SAL-vlieëniers dreig om vir eerste keer in 80 jaar te staak

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Vlieëniers van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) dreig om vir die eerste keer in 80 jaar aan ʼn staking deel te neem om verandering by dié lugdiens teweeg te bring.

Luidens ʼn verklaring deur die Vlieëniersvereniging van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (Saapa) het die vereniging in Junie vanjaar sy lede se gevoel begin toets oor die bestuur van SAL.

Vlieëniers is toe gevra om aan ʼn opname deur ʼn onafhanklike diensverskaffer deel te neem waarin hulle onder meer gevra is oor wat na hul mening gedoen behoort te word om ʼn ommekeer in die sukkelende lugdiens teweeg te bring.

Kapt. Grant Back, voorsitter van Saapa, sê in die verklaring 516 van die 635 vlieëniers (81%) het ingestem om aan die opname deel te neem van wie 91% gesê het dat die lugdiens se bedryfsdiens swak tot baie swak is.

Die resultate toon verder dat 96% van die vlieëniers wat aan die opname deelgeneem het, gesê het hulle is ten gunste daarvan om ʼn “pro-aktiewe standpunt in te neem” om verandering by die lugdiens af te dwing.

Volgens Back het 90% gesê hulle is bereid om oor te gaan tot beskermde protesaksie.

“Daar moet verstaan ​​word dat die besluit om aan protesaksie deel te neem nie een is wat die vlieëniers van SAL ligtelik sal opneem nie. Indien so ʼn staking plaasvind, sal dit die eerste keer in SAL se geskiedenis van 80 jaar wees,” het Back gesê.

Back verduidelik dat die vlieëniers en die bestuur van Saapa egter nie kan voortgaan of niks fout is by SAL nie aangesien vorige vergaderings geen vertroue in die maatskappy se toekoms ingeboesem het nie.

Volgens Back moet die vaardigheidstekort bowenal dringend aangeraak word aangesien aanstellings by die lugdiens vantevore op grond van kontakgeleenthede en nié ervaring en vaardighede gemaak is nie.

Saapa het dus in Augustus ʼn brief met eise aan SAL gestuur waarin hulle op ʼn nuwe uitvoerende hoof binne die volgende 90 dae aandring. Die hoof moet ondervinding in ʼn bestuurspos hê asook oor gespesialiseerde vaardighede en ondervinding beskik oor die omkeer van ʼn lugredery so groot soos SAL.

Die vereniging dring verder aan op die aanstelling van ʼn afgetrede of aktiewe vlieënier in die lugredery se direksie asook ʼn vaardigheidsoudit wat binne die volgende 60 dae van alle bestuurders en departementshoofde by SAL gedoen moet word.

Back verduidelik dat die oudit op internasionale standaarde gegrond moet word met die lugrederye Ethiopian Airlines en Lufthansa as maatstaf.

“Die punt is dat SAL nie sal herstel tensy kritieke operasionele en tegniese gebreke onmiddellik deur ʼn sterk leierskapspan aangepak word nie.

“Ons vertrou dat die maatskappy ons eise met erns sal oorweeg. Indien nie, sal ons geen ander keuse hê nie. Ons vlieëniers het aangedui dat hulle, indien nodig, bereid is om aan wettige protesaksie deel te neem om die lugdiens te red.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

aj ·

Wonderlike pro-aktiewe stappe om die SAL re red van die onbevoegde ANC kaders!

Sterkte Kapt Back en SAAPA!!!

Ig ·

Die staking kom 15 jaar te laat, nienand gaan in elk geval luister nie want daar is seker mense wat lekker skep en dan bail Gvt maar uit.

Pieter ·

Dit is tyd dat al ons bkankes dit moet begin doen dit is al hoe die ANC se ore gaan oop gaan dit is waar ons moes lankal wakker geskrik het die regering dink hulle kan maak net soos hulle wil die manne moet nie nie dreig nie hulle moet dit net doen

Jan ·

Nee wat Deloris. Dit is benede ons waardigheid om te gaan staak. Ons vlieeniers is nie kommuniste nie.ons hoort nie aan n staking deel te neem nie. Wil ons trotse pilote hulleself nou so verlaag tot die vlak van die marxiste. Nee wat dit is nie wat die Bijbel ons leer nie, en teen die Christelike waardes om te gaan staak. Praat met die regering /direksie oor die probleme en hulle moet hulle mening gee. As die regering/ direksie dan nie wil luister nie en hulle nie tot n vergelyk kan kom nie. Dan kan hulle maar beter bedank en by n ander lugredery gaan werk kry. En hulle sal makkelik werk kry oorsee want die pilote van SAL is trotse, toegeweide mense en hoog gekwalifiseerd. Hulle is baie gewild in die buiteland. Dus as SAA dan nie na hulle griewe wil luister nie gaam hulle n klomp goeie mense verloor wat die lugredery nog verder in die afgrond sal stort.

