SAL-werkers kry finale skeidingsaanbod

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die departement van openbare ondernemings sê hy het ʼn finale en billike vrywillige skeidingsaanbod aan werkers by die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gemaak. Dié plan word gesteun deur ʼn maatskaplike plan wat vaardigheidsontwikkeling insluit.

Die regering het SAL in Desember in sakeredding geplaas nadat dié lugdiens die afgelope 14 jaar ʼn verlies van sowat R28 miljard gely het. Pogings om sake by SAL te beredder is boonop deur die Covid-19-pandemie ontspoor wat lugvervoer wêreldwyd bykans tot stilstand gebring het.

Die departement het Donderdag gesê die skeidingspakkette kan direk ná die stemmery oor die voorgestelde sakereddingsplan, wat vandag gedoen word, aan werkers gebied word. SAL se krediteure moet egter eers die voorgestelde plan aanvaar.

Minstens 75% van die krediteure moet ten gunste van die plan stem. Sou hulle dit nie doen nie, sê die departement dit gaan tot ʼn uitgerekte en duur likwidasieproses by die staatslugdiens lei.

Volgens die departement voldoen die skeidingspakkette aan wetlike voorskrifte. Dit sluit in ʼn kennismaand se salaris en die uitbetaal van verlof.

“Die departement het groot oorweging aan die skeidingspakkette gegee en wil benadruk dat ʼn nuwe, herstruktureerde, lewensvatbare lugredery nie mededingend kan wees nie as dit die koste van die huidige SAL-werkers moet dra.”

Volgens die departement is SAL nie in ʼn posisie om enige bykomende voordele aan te bied nie.

As die sakereddingspoging misluk, gaan SAL-werkers ʼn maksimum bedrag van R32 000 per werker ontvang – ás die geld daarvoor beskikbaar is.

Werkers wat skeidingspakkette aanvaar kan later, by die nuwe redery, weer vir poste aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stefan

Wat beteken ‘finaal’ nou eintlik, ek het nog altyd gedink dis die laatste keer.
Kan iemand my reghelp want ek was duidelik verkeerd.

Fedup

Only an idiot will try and start a new airline in the place that was so ridden with corruption, it wasn’t even funny.
Oh i forgot who runs this entities.
That is final.

Genis

Baie sleg, die onskuldiges afgedank, en die skuldiges onaantasbaar…

marius

Mense in die land is al vir 26 jaar gewoond aan duur uitgerekte prosesse wat niemand iets in die sak gebring het nie . Soos enige ander besigheid wat insolvent is , het werkers preferente eise . Wat die man nie kan verduidelik nie is dat dit ‘n staatsinstelling is wat nie sy skulde kan vereffen nie is . Die insolvensie wet was nog nooit van toepassing op die staat nie . Trouens , daar was ‘n moratoruim op die beslaglegging en verkoop van staatsbates WANT DIE STAAT KAN NOOIT INSOLVENT WEES NIE . Nou word die skuldeisers geintimideer ?… Lees meer »

Pieter

Die unies gaan wel kom met hul vereistes wat in enige normale land onbekostigbaar en belaglik sal wees. Die anc sal dan wel toegee tot die eise ongeag of SA dit kan bekostig, enigiets om nie stemme (mag) te verloor nie. Dus nog nie finaal nie.