SALM-helikopter beskadig in DRK-skietvoorval

Oryx-helikopter by Roodewal (Foto: Lystil - deur Underlying_lk via Wikimedia Commons

Oryx-helikopter by Roodewal (Foto: Lystil – deur Underlying_lk via Wikimedia Commons

ʼn Oryx-helikopter van die Suid-Afrikaanse Lugmag is beskadig toe dit in die Demokratiese Republiek van die Kongo raakgeskiet is.

“Die SALM bevestig dat die helikopter op 11 Maart 2016 omstreeks 12:30 tydens roetine lugpatrollie raakgeskiet is deur ʼn onbekende groep aanvallers op die grond,” het brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die SALM, gesê.

Die helikopter het geringe strukturele skade opgedoen nadat ʼn klein vuurwapenprojektiel dit getref het.

Nie een van die bemanning of lede aan boord is beseer nie.

Die Oryx-helikopter kon sy vlug voortsit en het veilig by die SALM-basis in Goma geland.

ʼn Raad van ondersoek sal die omvang van die skade bepaal, het Mabanga bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jan ·

Wat de hoeners soek ons daar?
Hoekom nie eers voor eie deur vee en die horde plaaslike gewapende magte met ongelisensieerde vuurwapens wat onskuldige plaaslike burgerlikes se lewens verwoes onder beheer kry nie?

scalla ·

in die land is daar groter probleme wat opgelos moet word, wat probeer hul bewys

Sputnik ·

Soos die twee vuilgoed wat my verlede naweek by my huis met ‘n breekyster en vuurwapen probeer oorval het – skuim van die aarde!

Harry ·

Ag nee. Regtig. Ons land sukkel al klaar met die beskikbare veiligheid maatreels en finansies. Hoeveel Meer geld moet weg gegooi word en onnodige lewens geneem word ? Sies!!!!!

François ·

“Charity begins at home”! Los daardie mense uit om hulle eie gemors uit te sorteer! Wat de hel soek ons daar?

Wouter ·

En niemand op daardie Oryx kan terug skiet nie. Hoe doen mens n roetine patrollie sonder wapens? Wat soek ons dan daar? Zuma se kleiseun is mos n groot mynbaas daar in DRC. Wonder net wie beskerm ons dan.

ben ·

Hierdie skiet geval is kommerwekkend , klein projektiel was gemik op die loods

Chris W ·

Daar moet ‘n veldtog geloods word om alle SA troepe en toerusting terug te kry in die land.Dis bog dat ons belasting geld so gemors word.Belastingbetalers het ook ‘n se .Hier is genoeg probleme met onwettige en geweldadige betogings asook plaas aanvalle om al daai troepe en toerusing besig te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.