Salga geskok deur ‘sinlose moord’ op munisipale bestuurder

Die toneel in Alberton waar Stanley Khanyile, munisipale bestuurder van Sedibeng, Saterdag doodgeskiet is. (Foto: @crimeairnetwork/Twitter)

Die Suid-Afrikaanse plaaslike regeringsvereniging (Salga) het sy skok uitgespreek oor die moord op Stanley Khanyile, munisipale burgemeester van Sedibeng, die suidelike distrik van Gauteng.

Kanyile is Saterdag by ʼn winkelsentrum in Alberton doodgeskiet waar hy in ʼn voertuig gesit het.

Khanyile was vantevore hoof van die departement van maatskaplike ontwikkeling in die Oos-Kaap en sou later vandeesmaand weer in die hof verskyn op aanklagte van geldwassery, bedrog en diefstal wat verband hou met ʼn multimiljoen rand- projek in die provinsie. Hy en nog twee medebeskuldigdes word daarvan verdink dat hulle betrokke was by die herleiding van nagenoeg R29 miljoen wat vir ʼn bouprojek bedoel was.

Khanyile was voorheen ook die voorsitter van die Gautengse munisipale bestuurdersforum.

Salga sê die moord op Khanyile benadruk die wydverspreide gebrek aan straf vir die moord op en intimidasie van munisipale bestuurders en raadslede. “Die vereniging het in 2017 ʼn verslag oor dié onderwerp, “Violence in Democacry”, bekend gestel.

“Die verslag het onthul dat polities gedrewe moorde ʼn negatiewe uitwerking op dienslewerings en die professionalisering van plaaslike regerings het en ʼn bedreiging vir demokrasie inhou.”

Salga sê hy hoop die omstandighede rondom Khanyile se dood kom mettertyd aan die lig en dat wetstoepassers sal verseker dat diegene verantwoordelik daarvoor, aan die pen sal ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Willem ·

Eks nie gevoelloos nie,maar dis die enigste manier hoe die korruptes sal boet vir korrupsie!!!!!!

Casper ·

SALGA,politically motivated murders is by no means worse than farm attacks that goes hand in hand with the most brutal killings of farmers.In most cases women are raped and then murdered after being tortured.When SALGA is our beloved president going to admit that farm murders are politically driven,children are raped and then murdered and elderly people are murdered by their own children.SALGA now you feel the pain we feel each time a farm attack has been carried out and farmers murdered.

Nico ·

Die moord op die munisipale bestuurder kry voorkeur, wat van die boere wat vermoor word veral die 21 jarige witman wat vermoor is en aan ‘n paal vas gemaak is. Bheki Cele het mos gesê die boere moenie huil as hulle seerkry nie, dit is rassisme uit die boonste rakke, rassisme is feit soos ‘n koei dit vind plaas onder hulle eie mense.

Casper ·

Nico,hierdie was uit en uit ‘n politieke moord.Sy mond moes gesnoer word voor hy te veel praat.Dit is wat ‘n lewe in S A werd is.Die man met die hoed het tevelde getrek teen die boere tydens sy vergadering met die Normandien gemeenskap en soveel rassehaat en rasse spanning veroorsaak laat dit eintlik lyk of hy die plaasaanval en plaasmoorde goedkeur.

Dries ·

Dit gaan my verstand te bowe. Daar word heeltyd gese die knie moet gebuig word om te ‘erken’ dat sekere lewens spesifiek saakmaak. Maar in hierdie land is absoluut geen lewe meer iets werd nie, dit raak al hoe meer duidelik. Maar ONS moet die knie buig en ‘erken’ dat sekere lewens saakmaak.

Anoniem ·

Ek wonder of Ramaphosa en sy Ministers bewus is van hierdie en al die ander moorde, plaasmoorde ook ingesluit. As ek die Staatspresident was dan sal ek veral die moorde in ons land met baie meer drif en besliste teenaksie instel om hierdie sinnelose moorde stop te sit. Ek sal ‘n Dekreet uitvaardig en sê dat enige moordenaar gaan nou hang en tereggestel word!!! CR is te papperig om dit te doen!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.