Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) het volgens die departement van arbeid betyds dokumente ingedien om deregistrasie vry te spring.
Die departement het op 15 Junie ʼn kennisgewing van voorneme om Salga se registrasie te kanselleer in die Staatskoerant gepubliseer nadat die liggaam versuim het om geouditeerde dokumente soos finansiële state, name van posbekleërs asook ʼn sakeadres en lidmaatskapsyfers in te dien.
Teboho Thejane, woordvoerder van die departement, het gesê die wet vereis dat ʼn geregistreerde werkgewersorganisasie boek moet hou van sy inkomste, bates en laste en dat hy ses maande ná die einde van elke boekjaar finansiële state moet voorberei.
Volgens Thejane moet die organisasie ook jaarliks geoudit word ingevolge algemeen aanvaarbare ouditeurstandaarde.
Thejane het gesê Salga het verskoning gevra vir die vertraging, maar het uiteindelik die finansiële state van 2012 tot 2017, die name en sakeadresse van posbekleërs van 2011 tot 2018 asook lidmaatskapsyfers per sektor vir 2012 tot 2017 op 16 Junie ingehandig.
Salga het bygevoeg hy het maatreëls getref om te voorkom dat dié vertragings weer plaasvind.
SALGA het nie bestaansreg nie! Behalwe belastingbetalersgeld wat opgeslurp word en poste wat geskep word vir sekere mense is geen voordeel vir Jan Publiek!! As enige daarvoordele is vertel ons asb!!!!
Ek wil ook graag weet watter doel dien Salga?
Hulle kan hulle maar deregistreer. Hulle doen niks nie. Hulle is veronderstel om salarisse, graderings, diensvoorwaardes, dienslewering, ens. te reguleer. Net nog n bodemlose putvwaaring geld gegooi word.
Na S E S jaar kom hulle weg met ‘n verskoning