Jack Sadie ·

Absoluut fantasties! Dis hoog tyd dat meriete in aanstellings weer terugkom! Dan sal ek dalk weer van hulle dienste gebruik maak!

Sarel ·

Ons hou duim vas dat julle die SAL sal red en die oplossing vir vele soe’s daar stel dat ander hieruit sal leer. Staan sterk, staan vas, staan doelgerig.

PietSonderLisensie ·

‘Go slow’ Sallie werk nie. Stadige vliegtuie Val uit die lug uit. ????

Jan ·

Ag nee wat moenie insself verlaag soos die kommuniste nie. Die Bybel leer ins anderste. As jy nie tot n oplossing kan kom nie kan jy beter maar bedank. Ons pilote sal maklik by n ander lugredery oorsee werk kan kry. Hulle is baie gewild in die buiteland en hoog aangeskryf vir hulle kwaliteite. Hou ons chtristelike waardes hoog al is dit nie altyd maklik nie. Ons hoop dat daat n oplossing gevind word. Anders is ons eens trotse SAL gedoem tot ondergang.

Wonder maar net! ·

Jan, die helfte wat jy sê is twak. Die vliegtuie is nie op standaard nie, dus is dit hulle reg om aan te dring dat bevoegde mense aangestel word. Hulle stel hulself én die passesiers bloot aan gevaar. Trouens, SAL stel hulle self bloot aan vervolging én masiewe eise sou daar n ongeluk gebeur.

Manie ·

Dit is n baie goeie rede vir n staking. Hou vol daarmee dat die onbevoegde kaders uitgegooi kan word. Julle is hoogs gekwalifiseerde mense en hoef nie deur mense met geen insig en wil om te bestuur, bestuur te word

Anoniem ·

Dis baie goeie voorstelle wat die regering beslis sal ignoreer, so ‘n staking is onafwendbaar.
Dit sal baie goed wees as al die vlieeniers dan staak totdat daar gehoor gegee world aan hul eise, hoop hulle is suksesvol en word ten VOLLE vergoed terwyl hulle staak.

Piloot ·

Jan se kommentaar oor die optrede wat kommunisties en nie grens aan christelike waardes is nie, is totaal ongegrond. Dit is maklik om leunstoel kommentaar te lewer as jy nie werklik die omvang van die probleem verstaan nie. Indien iemand nie opstaan en hulle stem dik maak nie, sal ons voort ploeter tot in ewigheid. Dit is ook oorlewing vir duisende werknemers. Sy voorstel om te bedank en dan by ander redery te gaan werk grens aan lafhartigheid. Jy speel so reg in die kraal van die kaders. Die doel heilig die middele.

Johanna Botha ·

NIKS goeie nuus van SAA al vir jare …..dis n groot gemors. Ek dink mens moet uit prensiep staak omdat hulle weet wat daar gebeur ! Ek vlieg gladnie SAL SAA Mango of Express nie …..GLADNIE ! So ek staak inderek !

Kolskoot ·

Wonder of SAL vliegtuie reg instand gehou word of moet daar nou eers n moewiese vlieg ramp wees vlienier sal die skuld kry . Strike die regte ding

Realis Thailand ·

Dis algemeen in die lugdeinswereld bekend dat saa se vliegtuie nie volgens wet gedeins word
Die paar goeie vlieeniers sal werk kry maar daar is n klomp wie nie sal
Het toe ek n ruk terug in sa was met n vlieenier gepraat wie naby aftrede was en hy het heelwat te se oor die swak standaard van die vlieniers van vandag wie bee ens is.
Ek vlieg al van 2001 nie met enige van saa of sy afiliale nie.
Kyk hoe oud is hulle vliegtuie. Vlieg maar Qatar ens.
Laat saa maar ten gronde gaan en staak aub julle het my ondersteuning.
Daar is ook n tekort aan opgeleide vlieniers deur die wereld.
Vergeet van Christelike waardes.Ek glo nie aan sulke snert en net aan goeie waardes wat elke mens behoort te he.

Scalla ·

May day, May day,zero 2, tomorrow is pay day, zero 1, over and put good buddy

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.