‘SAL word nie drie aparte sake-eenhede’

(Argieffoto)

SAL moes Maandag wal gooi nadat ʼn aankondiging dat die lugredery in drie bedryfseenhede verdeel gaan word by talle kritiek uitgelok het.

Dit het gekom nadat Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van SAL, tydens ʼn inligtingsessie aan aandeelhouers gesê het SAL sal in drie dele opgebreek word, naamlik binnelandse, streek- en internasionale lugdienste. Die vervoerwerkersvakbond Satawu het sy skok oor dié aankondiging uitgespreek.

Tlali Tlali, woordvoerder van SAL, sê egter die lugdiens gaan beslis nié in drie afsonderlike sake-eenhede opgedeel word nie en sê Jarana se uitsprake is verkeerd verstaan.

“’n Deel van die boodskap het as’t ware verlore gegaan. Dit gaan in effek oor die evolusie van ons bedryfsmodel,” het Tlali aan EWN gesê.

Hy sê Jarana het bloot bedoel daar sal ʼn interne herkonfigurasie van hulpbronne wees wat ten doel het om doeltreffendheid en aanspreeklikheid mee te bring en weg te doen met die idee dat SAL ʼn maatskappy is wat teen ʼn verlies bedryf word sonder enige gesaghebbende bestuur.

SAL het die afgelope jaar aansienlike finansiële steun van die regering gekry om te voorkom dat hy agterstallig raak met sy skuldterugbetalings. Tydens die mediumtermynbegrotingsrede in Oktober is daar ʼn reddingsboei van R5 miljard aan die redery toegestaan, maar SAL erken hy kort R21 miljard net om die boeke teen 2021 te laat klop.

Die lugredery het in 2011 laas enige wins getoon.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

PJN ·

Hoeveel reddingsboeie gaan daar nog vir SAL wees. Gee die lugdiens weg vir R1. Sal die land se boeke dan ooit klop met SAL, Eskom en die SAUK.

ne ·

Bakhand staan om nog meer bonusse te betaal. Besef die mense wat “bonus” beteken? Jy kry ‘n bonus as jy jou werk GOED gedoen het. Sukses behaal het. Wins getoon het.

HPV ·

Drie keer meer personeel wat vergoed moet word, drie afdelingshoofde teen ten minste R1 mijoen elk “prestasie” bonusse uitgesluit, nou gaan hulle skep. Jaar later drie keer groter reddingsboei! En dan?

Rokie ·

Waar daar ‘n rookie is, is daar ‘n vuurtjie…ons sal sien wat hier gaan gebeur

Judge Dredd ·

Julle kan die SAL maar in honderd stukke ook verdeel – ek sal nie enige een van hulle vlieg nie.

Jean van der Riet ·

My two cents worth ….. Ek vlieg self en het n bietjie agtergrond om SAL wat meeste mense nie bewus is van nie is die volgende .

SAL kan NIE ophou vlieg en toemaak nie aangesien die boetes op die huur ooreenkomste van die Airbus en Boeing vloot nie verbreek mag word nie . Indien dit gebeur moet die regering MILJARDE in ” early lease termination ” boetes betaal van die regering n verdere las gaan toedien .
Maar met die Comair saar van 1 Miljard rand en die nuwe reddings boei wat gelewer moet word is dit dalk n beter om nou jou skade te konsolideer en toe te maak , sonder die risiko van verdere redding pakkies in die toekoms .
Burger lugvaart is net so n slegte storie , daar werk tand tien keer meer mense daar as in 1994 maar die diens is swak …. gaan haal jou nuwe vlieg lisensie en die verval datum se 1895 , maar ek is gebore in 1973 !

Proudly South African .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.