SAL wil nege dossiere in die hof kry

Argieffoto

Die forensiese taakspan wat ongerymdhede by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) ondersoek, probeer seker maak dat nege dossiere in die hof voorkom en 84 twyfelagtige kontrakte onthul word, het Vusi Pikoli, regshoof by die SAL, Woensdag gesê.

Pikoli, ʼn voormalige direkteur van die vervolgingsgesag, het aan LP’s gesê sake wat by die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) was, het koud geword en is weer oopgemaak met die doel om ʼn behoorlike ondersoek en uiteindelik vervolging te verseker. Hy het gesê die ondersoeke het vroeër gely weens ʼn gebrek aan kapasiteit by die elite polisie-eenheid en die Nasionale Vervolgingsgesag.

“Ons kon van die sake in dossiere omskep,” het hy aan die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê. “Vier sake is nog nie in dossiere omskep nie.”

Die Nasionale Vervolgingsgesag is tans besig om ʼn besluit te neem oor twee van die sake. “Dit is nou in die NVG se hande om ʼn besluit te neem oor die gehalte van die dossiere.”

Een van die dossiere het glo ten doel om ʼn voormalige lid van die SAL-raad aan te kla wat geïmpliseer word in die erodering van finansies by die lugdiens.

Pikoli het gesê die forensiese taakspan wou die 84 kontrakte aan die spesiale ondersoekeenheid (SOE) oorgee, omdat dié instansie die mag het om die geld terug te kry wat met twyfelagtige kontrakte verlore gegaan het. “Die SOE sal verder ondersoek instel oor die kontrakte.”

Pikoli het bygevoeg die SAL het ʼn slagoffer geword van georganiseerdemisdaad-sindikate. Vliegtuigonderdele en vragtoestelle is by die lugdiens gesteel.

Die SAL verwag ʼn kontantinspuiting van R5,5 miljard van die regering teen 30 September 2019. Die lugdiens het ʼn skuldlas van R12,7 miljard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Die “Erodering van finansies” van die Lug-diens!!! Wat ‘n sagte term wat in die berig gebruik word mbt die voormalige SAL-raadslid! Dis flippen diefstal van groot geld deur die kader enwaarskynlike soustrein-drywer! Noem die swerkater se naam asb = seker nou in’ n lekker vet joppie op n ander plekkie!

KrokodilBotha ·

Dit was altyd n bodemlose put, nou n long drop. Julle ondersoek maak my lag. SAA scareways.

Wouter ·

Then they want our pensions to invested in rubbish like this.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.