SAL waarsku staking kan ernstige gevolge hê

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het gewaarsku dat ʼn staking die toekoms van die lugredery in ernstige gedrang kan bring.

Dit kom nadat vakbonde met ʼn staking gedreig het weens die herstruktureringsproses by die lugredery wat tot gevolg kan hê dat tot 940 mense hul werk verloor.

Deon Fredericks, waarnemende finansiële hoof van die SAL, het gesê enige onderbreking van die lugredery se operasionele bedrywighede, bring die toekoms van die lugredery in gedrang asook die SAL se vermoë om sy strategie uit te voer. Volgens Fredericks hou dit ook ʼn bedreiging in vir elke werk by die SAL en verwante bedrywe.

Die SAL het ook daarop gewys dat die herstruktureringsproses en die salarisonderhandelinge wat tans by die lugredery aan die gang is, twee verskillende prosesse is.

“Numsa en Sacca beweer dat hulle nie gekonsulteer is oor die herstruktureringsproses nie. Dit is nie waar nie.” Volgens Fredericks het die SAL op 11 November die vakbonde skriftelik van die proses in kennis gestel en is ʼn vergadering vir later dieselfde dag geskeduleer, maar die vakbonde het nie opgedaag nie.

Die SAL het intussen ook ʼn aansoek by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ingedien om ʼn senior kommissaris aan te stel om die konsultasies te fasiliteer.

Rakende die salarisonderhandelinge het Fredericks gesê daar is sedert Februarie al nege vergaderings in die verband gehou. “Ons het die SAL se moeilike finansiële situasie duidelik gemaak en ons hoop dat die vakbonde die volle omvang van die situasie sal kan begryp en met ons sal saamwerk om konstruktiewe maniere te vind om vorentoe te beweeg.”

Dit is vroeër berig dat 944 van die lugredery se 5 146 werknemers na verwagting deur die herstruktureringsproses geraak sal word.

Zuks Ramasia, waarnemende uitvoerde hoof van die SAL, het gesê die SAL moet dringend aandag gee aan sy finansiële posisie en dit is die rede vir die herstruktureringsproses wat sal poog om die doeltreffende implementering van sy omkeerstrategie te verseker te midde van die heersende operasionele uitdagings.

Al die SAL se afdelings en departemente word deur die herstruktureringsproses geraak. Die lugredery se filiale, naamlik SAAT, Mango en Air Chefs, word nie geraak nie.

Die konsultasieproses kan na verwagting tot 11 Januarie volgende jaar duur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Hennie ·

Kan nie dink dat ‘n staking meer skade kan aanrig as wat klaar gedoen is as hul by die werk is nie

sikloon ·

Hennie kolskoot, ek was in n posisie om te vertrek en het raad gevra waarheen moet ek gaan, maar dom met die tye en watter hekke, 9H10 in die oggend vra ek hulp asb, en een van die sogenaamde werkers sit en suig aan n sappie en vertel my sy is met ete en kan my nie help nie ??? Op ete daai tyd van die oggend? Dit spreek klaar boekdele!!!

Annamarie ·

As SAL begin met afleggings, begin sommer by die stakers. Die mense wat oorbly sal die wees wat wil werk. Dis deels a.g.v die reg wat werkers het om te staak dat ons land in die finansiële krisis is. Daar sal standpunt ingeneem moet word.

Gehasie ·

SAL het beslis nie net 5,146 werknemers nie maar aansienlik meer (12,000 tot 14,000). Doen weg met die BEE sateliet maatskappye wat rondom SAL opgespring het (brandstof ingesluit) sodat die drakoniese finansiële wurggreep op SAL versag kan word. Stel bevoegde mense aan en siedaar! Die winsmarge vir ‘n lugredery is tussen 2-3% en die huidige samestelling van die SAL besigheids-formule maak dit ‘n saak van onmoontlikheid om voort te bestaan.

Ja swaer ·

Richard Branson take note bro. This is what you want to invest in?? He he he

regeer & beheer ·

Die vervlakste va(k)bonde het ook hopeloos te veel se in elke departement. Hulle het selfs meer mag as die sogenaamde regering.

Grassie ·

Vakbonde het die regering van die land in ‘n wurggreep beet en die regering is magteloos. As hulle nie doen wat die vakbonde sê nie word daar gebrand en geplunder en die regering verloor steun.
Lank, lank gelede toe die vorige regering onder druk besluit het om vakbonde toe te laat het kenners gewaarsku dat dit uiteindelik die einde van ‘n kapitalistiese ekonomie sal beteken, maar die regering wou nie luister nie. Nou pluk ons die vrugte daarvan.
Dieselfde het byna in Engeland gebeur maar dit is met die leeuemoed van Margaret Thatcher afgeweer. Daar is ongelukkig niemand met leeuemoed in ons land oor nie, net hiënas wat aas vreet en stert tussen die bene tjankend padgee as hul gekonfronteer word.

Bert ·

Klink reg vir my, maar DOEN DIT DAN OOK, somer ‘n voorbeeld vir die res van die alewige stakers terwyl hulle vir bankrot instellings werk.

Vra-Net. ·

Raak so onslae van die vakbonde soos Amerika gedoen het.
1) Maak seker dat die belhammels op die vloer opgespoor word en raak van hulle ontslae. Om een of ander wanpraktyd of tegniese redes
2) Stel slegs mense aan wat NIE aanvakbonde behoort nie, en skryf n klousule in hul aanstelling dat indien hulle by n vakbond aansluit hulle sumier afgedank sal word.
Dis die enigste manier om n besigheid te red, vra maar die Yanks.

