Tlali Tlali, woordvoerder van SAL, het gesê SAL-vlugte van en na die Sir Seewoosagur Ramgoolam Internasionale Lughawe is vir Woensdag gekanselleer. Die volgende vlugte word geraak: Vlug SA 190 van Johannesburg (JNB) na Mauritius (MRU), vlug SA 191 van Mauritius (MRU) na Johannesburg (JNB), vlug SA 192 van Johannesburg (JNB) na Mauritius (MRU) en vlug SA 193 van Mauritius (MRU) na Johannesburg (JNB).
“SAL is spyt oor enige ongerief wat hierdeur veroorsaak word. Ons prioriteit is altyd die veiligheid van ons passasiers en bemanningslede,” het Tlali gesê. SAL vlieg daagliks na Mauritius met twee vlugte ʼn dag op Woensdae en Saterdae. SAL het gesê hy sal bystand lewer aan passasiers wat geraak word.
Mauritius het Woensdag sy hawe en lughawe gesluit in afwagting op sikloon Berguitta. Die sikloon sal na verwagting gepaardgaan met wind van 120 km/h of meer en rowwe seetoestande. Sikloon Hollanda het Mauritius in Februarie 1994 getref en tot die dood van twee mense en miljoene rande skade gelei.
Reunion maak intussen ook gereed vir sikloon Berguitta.
Goeie besluit SAL. Baie sterkte aan die inwoners en toeriste in Mauritius.
Ons is in Mauritius op die oomblik.
Alle aktiwiteite land en see is toe op die oomblik. Die wind is sterk, maar draagbaar. Ons is in ‘n resort op die weskus en ons het nog in seembad geswem vroëer en almal is rustig. Hulle verwag dat die winde more oggend sterkste gaan wees.
Baie mense moet ‘n dag of twee aanbly omdat niemand eiland kan inkom of verlaat nie. Die golwe is baie hoog anderkant die reef!!