Sama bekommerd oor jong dokters sonder plasings

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) is “uiters bekommerd” oor die aantal jong dokters wat nog nie by ’n mediese sentrum, kliniek of hospitaal vir hul internskappe geplaas is nie. Hulle is boonop hoegenaamd nie beïndruk daarmee dat dié probleem hom weer herhaal nie.

Maroela Media het vroeër berig altesame 284 pas afgestudeerde dokters is nog nie vir hul internskappe geplaas waarvoor hulle reeds op 1 Julie moet aanmeld nie.

Altesaam 118 poste is gevul terwyl 170 poste reeds geakkrediteer is, maar nog gefinansier moet word.

Volgens die nasionale departement van gesondheid is daar tans ’n tekort aan poste weens ’n verhoogde halfjaarinname. Die verhoogde inname word toegeskryf aan die verlenging van die akademiese jaar te midde van die Covid-19-pandemie.

Dr. Angelique Coetzee, voorsitter van Sama, wys egter nou daarop dat probleme met plasings al baie jare duur en nou ’n daadwerklike oplossing vorentoe benodig.

Coetzee sê in ’n verklaring die departement het hom daartoe verbind om die huidige probleem rakende die plasing van interns teen die einde van die week op te los en alle interns teen die einde van Vrydag by ’n mediese sentrum, kliniek of hospitaal in die land te plaas.

Volgens Coetzee moet die departement die kans gegun word om dit te doen, maar Sama sal ná Vrydag druk op die departement uitoefen om te verseker dat elke afgestudeerde by ’n mediese instansie geplaas word.

“Ons ondervind elke jaar probleme met plasings en dit is onregverdig teenoor interns wat so hard gewerk het om dié punt te bereik. Ons samesprekings met die departement sal nou en in die toekoms sterk daarop fokus om hierdie probleme op te los. Ons kan nie ’n situasie bekostig waar interns wat gereed is om in hulpbron-gegronde instellings te werk, tuis sit sonder om geplaas te word nie.

“’n Permanente en volhoubare oplossing word benodig en ons is daartoe verbind om te verseker dat die oplossing gevind word aangesien die huidige situasie eenvoudig onaanvaarbaar is.”

Sama pleit vir vier innames per jaar in plaas van twee en het ’n dringende vergadering met die direkteur-generaal van gesondheid, Sandile Buthelezi, versoek.

Coetzee sê voorts die vereniging het empatie met die afgestudeerdes wat steeds wag op plasing en sal die departement bystaan om te verseker dat elke intern gehelp word. Interns word intussen aangemoedig om hulle op Sama se webwerf te registreer sodat die vereniging namens hulle elke plasing by die departement kan opvolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kokerboom ·

Kon ons iets anders van Mkhize en sy hopelose span verwag?!!!Privaatsektor neem hul op asb!!

Die Boerepompie ·

Weer eens die ANC wat nie kan reg beplan of reg rigeer nie .jy weet nos daar is n tekord aan Dr en jy weet moes daar gaan so veel Dr klaar maak vir due zoema jaar nou kan hulle dit nie eers beplan nie en daar die mense wat met die goet werk kry baie groot selarese vir hulle onbevoghyd …Stem hulle uit ASB mense

Boon ·

Dis n ou probleem, maar skandalig inlig van die verhoogde behoefte aan mediese persone weens Covid19. Die rede is eenvoudig dat die regering alles sentraliseer en beheer will hê. Maar hulle is eenvoudig onbevoeg om so ‘n ingewikkelde administrative te bestuur. Die antwoord vir alle probleem is demokrasie: we tell die gesag en verantwoordelikheid af na Kleiner en logiese eenheid. Raak ontslae van die control freaks wat aan magsbelustheid ly.

JM ·

Dan is hulle “verbaas” / nie verbaas nie, dat ons akademici die land op strepe verlaat. Net nog ‘n Afrika-land . . .

Anoniem ·

Daar is nie plek vir ons eie nie want ons regering voer mos Kubaanse dokters in…

Anoniem ·

Ag asseblief. Covid 19 is ook seker die oorsaak van ‘n Regering wat nie ‘n land kan regeer/bestuur nie. Covid 19 is die skuld dat staatsamptenare nie hul werk die afgelope 27 jaar funksioneel kon uitvoer nie.
Regtig? Vir al hul mislukkings moet daar ‘n oorsaak gevind word.

Dirk Mostert ·

Mens sou verwag dat ‘n “pandemie” die vraag na medici verhoog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.