SAL wil ras gebruik om mense af te dank

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Die SAL het in sy afleggingskennisgewing aan vakbonde gesê dat ras vaardighede kan troef indien daar besluit moet word wié by dié lugredery afgedank moet word.

Dié rasbepalings by afleggings kan nou tot ’n hofsaak tussen die SAL en Solidariteit lei. In ’n skrywe aan die sakereddingspraktisyns van die SAL eis Solidariteit dat die bepalings waar ras as kriteria gebruik kan word om te besluit wie om af te dank, geskrap word. Indien dit nie gebeur nie, sal Solidariteit regstappe, wat dringende regsoptrede kan insluit, oorweeg.

“Ons is verstom. Die SAL is in intensiewe sorg, op die punt om te sterf en dan is hulle steeds meer bekommerd oor rassesyfers as oor die beste vaardighede.

“Die besluit om ras as kriterium by afleggings te gebruik is immoreel, onwettig en druis in teen die doel van sakeredding,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

In dieselfde afleggingskennisgewing sê die SAL dat hy moontlik tot 2 268 van sy 4 708 werkers kan afdank. Dit sluit in 49 werknemers op bestuursvlak, 36 spesialiste, 344 vlieëniers, 811 bemanningslede en 1 028 ander personeellede.

Volgens dié kennisgewing sal die laaste-in-eerste-uit-beginsel toegepas word met vaardighede, kwalifikasies en ervaring in ag genome. Die kennisgewing sê verder weens wanbalanse van die verlede kan die uitkomste geëvalueer word en regstellende aksie deurslaggewend wees (employment equity override).

Volgens Solidariteit is dit geykte reg dat regstellende aksie nie gebruik kan word om mense af te dank nie. In sy skrywe wys Solidariteit daarop dat die arbeidshof al meermale bevind het dat die aangewese groep nie voorkeur moet kry met afleggings nie.

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die kennisgewing bevestig dat die SAL in ’n benarde finansiële posisie is, én die noodsaak van sakeredding. Die kennisgewing stel dit ook dat die SAL ’n gebrek aan sekere vaardighede het.

“Om die SAL uit sy nood te red het hy die bes moontlike vaardighede nodig. Jy kan nie die ras van die spesialiste wat jou moet red, dikteer as jy sterwend is nie,” sê Hermann.

“Om ras op enige wyse te gebruik om vaardighede te troef, ondermyn juis die oogmerke van sakeredding. Die SAL mag dalk sy rassesyfers regkry, maar hy gaan gelikwideer word. Werkers se rasprofiel gaan reggetrek word, maar almal gaan hulle werk verloor.”

Solidariteit het die SAL tot Donderdag 12 Maart geleentheid gegee om aan hom ’n onderneming te gee om nie voort te gaan met die raskriterium nie. “Indien die SAL dit nie doen nie, sal Solidariteit voortgaan met regstappe.”

Die SAL het in sy afleggingskennisgewing gesê om ’n kommersieel lewensvatbare onderneming te bou, sal hy sy vloot van 48 vliegtuie tot 19 moet afskaal en die roetes wat hy tans vlieg drasties moet verminder.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johan Venter ·

Waarom nie? Laat alle wittes gaan, dan is ons dalk voor die einde van die jaar sommer in sy geheel van die hele pitseer ontslae. Daardie geld kan mos nou elders baie beter aangewend word, ook dit wat vorentoe betaal moet word om die reddingsboei aan die gang te hou. O ja en wat van so effe korting daarna op belasting, op sondebelasting sal my pas, as dit kan.

andre ·

Met 19 vliegtuie en 2000 personeel en geen witmense sal SAL nog steeds nie kan funksioneer nie .

Lizzy8 ·

Dilemma hier is, as hul werk op ras of op kwalifikasies, werk hulle op dieselfde ding!! Hehehehehe

Johan ·

Jaaa, ek het hierdie fliek al gesien, self in hom gespeel, by Denel., hehehehe (Zumpie-giggel) toe hulle verander het van vervaardigers van wêreldgehalte krygstuig tot ‘n werksverskaffingsburo. En vandag sit daardie werkers sonder werk, maar elke dag by die werk, net om teenwoordig gemerk te word om einde van die maand salaris te kry. Geen besigheid, geen produksie, net belastingbetalerskenkings kort-kort vir die personeelrekening……

My alias vir die ANC is SIDAM (Midas gatkantvorentoe) want alles waaraan geraak word verander in bôllie!

