SAL-werkers dalk teen einde April werkloos

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die sakereddingspraktisyns van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het ʼn voorstel ingedien om die arbeidsmag van die SAL in sy geheel te ontbind.

Vakbonde asook werknemers wat nie aan ʼn vakbond behoort nie, het nou tot 24 April om die ooreenkoms te aanvaar, berig eNCA.

Luidens die verslag sal die lugredery se bates eers verkoop moet word. Die waarde van dié bates sal bepaal of en wanneer werkers skeidingspakkette sal kry.

Maroela Media het vroeër berig Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het vroeër vandeesweek in ʼn brief aan die sakereddingspraktisyns van die SAL ʼn versoek om hulp van R10 miljard geweier. Die SAL is in Desember 2019 in sakeredding geplaas.

Die nasionale tesourie het intussen as deel van sy ekonomiesebeleid-reaksie op die Covid-19-pandemie voorgestel dat die SAL en SA Express gesluit word. SA Express is ook in sakeredding weens geldelike probleme.

Die DA meen die regering het geen ander keuse as om die SAL te sluit nie as hy die reddingsboeie wil stopsit, asook weens die gebrek aan ʼn gewillige koper.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Gawie ·

Jaco, jy bedoel hulle gaan die lugredery sluit en net die wit werkers afbetaal. Wat gaan hulle met die swartes maak? Daar gaan nie meer ‘n lugredery wees nie. Duidelik het jy nie mooi gedink nie.

Jerry ·

SAL is in die grond bestuur, dit is al jare nie meer winsgewend nie maar die vakbonde het aangehou druk op die regering sit om hulle kunsmatig aan die lewe te hou. Laat SAL nou te ruste le.

marius ·

Al die ander staatsinstellings en departemente is ook totaal disfuksioneel . Die enigste rede waarom die lugredery soveel aandag trek is omrede dit in die openbare oog is . Die gemors wat hierdie spul aangevang het sal nooit weer hersel kan word nie .

Willem ·

SAL moet sink hoe gouer hoe beter. Ek vermoed egter die ou zuma manne Ace,Supra ,,mil veterane en Cosatu sa baklei vir sy voort bestaan.

Anel ·

Moes dit gedoen het die eerste keer toe hulle begin geld vra het.

Rodger17 ·

Mooi so SAL bestuur jul het jul knap gedra en van jul taak gekwyt!Ander staatsinstansies volg jul goeie voorbeeld!

Adam Adriaan ·

Wat vakbonde nie besef nie is dat hulle stakings net lei tot uiteindelike werkloosheid. dan word honger hulle baas. Dit geld regdeur die hele ekonomie.(waarmee die VSA Vereniging van Staatsamptenare nou ook me besig is)

Jan ·

Net vir sekerheid, die lughawens word bestuur deur ACSA, maar aan wie behoort dit? IS dit nie ook deel van SAL nie? Indien wel, gaan ander lugredeye ook nie kan land op onbemande lughawens nie….? Net my 10 sent se denke…..

Johann ·

En wat van die wat verandwoordelik is vir die leegdra en wegdra? Die DUDUS en haar mede Zumaikies?

Pieter J ·

As dit so gaan by ń eens uitmuntende staatsinstelling wys dit presies wat in die land se ekonomie aangaan. Dit tesame met die huidige inperking en sommige van die onnosel reĕls wat daarmee saamgaan is net wat nodig is om die land se ekonomie finaal te knou. As ek ń pensioentrekker van die staat was sou ek baie bekommerd wees want hulle pensioengeld is al wat nog in die land oor is. Ek dink die ANC is tans desperaat en sal hul hande op enige geld probeer kry wat beskikbaar is. Selfs die privaat sektor behoort in hul pasoppens te wees.

Fred ·

Watter bates moet verkoop word? Kantoortoerusting en wat nog?

Gawie ·

Die laaitoerusting behoort nie aan SAL nie, maar aan Swissport, die grondhanteringsmaatskappy wat heeltemal onafhanklik van SAL is.

Gawie ·

Fred, onthou hulle het ‘n groot wel-toegeruste tegniese afdeling met BAIE masjienerie.

Alleen Wolf ·

Ek stem, hulle het groot goed toegeruste wekswinkels, maar wie gaan die goed koop op ‘n veiling, niemand het geld na die lockdown nie.

Niklaas ·

Ek kry vreeslik skaam hieroor. Soveel ander Afrika state behou nog hul lugdienste. SA s’n is in die modder in bestuur. Geldelike hulp is futiel vir so ‘n bodemlose put.

Sarel ·

Jare word die SAL bestuur deur onbevoegde aanstellings deurcdie Parlement en SAL en word die Redery swak bestuur . Maar die mense op grondvlak moet diecprys betaal terwyl diexwzt werklik skuldig is voirtgaan met luukse leefstyl. Zondo Kommissie kom.ook.niks verder as prast nie. Dit is ‘n misdasd tefn die mensdom & personeel van die SAL.

Sarel ·

Die van julle wat sě ” maak toe” gaan julle vircdie personeel se gesinne sorg. Dink bietjie en moet nie hartelous wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.