 jaar gegun was om die betrokke lisensie te kry en die SAL was verantwoordelik om toe te sien dat aan die vereistes voldoen word. Die kwessie gaan gewis nie oor of hy kan vlieg nie. Dit spreek vanself dat hy ‘n ervare en bewame vlieenier is met jare se ondervinding. Net soos Mnr Chandler moes geweet het hy benodig die lisensie, net so het die SAL geweet hulle moes toesien dat hy sy lisensie binne 5 jaar kry. Regte pot en ketel storie.

Jannie ·

Storie agter die storie, hy is onskuldig en sal dit bewys.
Jammer mense oordeel al klaar.

Siener ·

Dankie SAL—Julle maak my ook slimmer—Ek gaan my huis en tuinwerker se St8 sertifikaat laat verrifieer en seker maak dis 100% korrek. As dit nie is nie wil ek ook jare se geld terugbetaal hê want hulle het nie die regte kwalifikasies nie.

Hennie ·

Sal en het nog nooit SAL gevlieg nie slegs gebruik gemaak van andere rederye SAL is nou regtig Rasisties gin wonder hulle is bankrot nie wonder hoeveel wit vlieëniers is daar nog oor skande na 20 jaar skrik hulle wakker net oppas as hulle heeltemal wakker skrik lê al hulle vliegtuie op die grond in flarde agv onbekwame drywers want jy kan sommige van die die vlieëniers nie n kaptein noem nie kan nie eers n taksie hanteer nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.