Salarisverhogings vir staatsamptenare goedgekeur

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Pres. Jacob Zuma het ’n aanbeveling vir salarisverhogings vir staatsamptenare goedgekeur.

Zuma se kantoor het Donderdag in ʼn verklaring gesê die president het onder meer die aanbevelings van die Kommissie vir die Vergoeding van Staatsamptenare en die land se ekonomie in ag geneem toe hy sy besluit gemaak het. Die president het die kommissie se aanbevelings in al die kategorieë van staatsamptenare aanvaar, behalwe vir die landdroste.

Kabinetsministers, hul adjunkte, die speaker van die nasionale vergadering, voorsitter van die nasionale raad van provinsies, lede van provinsiale kabinette, speakers van die provinsiale wetgewers en regters sal almal ʼn 4% salarisverhoging ontvang.

Lede van die parlemente en provinsiale wetgewers, asook konings en koninginne sal almal ʼn effense hoër verhoging van 4,5% ontvang. Die voorsitter van die nasionale huis van tradisionele leiers en die voltydse voorsitter van provinsiale huise van tradisionele leiers sal almal 5% salarisverhogings ontvang. Senior tradisionele leiers se salarisse sal met 8% verhoog word.

ʼn Voorstel vir die verhoging van landdroste se salarisse sal volgens wet eers deur die parlement goedgekeur moet word. “Die president het daarom die parlement versoek dat landdroste se salarisse met 5,5% aangepas word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

A Mac ·

Ek wonder hoeveel gaan die pensioenarisse se verhoging wees.

Watse verhoging ·

Genieve, Jan alleman kry verhogings in petrol en kos pryse, ens. Ek kry nie eers by my werk verhoging nie…

Johan ·

Verhoging?? Vir dit wat hulle doen moet hulle salarrisse met 50% verminder word

PJC ·

Dit is regtig ń doring in die vlees dat die sogenaamde konings en koninginne asook tradisionele leiers wat op aarde geen positiewe bydrae maak nie sulke masiewe bedrae geld ontvang.

Alida ·

Watter deel verstaan hierdie man nie. Dit is dan voorgestel dat staatsuitgawes besnoei moet word. Ons wat in die privaatsektor werk kry vir 5 jaar nie verhoging nie. Sal graag wil weet hoeveel hy vir homself toegestaan het.

Tilla ·

Alida jy is gelukkig om in 5 jaar geen verhoging te kry nie Ek werk ook in die privaat sektor en het in 12 jaar geen verhoging gekry nie –

honourable member ·

Hierdie mense kry alreeds sulke enorme salarisse, so al kry hulle net 4% is dit alreeds n groot salaris aanpassing. Met die rommelstatus behoord hulle niks te kry nie want hulle het dit veroorsaak.

anti-kripvreters ·

Hierdie is ʼn “kospakkie met verkiesings veldtog” salaris aanpassing.
Die ANC se hoof begunstigdes . . . staatsamptenary, kry verhogings net voor die ANC konferensie in Desember
Landdroste word gepenaliseer omdat hulle nie gunstige hofuitsprake lewer.
Tradisionele leiers kry die grootste hap, wat hulle moet die plattelandse kiesers voorsê om vir Zuma te stem.
ʼn Afrika-styl regering in ʼn neutedop . . . jy koop stemme. Goeie regering is ʼn Westerse ding

Watse verhoging ·

Genieve, Jan alleman kry verhogings in petrol en kos pryse, ens. Ek kry nie eers by my werk verhoging nie…

Watse verhoging ·

Genieve, al verhoging wat Jan alleman kry is petrol en kospryse se verhogings. Ek kry nie eers verhoging by my werk nie…

LMF ·

Omw kyk wie kry almal verhoging genade daar is nie geld in die staatskas nie en ek en jy gaan niks kry nie Regtig maak Zuma gereed om te gaan

Ronell ·

Elke jaar wil ek verstik as ek lees van tradisionele leiers wat verhogings kry. Wat doen hulle om enigsins salaris van die staat te ontvang. Die werkende mense in die staatsdiens (ja ek weet 50% werk nie eintlik maar kry maandeliks n salaris), se verhoging was 7%. So om watter rede moet die tradisionele leiers wie niks beteken, meer kry?

