SAL-vlieënier vas oor hy glo klere uittrek by lughawe

Argieffoto

Argieffoto

‘n Vlieënier van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is by die Harare Internasionale Lughawe in Zimbabwe in hegtenis geneem nadat hy glo sy klere uitgetrek het, berig The Herald.

Volgens die berig is kapt. W van Ginkel in hegtenis geneem nadat hy al sy klere behalwe sy onderbroek uitgetrek het. Dit het glo gebeur nadat hy gevra is om sy belt te verwyder tydens ‘n veiligheidsondersoek.

“Hy het bloot net sy klere begin uittrek by die veiligheidskontrolepunt. Hy is vir openbare onsedelikheid in hegtenis geneem. Hy het ‘n boete betaal maar volgens lugvaartregulasies kon ons nie toelaat dat hy die vliegtuig vlieg na die voorval nie,” het David Chawota, uitvoerende hoof van Zimbabwe se Burgerlugvaartowerheid, gesê.

Vlug SAA 025 is weens die voorval vir vyf ure vertraag. “Die vlug was veronderstel om 7:20 uit Harare te vertrek maar is tot 13:00 vertraag sodat ander bemanningslede van Suid-Afrika na Harare kon kom om die vliegtuig te vlieg,” het Chawota gesê.

Zimbabwe se owerhede het die voorval glo by SAL aangemeld. SAL kon egter nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Piet Snot ·

Hy was waarskynlik moeg daarvoor dat hy, wat vertrou word met honderde mense se lewens en toerusting van miljoene rande, nie vertrou word om mét ‘n belt aan deur die sekuriteit te stap nie.
Lyk vir my ook beledigend: jy sê eintlik jy vertrou hom nie.

Die Skim ·

Hier by ons gebeur dieselfde; Hulle vertrou met miljoene rande se militêre toerusting en geheime inligting. Probeer een dag gesinsverlof insit vir ‘n naby familielid se begrafnis dan moet jy ‘n bewys van die sterfte bring. Ek sien dit ook as uiters beledigend. Jy kan my onvoorwaardelik vertrou met baie maar nie met ‘n bietjie nie?

Lanie ·

Dis wat die amptenare van Zimbabwe se en heelwaarskynlik het iets anders plaasgevind. Wie kan enigiets glo wat enige amptenaar v d Zimbabwiese regering se ?!

Jasper ·

Nou wonder ek net. Wanneer hulle hulle bokspringend, stertriemdraend en bostukloos stamdanse doen, dan noem hulle dit kultuur.
Ek lig my hoed vir jou mnr. v. Ginkel

Erich Goosen ·

Waaroor al die bohaai. Die man het mos darem nie sy ‘after burner’ vertoon nie.

Elizabeth ·

“Hy het ‘n boete betaal maar volgens lugvaartregulasies kon ons nie toelaat dat hy die vliegtuig vlieg na die voorval nie,” het David Chawota, uitvoerende hoof van Zimbabwe se Burgerlugvaartowerheid, gesê.” HUH? Hy het uitgetrek, natuurlik weer aangetrek, boete betaal en toe kon hul hom nie TOELAAT om te vlieg nie! Het die uittrekkery dan sy vermoë om te vlieg aangetas? En so is baie mense verontrief, onnodige geld is gemors om ‘n span personeel van Johannebsurg af te laat kom om die vlug te onderneem – waar is nou die “sense” in dit?? Ek kan net my kop skud en sê “Only in Africa…!!”

Linda ·

Ag ek het so lekker gelag – die man was seker al ‘”fed up” met al die drama elke keer. Lekker om grappige nuus te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.