Magda ·

Laat hule afbetaal – dan kan ONS vir 1 slag nie die skuld dra nie, en SAL word dalk gesluit en al daai “redding boei” kan op beter plekker gebruik word.

Akhenatha ·

Ek stem saam. Laat hulle die blankes afdank en dan ondergaan – dan kan hulle net die swartes blameer.

Sobymykoolkop ·

Net ń eenvoudige vragie.Hoekom wil voorheen bevoordeeldes dan nou langer met die bankrot voorheen benadeelde lugdiens vlieg. Hierdie lekke ekke sal my beskeie bydrae lewer en hulle in alle geval nooit ondersteun, voorspoed met julle vryval na bankrotskap.

Louis ·

As die gevolge van transformasie in SA nog nie deurgedring het nie is ek bevrees dat niks hulle sal laat wakkerskrik nie.

Suzette ·

Dit verbaas my glad nie. In SA gaan dit glad nie oor vaardigheid nie – dit is hoekom die land in die gemors is waar dit is.

Anoniem ·

Jy weet hierdie tipe van ding maak my boos. Ons wittes is altyd in die pad. Gee hulle alles die land is klaar in sy maai
Laat die blankes mekaar help om eerder uit hierdie land te kom want gatvol is ek gatvol

DERICK ·

As hulle van gekwalifiseerde wittes gaan ontslae raak, gaan hulle nog verder in die afgrond in. Kyk maar wat het gebeur by by die destydse “kragreus” wat SA voorsien van elektrisiteit.

Werner ·

Betaal al die wittes af dan kan die nuwe eienaars wat SAL na net n maand gekoop het omdat hulle in duie gestort het hulle weer aanstel

daniel ·

Rasse diskriminasie wat op wittes toegepas word moet uitgeroei word. Daar is geen plek daarvoor in die ekonomie nie. Vir solank as daar teen wittes gediskrimineer word vir solank sal Suid afrika nie ekonomiese sukses behaal nie. Die voorsienigheid diskrimineer nie.

Michael ·

Bestaan die VF+ nog ,ek het verwag dat hulle hier moet betrokke raak en n lawaai maak oor die tipe van diskriminasie teen die wit en bruin minderhede.

RekmyBek ·

Natuurlik sal die unie ras gebruik… die huidige werklike onderdrukte ras betaal en ondersteun nie die unie nie. Hulle sal natuurlik eerder hulle betaalde lede daar wil laat bly om sodoende darem nog hul maandelikse uniegelde te ontvang…. en wat is ‘n maklike troefkaart – Tadaaaa!!- Die raskaart.
Hoop jul wen Solidariteit.

Willem ·

Die nuwe apartheid (BEE en AA) het hierdie land op die rand van ineenstorting gebring maar steeds ploeter hulle daarmee voort. Dis absoluut gek om dieselfde ding oor en oor te doen en elke keer te dink jy gaan ‘ n ander uitslag kry. Daar moet sou gou moontlik net één vereiste wees om in ‘n pos aangestel te word: BEVOEGDHEID.

Jr ·

Nee WIT PENSION GELD is reg om hulle basse SOE’s te red maar net nie jou wit kennis en vel. Gemors

Sarel ·

Bestuur sal natuurlik aanbly. Steeds gsan diecPolitieke sprl voort. Gemors deur korrupte amptenare, deur Regering aangestel, maar diecgewonexwerksman moet die prys betaal.

Leon ·

IATA moet net eenvoudig alle SAL vlugte verbied by internasionale lughawens. Dan sal die regering sien.

Jaco ·

Die klein wit solidariteit gaan nou die groot ANC-beheerde howe gebruik vir regstappe teen die groot ANC-beheerde SAL. Hier sal niks van kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.