SAL wil passasiers help ná staking

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het Donderdag gesê sy passasiers kan ʼn nuwe vlugkaartjie sonder bykomende koste bespreek as hul vlug deur vandeesweek se staking van kajuitpersoneel geraak is.

Tlali Tlali, SAL-woordvoerder, het Donderdag in ʼn verklaring gesê die lugdiens wil alle passasiers akkommodeer wat nie hul bestemmings kon bereik nie weens dié staking wat minstens 50 vlugte vertraag het.

Nagenoeg 200 kajuitpersoneel het aan die staking deelgeneem en geëis dat hul internasionale kostoelaag van $130 (R1 710) na $170 (R2 236) verhoog word. Volgens die South African Cabin Crew Association (SACCA), wat die werkers verteenwoordig, is die toelaag die afgelope ses jaar nie aangepas nie

SAL het gesê diegene wie se vlugte gekanselleer is, kan ʼn nuwe vlug bespreek deur die SAL-inbelsentrum, City Travel of Travel Agent. Die voorwaarde van dié bespreking is dat die kaartjie voor 2 Mei uitgereik word, en ʼn verandering van kajuit is ook nie moontlik nie.

Suid-Afrikaanse kajuitpersoneel het Woensdag gesê hulle sal terugkeer werk toe nadat ʼn arbeidshofinterdik ʼn einde aan hul staking gebring het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Antjie ·

Dis laag! ‘n Volle refund is die eerste vereiste. Tweedens, addisionele vergoeding vir die ooreenkoms om hulle te kon vervoer wat verbreek is. Derdens, hou op brag by die media om jul onvermoë toe te smeer! Vierdens: Watse soort verslaggewing is hierdie?

Big daddy ·

Dis belaglik. Hkm kan hulle nie net die mense uitbetaal vir hulle kaartjies wat verval het agv hulle onvermoe nie? Ah ek het vergeet hulle het nie geld nie. Hulle het net geld vir hulle partytjies en ministers reise.

Jan ·

Hierdie sukkelgebaar gaan bes moontlik ‘n substansiële prestasiebonus tot gevolg hê.!

Vryheid ·

SAL is besig om n vinnige finansiele dood te sterf. Gaan seker weer gered word met belasting geld. Boikot hulle soos Spur

Danie ·

Ai so vinnig om die instansie aan te val. Die staking kom van ‘n paar wat hulself wil verryk met lawwe eise.
SAL het billike aanbod gemaak – miskien nie na almal se wens nie, maar dit is op die tafel.
Die sukkel vir geld kom omdat die koffers gestroop word – nie agv lugdiens bedrywighede nie

Vryheid ·

SAL het tot einde 2016 oor die R15.5 biljoen se skuld opgebou. Hul was jare laas n besigheid, hul kan nie bekostig om enige aanbod te maak nie. Wie dink jy betaal daarvoor. Die staatsinstansie word bedryf soos al die staatsinstansies- teen n verlies met die faktuur uitgemaak aan die belasting betaler. Sinking ship

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.