SAL-werkers gevra om 3 maande se salaris te aanvaar

(Foto: Maroela Media)

Die departement van openbare ondernemings het personeel van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gevra om net drie maande se salaris te aanvaar.

Volgens die departement is hy simpatiek met werknemers in die SAL wat al maande lank nie salarisse ontvang het nie terwyl die fondse vir die herstrukturering van die lugdiens verkry is. Die departement beskou egter die ooreenkoms wat op 4 Desember met van die vakbonde bereik is vir die betaling van drie maande se salarisse om billik te wees.

“Sekere vakbonde ondermyn doelbewus die proses en dit lyk asof hulle in ’n alliansie is met opposisiepartye om die sakereddingsproses te ondermyn,” het Richard Mantu, woordvoerder van die departement, gesê. “Die hersiene posisie van sommige vakbonde wat die volle vereffening van uitstaande salarisse vereis, kan nie toegelaat word nie.”

Die sukkelende nasionale lugredery is in Desember verlede jaar in sakeredding geplaas en in Oktober vanjaar het die minister van finansies, Tito Mboweni, R10,5 miljard in sy mediumtermynbegroting daarvoor bewillig.

Volgens Mantu moes die regering sny op sy diensleweringsprogramme om te verseker dat die R10,5 miljard wat die nasionale tesourie vrygestel het, verwesenlik word. Verder het die vrywillige skeidingspakkette wat aan SAL-werknemers beskikbaar gestel is, verseker dat hierdie werknemers nie behoeftig gelaat word as hulle die SAL verlaat nie, meen Mantu.

“Die vakbonde word daaraan herinner dat die SAL vanaf Maart bedrywighede moes afskaal om fondse te bewaar aangesien die befondsing van R5,5 miljard wat die regering destyds verskaf het vinnig minder geword het weens Covid-19 se verwoestende impak op die lugvaartbedryf.

“Die departement doen ’n beroep op die vakbonde om te goeder trou te onderhandel, nie net om die lugdiens te red nie, maar om SAL-werknemers in staat te stel om hul onbetaalde salarisse betyds vir die komende feestyd te ontvang.”

Die departement het ook gesê die sleutel tot ʼn oplossing vir die probleme by die SAL is die afhandeling van die sakereddingsproses. “Dit sal met die toegekende befondsing bereik moet word. Daar sal nie ingestem word tot verdere toegewings wat tot groter eise op die fiskus sal lei nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Die Wolf ·

Hoeveel maande se salaris is uitstaande? Indien meer, kan jy verwag dat hulle met net 3maande tevrede moet wees. Wat van die top?

annie ·

SA is een groot sit-in. Die SAL-sakeredders sit en sit en kos ons. Fire hulle dan is daar geld vir die res van die sitters. Die ANC het sy rewolusionère handlyding van hoek tot kant sit en oorpredik maar almal bly sit; niemand loop nie want dan moet almal. Zuma sit, die regters sit, die OB sit en die skiewie-eerwaardes sit, die unies sit, matrikulante wil nie weer sit, die SABEEECEE sit en ons ander sit tuis.

Mariana ·

Sny op dienslewering vir sinkende SAA, maak nie sin nie. Nou raak mense moeilik oor dienslewering, agv dit word paaie versper en als verval in chaos……Hoe kan daar verwag word dat mense sonder inkomste moet werk. SAA moes lankal tot niet gemaak word. Dit kos net geld….wat hierdie land nie het nie.

Androclus ·

Pravin Gordhan is die oorsaak hy dink hy is slim nou moet die land daar onder ly terwyl hy sy salaris verdien.Hier kom nog groot dinge aan van die vakbonde.

Alet ·

Daai plek moes lankal toegemaak gewees het. Dit is saam met Eskom die twee grootste bleodsuiers van die ekonomie. Nou word paaie in haglike toestande gelos infrastruktuur val uitmekaar maar SAL moet gehelp word. Hoeveel keer nou al? En jan publiek betaal. Meeste van ons kan nie eens bekostig om erens heen te vlieg vir vakansie nie.

Boer ·

Soveel mense wat jare daar gewerk het en pakkette moes neem oor die wanbestuur van die grootkoppe. Nog ‘n ANC-flop. !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Piet Snot ·

Ek hoor ‘n baie bekende lugredery het aangebied om aandele in SAL te koop. Dis afgewys, omdat daardie redery aangedring het op operasionele beheer (om hul belegging te beskerm en winsgewendheid te verseker).
Die plaaslike manne reken hulle kan dit beter bedryf as een vd mees suksesvolle rederye in die wêreld.
Sela.

Jaco ·

Alles wat nou gebeur by SAL kon vermy gewees het as die selfde unies wat klae teogelaat het dat n privaat lugdiens die plek gekoop het.

Linda ·

Hoekom moet eerlike werknemers die spit afbyt vir wanbestuur.

Stefan ·

Want hulle het ook gestaak vir ‘n meet as inflasie verhoging terwyl die plek reeds bankrot was!

andre ·

1.)Raak ontslae van onnodige en swak personeel,bestuur veral.
2.)Stel nuwe personeel aan sonder BEE vereistes
3.)Geen die nuwe aanstellings beparingsdoelwitte……………..en siedaar

Voorslag ·

Hoeveel word geskep die sake reddings span, hoe langer hulle uitrek hoe meer kry hul. Sover ek verstaan kry hul eerste betaling daarna die res.

Klaas ·

…en so word die belastingbetalers uitgebuit! Ek sien uit na die dag wanneer daar niks meer oor is om van ons te vat nie. Daardie dag gaan ek opstaan en skoonmaak, want daardie dag het ek ook niks meer oor om te verloor nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.