Die sakereddingspraktisyns van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het ʼn voorstel ingedien om die arbeidsmag van die SAL in sy geheel te ontbind.
Vakbonde asook werknemers wat nie aan ʼn vakbond behoort nie, het nou tot 24 April om die ooreenkoms te aanvaar, berig eNCA.
Luidens die verslag sal die lugredery se bates eers verkoop moet word. Die waarde van dié bates sal bepaal of en wanneer werkers skeidingspakkette sal kry.
Maroela Media het vroeër berig Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het vroeër vandeesweek in ʼn brief aan die sakereddingspraktisyns van die SAL ʼn versoek om hulp van R10 miljard geweier. Die SAL is in Desember 2019 in sakeredding geplaas.
Die nasionale tesourie het intussen as deel van sy ekonomiesebeleid-reaksie op die Covid-19-pandemie voorgestel dat die SAL en SA Express gesluit word. SA Express is ook in sakeredding weens geldelike probleme.
Die DA meen die regering het geen ander keuse as om die SAL te sluit nie as hy die reddingsboeie wil stopsit, asook weens die gebrek aan ʼn gewillige koper.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
21 Kommentare
Alle werkers of net die wit werkers?
SAL is in die grond bestuur, dit is al jare nie meer winsgewend nie maar die vakbonde het aangehou druk op die regering sit om hulle kunsmatig aan die lewe te hou. Laat SAL nou te ruste le.
Al die ander staatsinstellings en departemente is ook totaal disfuksioneel . Die enigste rede waarom die lugredery soveel aandag trek is omrede dit in die openbare oog is . Die gemors wat hierdie spul aangevang het sal nooit weer hersel kan word nie .
SAL moet sink hoe gouer hoe beter. Ek vermoed egter die ou zuma manne Ace,Supra ,,mil veterane en Cosatu sa baklei vir sy voort bestaan.
As hulle hom toe maak . Drink ek daar op