Saloneienaar pak rower

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

ʼn Vermeende rower het Dinsdagoggend sy moses lelik teëgekom toe hy en twee makkers op ʼn skoonheidsalon in Port Elizabeth toegeslaan het.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê in ʼn verklaring drie onbekende mans het omstreeks 10:55 in ʼn skoonheidsalon in die middestad ingestap en ʼn vuurwapen op die eienaar van die salon en dié se assistent gerig. Die eienaar was in dié stadium besig om kontant te tel.

Die verdagtes het R5 000 gesteel en was net op pad uit met die geld toe die 38-jarige eienaar een van hulle plattrek. Sy twee makkers kon daarin slaag om met die geld te laat spaander terwyl die eienaar en die verdagte op die grond gestoei het.

Volgens Naidu het polisiebeamptes patrollie in die omgewing gery en ʼn kabaal buite die salon opgemerk. Die polisiebeamptes het ondersoek ingestel en die rower is in hegtenis geneem.

Die verdagte (20) sal binnekort in ʼn hof op aanklagte van sakeroof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Heksie ·

Ai, nou is die geld weg … maar wel gedaan vir die arrestasie van die skurk met die ongelisensieerde wapen en ammunisie!

Petro ·

Dis wat moet gebeur gaan vir hul dan skrik hul so en hardloop. Sodra hul sien jy skrik mors hul met jou. Moet hul nie n kans gee nie veg hul tot die dood hul hoort nie in die lewe nie. Gaan hul tronk toe sit hul n dag en dan is hul weer uit. Mooi so eienaar trots op jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.