Salarisverhogings bevestig by SAUK

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

SABC-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die SAUK en die kommunikasiewerkersvakbond CWU het ʼn ooreenkoms bereik oor salarisverhogings by die uitsaaidiens.

Volgens die ooreenkoms sal personeel vanjaar ʼn 7%-verhoging kry en ʼn ex gratia-betaling wat aan die einde van hierdie kwartaal uitbetaal sal word. Dié betaling is onderworpe aan “goeie prestasie” van die organisasie. Die partye het ook ʼn moratorium aangegaan oor afdankings, het die SAUK in ʼn verklaring bevestig.

“Die ooreenkoms is van toepassing op alle CWU-lede en werknemers wat nie aan ʼn vakbond behoort nie en sal aan die einde van Mei ingestel word, terugwerkend tot April.”

Hlaudi Motsoeneng, hoof bedryfsbeampte, het gesê hulle is tevrede met ʼn goeie werksverhouding met die CWU sedert 2011. “Ons is dankbaar dat, ondanks uitdagings wat ons beleef het gedurende die onderhandelings weens die moeilike ekonomiese tye, het ons tog ʼn ooreenkoms bereik. Ons bedank die vakbondleierskap vir die toewyding wat hulle deur die proses getoon het.”

Motsoeneng het gesê die SAUK waardeer die belangrike rol wat sy werknemers speel in die sukses van die onderneming en bly verbind om homself te posisioneer as ʼn gekose werknemer. “Ons wil SAUK-werknemers aanmoedig om saam met ons te werk om seker te maak dat die SAUK nog meer voorspoedig sal wees sodat ons ons mandaat aan die publiek kan vervul.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jz ·

Wat het julle gedink ,dit is normaal van die agtergeblewendes om te vat.wonder as die belasting geld op is wat dan. {toi toi ???? }

Leeukop ·

Natuurlik moet die propaganda masjien se mense gelukkig gehou word net so voor die verkiesing. Verwag nog mooi praatjies oor hoe wonderlik die ANC is en verwag miljoene dommes om daarvoor te val.

johann cb ·

Is daar miskien ‘n manier om die SAUK te boikot? Betaal nie TV lisensie nie? Hulle sal nog steeds werk skep en verhogings goedkeur!

Leeukop ·

N ander maar baie kragtige manier om die SAUK te boikot is om nie net hulle kanale en stasies direk te boikot nie maar ook hulle adverteerders.

Johan ·

Leeukop ek stem 100% saam met jou punt dat adverteerders hulle moet boikot. Ongelukkig, soos jy self weer, sal dit ook. Ie werk nie want san gaan die staat, net soos die geval is met SAL, net self meer en meer geld in die bodemlose put gooi aangesien die SAUK in meerdere mate mos maar poppe van die regering is en ook hul hoofbron van propaganda.

Sarie ·

Ai snaaks waar al die geld vir alles vandaan kom so met die aanloop tot die verkiesing?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.