SAL werk aan herstelplan

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaans Lugdiens (SAL) het glo tot Maart om ʼn suksesvolle herstelplan tot winsgewendheid in werking te stel.

“Die sperdatum is 24 Maart en dan kan julle my weer vra watter roetes opgeskort is; of ons ʼn finansiële verklaring uitgereik het; of ʼn algemene jaarvergadering gehou is; en watter moontlikhede vir gelykheidsvennootskappe ons beskikbaar gestel het,” het Nico Bezuidenhout, waarnemende uitvoerende hoof van SAL, aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

Die 90 dae-herstelplan word deur Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, en die nuwe SAL-raad ondersteun .

“Die nasionale lugredery word deur bankrotskap in die gesig gestaar, is besig om vinnig sy mededingendheid in die mark te verloor, beleef voortslepende bestuursprobleme, en ʼn onvermoë om doeltreffend bedryf te word,” het Bezuidenhout verduidelik. “Ons algemene jaarvergadering is uitgestel. Ons is tans in die moeilikheid. Niemand kan binne 90 dae ʼn besigheid omdraai nie. Ons doel is om stappe te doen om die maatskappy op die pad na herstel te lei. Die tipe stappe wat ons kan meet.”

Die SAL het die afgelope drie jaar nog nie finansiële verslae uitgereik of ʼn AJV gehou nie. Die maatskappy steun op staatsfinansiering, wat Nhlanhla Nene, minister van finansies, onlangs aangekondig het nie meer beskikbaar gaan wees nie.

“Die tesourie het aangedui dat daar nie meer enige finansiële inspuitings in die SAL gaan wees nie en dat ons stappe moet doen om ten volle te herstel,” het Bezuidenhout gesê. “Ons druk voort met elke stap van die plan.” Hy het gesê ʼn “oorlogskabinet” is saamgestel om die lugredery weer op sy voete te bring. Die span vergader twee maal per week en moet weekliks aan die raad verslag doen.

Hy het egter bygevoeg dat die lugredery nie tans afleggings oorweeg nie. “Ons is nog nie op die punt waar ons moet herstruktureer nie,” het Bezuidenhout verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

des jelliman ·

Hulle sal ni herstel ni want hul volg d i voorbeeld van ons president kyk hoe gaan dit met ons land se ekonomie van sleg na vrot net ekantla gaan vooruit

AvraD ·

Wie by sy regmatige verstand sal en wil geld belê in enige bankrot instansie. Privatiseer die SAL, stel die kundige persone aan en die dit sal floreer.

scalla ·

So dit vat 3 jaar om dit uit te vind of lees ek verkeerd, onbevoegde bestuur

Charlie ·

Die SAL se problem het begin met:
BEE en regstellende aksie van lughawe personeel en bestuur
Uitfasering van wit instandhoudings personeel
Weiering om blankes as vlieeniers op te lei
Diskriminasie teen blankes in die lugverkeer beheer afdeling
Duurder tariewe as mededingers
Maak staat op staatshulp

Meneer Bezuidenhout, as jy die SAL wil regruk, kry weer die kundiges in wat daar was, insluitend vlieeniers en instandhoudings personeel want ek SAL NIE op julle vliegtuie klim met die huidige vlieeniers en instandhoudings personeel nie.

EMK ·

Voel jammer vir Nico Bezuidenhout wat ‘n hengse moeilike tyd voor hom het. As almal nou net na hom sal luister en nie weer inmeng met BEE en dit en dat dan is daar dalk ‘n kans. Persoonlik dink ek 3 maande is te kort om jare se verotting te probeer herstel. Die stelers en hul delers en die onbevoegdes moet nou net wegbly.

Willie ·

Wanneer ou Bes alles mooi reggeruk het jaag hulle hom seker weg en stel weer een van hul onbevoegde kaders aan.

lillian ·

Hoeveel keer moet SAL nog uit hul verknorsings gered word? Sluit die plek, dit werk teen ‘n verlies! En die staat mors ons geld om elke keer die hopelose lot te prober help!

Jan ·

Gee die man ‘n billike kans, drie maande is nie veel gevra nie. Tenminste was hy eerlik oor sy kwalifikasies !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.