SAL wil glo grootskaalse herstrukturering doen

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het sy werknemers glo in kennis gestel dat hy binnekort grootskaalse herstrukturering sal ondergaan.

Volgens die vakbond Solidariteit beplan die lugredery om binne die volgende twee weke ʼn skriftelike kennisgewing ingevolge artikel 189 (3) van die Wet op Arbeidsverhoudinge aan konsulterende partye te gee.

Johan Botha, hoof van professionele bedryf in Solidariteit, het gesê dit volg nadat werknemers by die lugredery in Maart omtrent moontlike herstrukturering ingelig is. “Solidariteit het die maatskappy toe reeds versoek om meer inligting oor die proses bekend te maak.”

Volgens Botha het Solidariteit die maatskappy in ’n skrywe versoek om aan die konsultasieproses met betrekking tot die herstrukturering deel te neem. “Ons sal tydens konsultasie met die bestuur alternatiewe vir afleggings voorstel om sodoende die impak van die proses op ons lede tot die minimum te beperk.”

Dit is nog nie bekend hoeveel werknemers deur die proses geraak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

scalla ·

Dit is net n mooi naam om van iemand ontslae te raak, jaag weg die wat nie die job kan doen nie, dit kan mos nie so moelik wees nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Vir my onthalwe kan die sg. SAA verkoop word aan iemand wat dit weer na sy ou glorie kan terugbestuur. Ek het nooit gedink dat mens met afsku na jou eie lugredery hoef te kyk nie. Ongeskikte en te dik kajuitpersoneel wat boonop jou skinkbord kos met hul vet heupe van die tafeltjie af stoot . Ja dit het op n internasionale vlug met my gebeur en daarna vlieg ek met ander rederye.

CHRISTA ·

African National Circus!!! Wys jou waarom die president nie eers dienste wat deur sy eie regering bestuur word wil gebruik nie – die apartheidregering se president en ministers het SAL gevlieg (Besigheidsklas), hulle het die onderwysstelsel gebruik wat deur die staat bestuur was, hulle het 1 Militêre hospitaal gebruik as hulle siek was. Maar die ANC president wil sy EIE DRIE VLIEGTUIE hê, Hulle kinders is almal in privaat skole – hulle het nie eers vertroue in hulle eie ondersysstelsel nie. Nelson Mandela het nie eers hulle mediese dienste vertrou nie. Hy het liewerals laat oorplaas na sy privaat woning. Hierdie regering is die GROOTSTE BEWYS dat hulle, die mense wat deur hulle aangestel is en die stelsels wat deur hulle bestuur word ONBEVOEG is. G’n wonder ‘n paar mede-Afrikane het hulle so beangs dat hulle nou als afbreek en afbrand! African National Collapse!!!

Peet Schabort ·

Ek sien dis ‘n argieffoto. Inderdaad, want hierdie is ‘n SAA wat vlieg en nie op die grond sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.