V ·

Ronell hulle beinvloed en indoktrineer die mense in die landelike gebiede, waar die grootste steun vir die ANC lê, om weer vir die ANC te stem. Dis maklikker om die tradisionele leiers om te koop as om dienste te lewer. Wanneer gaan die landelike gemeenskappe begin sien hoe hulle om die bos gely word?

Vermeende ·

Die defenisie van staatsamptenaar moer weer na gekyk word, n amptenaar is mos n permanente werker maar n PL, min, of enige hooggeplaaste is n tydelike werker en word verkies. Die koningklikes is geen konings van my nie nou hoekom dra my belasting by tot hulle gerieflike lewe, dan kan ons mos netsowel die queen en haar kroos in Britanje ook onderhou.

Kyk net hoe koop hulle stemms.

Cor ·

Ek is seker die minister van Finansies het so tyd terug gese geen verhogings. Nou kom no1 kondig n verhoging aan . O ja nou verstaan ek die minister is mos vroeer die week opdrag gegee om daadwerklik iets aan die land se finansieste doen. Hy moet natuurlik sy pensioen verbeter as ook die van hulle wat aan ontkenning ly sou hulleuitgekop word na Desember

Flintstone ·

Dieselfde sirkus met narre as Eksdom en SAL.Daar is dan nie geld vir Denel personeel se bonusse nie,waarom dan ‘n salarisverhoging?O ja:stembus versekering!

Andre ·

Onthou die ANC, konings, koninginne, tradisionele leiers spandeer reeds ons geld op duur motors, huise, reise en sekuriteit wat dan werk skep vir die “wokkas” en belasting en BTW genereer wat dan gebruik word om Zuma, familie en vriende, Guptas, SAL, Eskom, SAPO, ens aan die gang te hou ander moes ons nog meer betaal.

alwyn burger ·

Die verskillende etniese groepe moet sorg vir hul eie “tradisionele” leiers. Dit is doodgewoon stemkopery!

Andre ·

Ek merk net negatiwiteit in die kommentare op. Soos ek dit het, het 67% van ons mense vir hierdie dispensasie gestem. Waarom al die klagtes?

Wim ·

Andre die 67% wat vir die regeringge stem het betaal nie belasting nie dis waarom jy net negatiewe kommentare kry. Die wat hier kla is gewoonlik die belasting betalers wat al die gemors moet onderhou en dan nog bonop geen verhoging kry nie

Van ·

Yay nog meer van my tax geldjies daarmee heen !!! Koop stemmetjies aaaah en seeee!

leonsnr ·

As staatspensieonaris kry ons gewoonlik die inflasiesyfer plus 1%.Ek is dus van mening dat daar n wetgwing moet wees dat slegs n verhoging van inflsie tot 2% bo inflasie van toepassing op almal moet wees. Dit kan aan werkgewer oorgelaat word watse bonusse hy wil betaal nagelang van werker se prestasie.So sal dit verhoed dat unies met onrealistiese eise en protes aksies kan kom.Ek dink ook dit kan dan produksie kostes verminder wat sal meebring dat produkte se pryse nie so sal styg nie.

anton ·

Ja, en die Transnet pensionarisse moet tevrede wees met ‘n skamele 2% per jaar aanpassing!

LODEWYK ·

Dis ook net ‘n piesangrepubliek wat koning(s) en koning(inne) het. Enige normale land het slegs 1 daarvan, wat ook ‘n uitgediende instelling is.

Andre ·

Waar kom die benaming van koning en koninginge vir hoofmanne van verskillende inheemse volke vandaan. Is dit nie koloniaal nie. Weet iemand dalk ?

Andre ·

@Wim – dankie vir jou kommentaar. Ek dink jy het my verkeerd verstaan: ek het verwys na die 67% van ONS mense wie in ’92 ja gestem het vir die nuwe dispensasie. Na regte moet sowat 67% van die mense wie nou so kla, mos nie kla nie? Maar almal kla. Onverstaanbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.