Salba sluk gʼn aan idee dat slegs ingeëntes drank mag koop

Argieffoto (Foto: Vinotecarium/Pixabay)

Die Suid-Afrikaanse vereniging van drankhandelsnaameienaars (Salba) meen dit is nie lewensvatbaar dat slegs persone, wat sal kan bewys dat hulle teen Covid-19 ingeënt is, alkohol sal kan koop nie.

Randall Williams, burgemeester van Gauteng, het in ʼn onderhoud met eNCA gesê volgens hom moet persone, wat nie ingeënt is nie, nie toegelaat word om alkohol te kan koop nie. Volgens hom sal Gauteng waarskynlik nie sy teiken vir inentings haal nie.

“As ons in die toekoms sportbyeenkomste oopmaak, dan moet ons slegs mense toelaat wat ingeënt is,” het hy in die onderhoud gesê. “Ek sal selfs so ver gaan om te sê dat, indien mense alkohol wil koop, hulle hul inentingskaarte moet kan wys. Ons moet baie streng word.”

Sherryn Schooling, woordvoerder van Salba, het gesê die alkoholbedryf ondersteun openbare onderrig en bewusmakingspogings om inenting en gedrag aan te moedig wat oordrag kan voorkom soos sosiale distansiëring, die dra van maskers en gereelde gebruik van ontsmettingsmiddels. “Salba-lede moedig aktief sy werknemers aan om ingeënt te word en ons sal met alle belanghebbendes saamwerk om die inentingsveldtog te bevorder sodat ons kudde-immuniteit kan bereik.

“Ons glo egter nie die voorstel, dat mense slegs alkohol mag koop indien hulle ingeënt is, is lewensvatbaar nie. Ondernemings, ongeag die produk wat hulle aanbied, kan nie verbruikers toegang weier nie. Gesondheidsopvoeding en bewusmakingsprogramme is vasgestelde riglyne om vrywillige deelname aan gesondheidsingrypings aan te moedig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Deon

Ek sal my pa vra om my biertjie te koop vir my.

Hardekwas

Kyk hoe gepla is die drankbedryf oor hul wins. Ons gee nie om as julle toemaak nie, veral die monopolieë in dié bedryf.

Tiptol

Dit sal wel lekker wees om weer sportbyeenkomste en vertonings te kan bywoon. Dan kan die kunstenaars ook weer inkomste kry.

LANA is ELANè

Die nuwerwetse pasboek van mag en nie mag, bevoordeling en geen voordele, koop en nie koop nie, die wêreld is ‘n bose plek waar liggaamlike integriteit geen waarde het nie, ek is verstom hoe gou die regering se “niemand sal verplig word” nie, ontaard het in, doen dit of jy sal gebrandmerk word as ‘n rebel! Verbeel jou geen drank, geen sport, “next level drakonie”

Anel

Ag, foeitog! So vêr ek weet is winkels privaat ondernemings. Wie is die regering om vir hulle hulle te sê wie hulle mag bedien en wie nie. Het hy al gehoor van aflewering? Hierdie virus storie get nou herltemal te vêr gegaan. Die see word niu heeltemal onder die eendjie uit gepluk. Dis my lewe. Wie dink hulle is hulle om vir my te kom sê hoe ek hom moet lei? En dan moet ek nog belasting betaal sodat hulle dit kan doen!!! Nee, man. Genoeg is genoeg.