SAL-werkers staak drie weke ná vlugte hervat

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Werknemers van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Dinsdag gestaak om oor werkstoestande te kla. Dit kom minder as drie weke ná die lugdiens vlugte hervat het.

SAL was 17 maande lank in sakeredding en honderde poste is gesny en die vloot is van 46 vliegtuie na ses verminder. Die lugdiens het ʼn jaar lank nie gevlieg nie en vlugte is eers einde September hervat.

Oorblywende personeellede is egter ontnugter deur die maatskappy en het buite die lugdiens se kantoor in Johannesburg betoog.

“Soveel van die ou SAL se probleme is oorgedra na die nuwe lugdiens,” lui ʼn gesamentlike verklaring deur die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) en die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging.

Die vakbonde sê werkers wat op ʼn “opleidings-afleggingskema” geplaas is, is nie weer aangestel nie terwyl ander se salarisse en diensvoordele verminder is.

SAL het nie dadelik reageer op versoeke om kommentaar te lewer nie.

SAL, wat in ʼn stadium Afrika se tweede grootste lugdiens was naas Ethiopian Airlines, maak al dekades lank staat op reddingsboeie van die regering en het van sy roetes verminder nog selfs voor die pandemie die wêreld getref het.

Die SAL is in November 2019 lamgelê deur ʼn staking toe werkers hoër salarisse geëis het en teen beplande afleggings betoog het. Die lugdiens is die volgende maand in ʼn staatsgoedgekeurde sakeredding geplaas.

Die SAL het twee weke gelede ʼn samewerkingsooreenkoms aangegaan met Kenya Airways vir ʼn langtermyn plan om ʼn pan-Afrika-lugdiens op die been te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

SomeOne ·

nog steeds die naam “sal”, dit spreek boekdele, was enig iets anders te wagte gewees

Agge nee ·

So ken ons Suid Afrika se werkers. Hulle behoort dubbel so hard te werk en vas te byt om die SAL te red, maar nee, ons glo mos die staat het ‘n melkkoei wat nooit gaan opdroog nie, die belastingbetaler.

Nie Verbaas ·

Ek was alreeds verbaas in die verlede oor hoeveel staatsamptenare verdien en nou soek die ou groepie nog meer. Hierdie mense het absoluut geen idee dat daar sekere kerwe is vir poste nie en dan ontbreek die intelligensie totaal en al om te verstaan wat hulle aan die lugdiens doen deur te staak. Sluit die deure, hulle sal dan besef wat dit beteken om net n werk te hê. SAL is in elk geval op die oomblik n punt van bespreking wanneer grappe vertel word.

norms ·

Bwaaahahaha!! Ek wil nou nie sout in die wonde vryf nie, but I told you so!!!

Hardekwas ·

Hierdie kan ingeskryf word vir maroela media se snaakste grap kompetisie.

Ian ·

Wat die base [bestuur] nie verstaan nie is hulle vet paytjeks word nie gesny nie. Wonder ooit of hulle verminder is. Die werkers is tot die been gesny maar moet daai vet paytjeks aan die gang hou. Dit is die probleem. Werkers word minder maar base bly dieselfde. Sal nooit so kan werk nie.

Debbie ·

Ag asb, betaal hulle af en stel mense aan wat regtig wil werk. Probleem op gelos

pompies ·

Betaal hulle af en maak die lugiens tot niet it kos ons belasting betalers nog steeds miljoene

Snowball ·

Altyd slagoffers. Nooit dakkbaar vir werk nie – staak en protesteer. Wanneer leer hierdie mense dat ‘N WERK beter is as GEEN WERK?

Di ·

Maak SAL toe vir eens en ALTYD! Klaar biljoene van belasting betalers se geld gemors op iets wat net nie kan werk nie

Perdeby ·

En alles wat SAL deur is , is sy werknemers nog steeds ondankbaar. Dank hulle af en stel nuwe aan wat bitter graag wil werk, en die inkomste sal waardeer.

Nico ·

Wat het geword van die reddingsboeie wat sal ontvang het, daar is te veel unies wat wil baas speel in hierdie moeilike tye. Ek en my vrou vlieg dikwels Duitsland toe, maar nou sal ek van ‘n ander lugdiens gebruik maak, SAL sal nooit weer dieselfde wees nie. Sluit SAL.

Magda ·

Fire hulle almal, daar is duisend mense wat SAL WERK, ni meer tyd vir mense wat net wil kla ni.

Misky ·

Hierdie mense sal nooit leer nie en kla met die wit brood onder die arm. Nee wat, maak toe die deure van die 20 jaar lange sinkende skip

Willem ·

Die resultaat wanneer jy mense aanstel wat hulle “zumaths” met lof (25%) geslaag het! Absolute ondankbaarheid en wil net alles hê, en hê sonder om daarvoor te werk.

Belinda ·

Wel as hulle nie gelukkig is nie, laat hulle maar ander werk soek want daar is baie werklose mense wat wel vir n salaris sal werk, ongeag van hoeveel dit is.

Kokerboom ·

Sluit staatsbedryf van lugdiens en verkoop handelsmerk. Is dit so moeilik om te verstaan? Beslis as jy onverantwoordelik met belastingbetalersgeld omgaan soos Pravin Gordhan. Nou is die kader darem BAIE stil!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.