Samaritaan doodgeskiet toe hy wou help

Argieffoto Foto: enca.com

Argieffoto Foto: enca.com

Deon Niemand (36) het Vrydagmiddag ʼn roofslagoffer in Port Elizabeth probeer help en is in die proses doodgeskiet.

Ao. Alvin Labans, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê twee gewapende mans het ʼn 45-jarige man voor ʼn pandjieswinkel ingewag. Die man het glo ʼn sak juwele by hom gehad. Volgens Labans het die rowers die sak gegryp en gevlug. Die man het hulle agternagesit waar hulle in Commercialweg ingehardloop het.

Niemand het intussen gesien wat gebeur en ook die rowers agternagesit. Die rowers het skote op Niemand afgevuur en hy is noodlottig in die bors gewond. Volgens Labans is Niemand op die toneel dood verklaar.

Lede van die publiek kon intussen daarin slaag om een van die vermeende rowers, ʼn 25-jarige man, vas te trek. Hy is deur die polisie in hegtenis geneem. Die ander vermeende rower, wat glo die noodlottige skoot afgevuur het, kon daarin slaag om te ontsnap. Labans het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Liz ·

Ai so hartseer dat iemand wat help die slagoffer word van moord. Sterkte aan die familie.

Berhalet Beukes ·

Sjoe, dit maak ‘n mens se hart seer om so ‘n artikel te lees! Sterkte aan Deon Niemand se familie en vriende!

Winston ·

Jammer vir die slagoffer se familie. Hy was n held om misdadigers te agtervolg. Hierdie terroriste verdien die doodstraf. Jammer dat hy nie n AK 47 by hom gehad het nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.