‘Samelewing moet veilig gehou word van mense soos hy’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 36-jarige man wat onder meer ʼn vrou verkrag en met ʼn mes gesteek het in die teenwoordigheid van haar kind, is swaar gestraf in die hooggeregshof in Durban.

Nkosinathi Mthembu is skuldig bevind op vyf aanklagte van verkragting, nege van huisroof, 10 van roof met verswarende omstandighede, drie van seksuele aanranding en twee van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy is tot vyf keer lewenslange tronkstraf gevonnis sowel as ʼn bykomende 103 jaar tronkstraf.

Mthembu se skrikbewind het in 2013 in Tongaat begin nadat hy op parool vrygelaat is ná hy skuldig bevind is aan diefstal. Die hof het gehoor Mthembu het by huise ingebreek, gewapen met ʼn mes. Hy het dan kos en ander waardevolle items gesteel voordat hy sy slagoffers verkrag het.

Mthembu het hoofsaaklik huishulpe geteiken wat tydens die dag alleen tuis was. Een vrou is verkrag en met ʼn mes gesteek in die teenwoordigheid van haar kind. Nog ʼn vrou moes vir hom kos maak nadat hy haar verkrag het.

Regter Gregory Kruger het tydens vonnisoplegging gesê Mthembu het die huisbrake noukeurig beplan. “Die samelewing moet veilig gehou word van mense soos Mthembu sodat hulle nie vertroue in die staat verloor en die reg in eie hande neem nie.”

Mthembu, wat onskuldig gepleit het op die aanklagte teen hom, het geen emosie getoon tydens vonnisoplegging nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jef ·

Die gemors moet eens en vir altyd van hierdie aardbodem verwyder word.

Stoney ·

Bêre hom so diep, stuur sy kos met ‘n conveyer belt in. Hou hom asb die volle vonnis in die tronk.

Ander Koos ·

Regter Kruger moet versigtig wees, Gilian Schutte sal hom ook van rassisme beskukdig

Charl ·

Waar’s die ANC vroueliga vandag? Te besig om hof toe te gaan?

Lance ·

Goeie jimmel NOG n geval laat my dink die regter het die spyker op sy kop geslaan !

Sarel Strydom ·

Wat is sy effektiewe straf. hoe lank voor hy kwalifiseer vir Parool.

Eddy ·

Parool na n jaar ,hy ly dalk aan hoë bloeddruk.Solank hy netnie n komunis pot nie

REGINA ·

Klink nou elke dag meer en meer of regter Jansen die spyker op sy kop geslaan het, maar wie wil dit vir eens en vir altyd insien, of hoe, Gillian Schutte?

Asjas ·

Gillian jy moet maar fiksie begin skryf, die regte wereld is nie vir jou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.