X SA'ner ·

Vra-Net, stem 100% saam jou, ek’s nou al 2 jaar in VSA. As jy aan ‘n vakbond behoort kry jy nie werk punt. Hul vat nie poef, as jy nie werk moet jy gaan, jy word ge-fire soos dit hoort. BTW NZ Airlines het dieselfde hoeveelheid werkers, vliegtuie en vlieg na dieselfde lande, maar hul wins is meer a $2B per jaar, SAL in die rooi, so wat is die verskil….ek vra ook maar net eeee….comrades

AJ. ·

Laat hulle maar staak, dan is daar meer wat afgele kan word. Dit sluit sommer die vakbonde in want hulle is niks werd vir ons land nie. Teken dan gekwalifiseerde mense aan wat wil werk en nie net wil staak nie. Ek wil ook graag by SAL werk. Kyk net watse salarise hulle moet verdien? As hulle 900 werkers afle, dan spaar hulle 700Miljoen Rand / jaar. Dit bring n` salaris van gemideld oor die R65 000,00 / maand per werkgewer. Dit is nou mos lekker geld vir n` persoon wat heeldag sit en aan sappies suig.

Susan ·

Sjoe AJ, ek wens ek het R65 000.00 per maand verdien!
Weet regtig nie hoe het jy by jou berekeninge uitgekom nie, maar gaan dink bietjie weer, nie almal verdien daai salaris nie :-)

Swanna ·

Chris Ws die lughawe behoort nie aan SAL nie. Baie mense maak daardie fout. Dit behoort aaan ACSA. So hulle kan maar SAL toemaak ons wa in 2000 ook ge-retrench. 360 van ons. Daarna het SAL heetemal uit die bus begin val.

Matt ·

Vakbond leiers voel ‘n veer vir hul lede. Lede betaal maandeliks ‘n lidmaat fooi wat waaruit die belhamels (leiers) se salarisse betaal word. Leiers sit om die tafels en stem saam met afskalings wat gaan plaasvind en draai dan om stook stakings aan om hulself te beskerm.

KrokodilBotha ·

Wie vlieg anyway met SAL. Bodemlose geld put solank as wat ek kan onthou.

Hennie ·

Ek stem. Ek vlieg slegs SAFAIR eaar ek kan, so nid BA. Ek sit nie my voet in n SAA MANGO vliegtuig nie. SAFAIR onderhou hul vliegtuie self, so die kapabele SAA raak nie aan hul vliegtuie nie!

Leon ·

Onthou CR is ‘n vakbond man. Hy sal NOOIT die vakbonde teengaan nie. Die vakbonde is in elke geval die regering.
Die vakbonde is net bekommerd oor hulle eie sakke. Hulle roep stkings uit sodat hulle groter lidmaatskap fooie kan vra. Geen ander rede nie.
As daar eendag geen werkers meer is nie, wonder ek waar gaan hulle dan geld kry. Ongelukkig het hulle nie genoeg breins om sovêr te dink nie.

Oom Walker ·

Ook net in Suid-Afrika waar mens kan weier om te werk (staak) omdat jy bang is jy gaan dalk jou werk verloor!

Dewald ·

Julle weet natuurlik dat selfs Lufthansa (dis nou die hardwerkende Duitsers) se personeel ook onlangs gestaak het. Enige kommentaar van die anti SAL brigade daaroor?

Riaan ·

Is Lufthansa op die punt van onder gaan selfs na biljoene se “bailout”????

Ek dink nie!

Bert ·

Stem saam Riaan, dewald is waarskynlik een van die hardwerkende saa personeels lede wat soveel geld kry dat hy dit kan bekostig om ‘n paar weke sonder inkomste te wees terwyl hy staak.

Carlien ·

Oom Walker, baie goed gestel, ek het nou lekker gelag.. Suid Afrika het meer stakings as enige iets anders.. En so gaan alles net elke dag meer tengronde en niemand knip n oog nie..

Riaan ·

Laat hulle staak dst SAl onder gaan en al 5000 of hoeveel ookal hulle werk verloor instede van 900+.
Miskien sal unies almal wat hulle werk verloor help met werk of ander ondersteuning?

Ore ·

Dit is agv die vakbonde dat instansies is waar hulle is.Saam met kader ontplooiing en onbevoegde direkteure sit die arme werkers nou in die gemors.Wens vakbondlede wil besef dat hulle leiers heerlik sit en smul aan ‘n sappige steak en top rooiwyn,ly hulle,die lede honger agv “no work no pay” Die vakbonde smokkel met hulle lede se koppe.Bankwese gee skaars inflasie gekoppelde verhogings,maar ons staatsondernemings gee 11% plus bonusse? Maak dit sin?

Ema ·

Ek kan nie glo hulle dink aan stakings nie. Wat is in hulle koppe? Watte? SAL is al klaar ten gronde, wat wil hulle meer he? Moet almal nou hul werk verloor? Daar is hopeloos te veel werkers by SAL . Maak skoon. raak ontslae van die duwwelltjes

Johan ·

Ek, as ‘n Boer, is net mooi SIEK EN SAT vir hierdie Afrika gemors! Wat ‘n hool van pes en ellende!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.